VERGEET NIE DIE BEJAARDES

Hierdie lied waaroor ek nou gaan getuig, is een van die liedere beskikbaar op 'n CD.


 

Eendag het God vir my iets geopenbaar , wat soos my pa destyds sou gesê het, " an eye opener" was.


 

Soos die Kerstyd nader kom begin almal met Kersfees opvoerings en dan vertel ons kinders van die Kersverhaal. In die opvoerings beeld ons dan die Kersverhaal uit soos wat ons dit uit die Bybel kry.

Ons vertel aan ons kinders die storie van die herders, van die wyse manne, van die engele en van die Bethlehem ster, alles soos wat dit in die Bybel voorkom. Dan vertel ons ook baie keer van dinge wat nie in die Bybel voorkom nie maar wat ons gesonde verstand afleidings maak en tog daar moes gewees het. Soos in die prentjies sal ons miskien 'n koei en 'n donkie in die stal by Maria en Josef sit, wat natuurlik nie verkeerd is nie. In baie mense se huise sal ons ook 'n kersboom sien, helder liggies en versierings wat aandui dat dit nou die Kerstyd is. Ons sing en hoor ook liedere oor Kersfees van al die mooi dinge wat in die Bybel geskryf staan.


 

Een deel en na my mening 'n baie belangrike deel van die Kersverhaal sien of hoor ek egter nooit in die Kersverhaal nie. Nêrens het ek al 'n lied gehoor, 'n Kers opvoering gesien, of 'n Kers verhaal gelees, (buiten in die Bybel), van twee belangrike persone naamlik Símeon die profeet en Anna die profetes.


 

Toe ek weer die spesifieke gedeelte gaan lees, het ek gedink dat as jy 'n opvoering van die geboorte van Jesus wil afsluit, sou jy dit nie beter kon doen as om met die gebeurtenis in die tempel af te sluit nie. Tog het ek dit nog nooit teë gekom nie, behalwe waar ons dit in Lukas lees:


 

Luk 2:25 tot 33:


25

En daar was 'n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom. 26 En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie. 27 En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet, 28 het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê: 29 Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord, 30 omdat my oë u heil gesien het, 31 wat U berei het voor die oë van al die volke— 32 'n lig tot
verligting van die nasies en tot heerlikheid van U volk
Israel. 33 En
Josef en Sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is.


 

Luk 2:36 tot 40:


36
En daar was Anna, 'n profetes, die dogter van Fánuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe; 37 en sy was 'n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag. 38 En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het. 39 En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galiléa, na hulle stad Násaret. 40 En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.


 

Hierdie twee bejaarde mense is hier besig om vir Josef en Maria en vir die hele wereld te sê hier is God se groot kersgeskenk aan die mensdom, hier begin die nuwe testament.


 

Ons het die twee bejaardes so maklik uit ons Kersverhaal gehaal en die meeste mense haal vandag nog steeds die bejaardes uit hulle Kersfees uit. Bejaardes word in ouetehuise en in kamertjies eenkant vergete gelos, terwyl daar fees gevier word. So gaan daar dan ook in talle huise reg oor die wêreld kersfees gevier word sonder Christus en sonder die bejaardes.


 

Aan al hierdie dinge het ek gedink, toe gee God vir my die lied – Vergeet nie die bejaardes.


 

Vergeet Nie Die Bejaardes


 

Vers 1


 

Ons vertel altyd ons kinders, die Kersverhaal o so mooi.

Ons vertel van die wyse manne en die Betlehem ster tog te mooi.

Ons vertel hul van die herders en die krippie en van die stal.

Maar een deel vertel ons hul nooit nie in een deel bly ons hulle faal,

Die deel van die twee bejaardes wat hul tree na die tempel toe wend.

Die twee wat reeds geweet het, hier begin die nuwe testament.


 

Koor:

Ja, hul was net twee bejaardes maar hulle het toe reeds geweet.

Hul was Anna die profetes en Símeon die profeet.

Hul was Anna die profetes en Símeon die profeet.


 

Vers 2

As die Kersfees maand weer hier is, as dit weer Kersfees is.

En die liggies flikker te vrolik en die mense almal so bly is.

En die kindertjies se laggies, so vrolik om jou opklink.

Onthou om stil te gaan staan vriend en aan die bejaardes te dink.

Ja, al daardie bejaardes, oor wie die skemer reeds daal.

En moet hul asseblief nie, uit jou Kersfees uithaal.


 

Koor:

Ja, dink aan al die bejaardes en moet hul tog nie vergeet.

Soos vir Anna die profetes en Símeon die profeet.

Soos vir Anna die profetes en vir Símeon die profeet.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

SIMON, SLAAP JY?

Markus 14:32-42


 

Simon, slaap jy?


 

'n Mens moet maar nie te‚ grootpraterig, te‚ selfversekerd wees nie. Want as jy dan misluk, lyk dit veel slegter. As jy maar net stilgebly het en nie so selfverseker geklink het nie, sou jy nie so sleg lyk indien jy misluk nie.

Dis opvallend dat Jesus, volgens Markus se evangelie vir Petrus hier uitsonder. Johannes en Jakobus was ook aan die slaap, maar Jesus sonder vir Petrus uit as Hy by die groep kom. "Simon, slaap jy?" Dis asof Jesus wil sê: "Jy, Simon, wat 'n paar uur gelede so dapper verklaar het: … ek sal u nie in die steek laat nie", slaap jy? Watter vernedering moes dit nie vir Petrus gewees het dat hy wat so groot gepraat het, nou so gruwelik misluk nie.

Dis ook opvallend dat Jesus hom nie as Petrus nie, maar as Simon aanspreek. Daar waar hy lê en slaap, terwyl sy Meester in doodsangs worstel, is hy allermins die rots waarop Jesus kan staat maak. Ook Jesus se oproep om te waak en te bid, is tevergeefs. Petrus, die selfversekerde, is eenvoudig te moeg en te vaak om sy dapper woorde van vroeër gestand te doen.

Ja, dit help nie om te selfversekerd te wees of op jou eie vermoëns te vertrou nie. Wanneer 'n mens se geloof deur die vuur getoets word, help jou eie krag niks nie. Dan moet jy waak en bid ten einde behoue anderkant uit te kom.


 

Gebed: Bewaar my van selfversekerheid. Leer my om te waak en te bid.


 

Kopiereg 2003 Radiokansel.


 

Besoek ons webblad by www.radiokansel.co.za


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

WAT OPGESTAAN HET UIT DIE DOOD

Hierdie is eintlik 'n boodskap vir die Paasfees maar dit is so 'n heerlike boodskap, dat 'n mens dit eintlik elke dag kan lees en heerlik hoendervleis kan kry as jy onthou.

Dit het my God gedoen sodat ek eendag in die hemel by Hom kan wees.

Is dit nie 'n heerlike gedagte nie:

Die dood is dood!!!


 

(1 Kor 15:12-22)


 

Wat opgestaan het uit die dood


 

Die vroeë Christene het mekaar met Paasfees op straat met dié woorde begroet. Oral het dit weerklink: "Die Here het waarlik opgestaan!" 'n Mens kan dit verstaan, want geen leerstuk en geen waarheid van die Bybel, is belangriker as dié van Jesus se opstanding nie. Oral waar die eerste Christene die evangelie van Jesus verkondig het – vertel Lukas in sy boek Handelinge – was dít die kern van hul boodskap: Jesus wat gekruisig is, het opgestaan! Baie wou dit nie glo nie, maar daarvoor was Petrus en Johannes en Jakobus – en al die ander gelowiges – bereid om te sterf. Paulus het die opperbelang van die opstanding op 'n interessante manier verduidelik. As Christus nie opgestaan het nie:

*is al die preke wat in die kerke op aarde gelewer word, sonder inhoud;

*is ons geloof nutteloos;

*is ons nog gevange in ons sonde;

*is die wat in Christus gesterf het, verlore;

*is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.

Maar, het Paulus gejuig, Christus is opgewek uit die dood! Nou is alles die moeite werd! Nou is ons die gelukkigste van alle mense. Jesus se opstanding, het iemand gesê, was God se 'kwitansie' in sy eie hand geskryf, waarin Jesus se offer aan die kruis aanvaar word. Hy het die Satan en die sonde oorwin. Hy het die dood doodgemaak!


 

Kopiereg 2004 Radiokansel.


 

Besoek ons webblad by
www.radiokansel.co.za


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

GEBORE UIT DIE MAAGD MARIA

Omdat ek nie in toeval glo nie, is daar vir my 'n goeie rede waarom net Lukas van die 4 evangeliste die maagdelike geboorte van Jesus noem.

Lukas was 'n dokter en as dokter het hy geweet hoe absoluut onmoontlik dit is vir 'n vrou om as maagd swanger te word.

Nog 'n rede kan natuurlik wees, dat omdat hy 'n dokter was, dit vir Maria makliker sou wees om met hom oor so 'n private intieme saak, vertroulik te gesels.

Daar is ook vir my nog 'n rede wat hier onder nie genome word nie, waarom die maagdelike geboorte van Jesus absoluut waar is.

God wat alles weet wat in die toekoms gaan plaasvind en met ander woorde beplan het hoe ek en jy moet en gaan glo. Hy het toegelaat dat dit in Sy woord vir ons geskryf word.

Dit is Sy Woord, met ander woorde Hy sê dit is wat gebeur het en God se woord is goed genoeg vir my.

Geniet hierdie e-pos wat vir my gestuur was.


 

(Lukas 1:26-37)


 

Gebore uit die maagd Maria


 

Daar word deesdae baie oor die maagdelike geboorte van Jesus gepraat – en gestry. Daar is mense wat sê dat dit nie nodig is om in die maagdelike geboorte te glo nie. Van al vier evangeliste, sê hulle verder, is dit net Lukas wat daarvan melding maak. Die ander noem dit nie eers nie! Wat myself betref, verkies ek om te glo soos die Bybel dit vertel en soos die kerk dit al tweeduisend jaar bely. Daar is ten minste twee redes waarom die leer van die maagdelike geboorte té mooi en té belangrik is om dit in die snippermandjie te gooi:

*Jesus se geboorte was inderdaad anders as enige ander in die geskiedenis. Sy ontvangenis deur die Heilige Gees en sy geboorte in Betlehem, was 'n wonder van God; wat dít wat by mense onmoontlik is, moontlik maak. Soos die engelesang en die ster van Betlehem, vertel die maagdelike geboorte vir my: Trek jou skoene uit. Hier gebeur iets heel unieks.

*Die tweede rede is myns insiens nog belangriker. Daar is min gedeeltes in die Bybel wat vir ons so duidelik illustreer dat ons uit genade alleen gered word, as die maagdelike geboorte van Christus. In die ou dae het die mense die seksuele verkeer tussen 'n man en vrou só gesien: die man is die aktiewe, die een wat gee en presteer. Die vrou is die passiewe, wat haar net kan oopstel om die saad te ontvang wat die man haar gee. Sy kan niks doen nie. Hy doen alles! Maria, so het die gelowiges dit begryp, is ons almal se verteenwoordiger. Ons as mense kan niks doen aan ons eie redding nie. Geen mens kon pa wees van die verlosser nie!

Ons kan maar net ontvang wat God in louter genade aan ons skenk.

Gebed: O Here Jesus, ek bely vandag met vreugde dat ek in u maagdelike geboorte glo. Dit sê vir my alles van U – en van myself!


 

Kopiereg 2004 Radiokansel.


 

Besoek ons webblad by www.radiokansel.co.za


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te

bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en

majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete
Sakkie

WAT GEBEUR MET MY NA DIE GRAF

Iemand het my, my opinie oor die lewe na die dood gevra en ten eerste moet ek sê dat ek nie

al die antwoorde het nie. Ek glo ook nie daar is 'n ware kind van God wat so dwaas sal wees,

as om te sê dat hy al die antwoorde oor hierdie saak het nie.

Ek sê maar weer soos my groot held Paulus gesê het:


 

1KOR 13:12
Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig.

Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.


 

Aangesien ek gevra is gee ek net my opinie en ek weet mense kan nou weer dalk met baie ander redenasies kom en ek wil tog nie in 'n woorde wisseling betrokke raak nie. Ek sê maar net hoe ek glo.

Jy sien my groot held Paulus sê ook:


 

1KOR 11:16
Maar as iemand meen om twisgierig te wees, ons het nie so 'n gewoonte nie, en ook die

gemeentes van God nie.


 

Ek wil ook nie 'n lang redenasie gee nie, omdat iemand dit dalk vir iemand by die werk wil stuur en

dan het mense nie die tyd om baie lang redenasies te lees nie. So ek gee jou net 'n paar sleutel verse,

wat basies vir hul self spreek.


 

Ek wil begin deur te sê, dat ek weet dat daar is mense wat byvoorbeeld sê dat ons, sê nou maar in 'n

soort slaap gaan, of na 'n soort bewaar plek, of iets.

Ek glo dat ek reguit na Christus toe gaan en dat ek die ewigheid by Hom gaan deurbring.

Hier is die bewyse wat ek op die tafel lê.

Eerstens, hier hang Jesus en twee ander mense elk aan 'n kruis.

Al drie gaan binnekort uit hierdie lewe uittree.


 


 

Luk 23:40
Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in

dieselfde oordeel is? —

Luk 23:41
ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het

niks verkeerds gedoen nie.

Luk 23:42
En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.

Luk 23:43
En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die

Paradys wees.


 

Jesus sê nie vir die man aan die kruis langs Hom dat dit eendag gaan gebeur nie, Hy sê,

dat hy vandag nog saam met Hom in die Paradys sal wees.

Soos ek altyd vir die mense sê.

God sê of doen nie iets om sommer iets te sê of doen nie. As Jesus sê "Vandag nog,"

dan kan jy maar weet dit is vandag nog.


 

Mat 17:2
En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son,

en sy klere het wit geword soos die lig.

Mat 17:3 En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom.


 

Moses en Elía het baie, baie jare gelede uit hierdie lewe uitgetree en hier kom kuier hulle

gou vir Jesus voordat Hy Kruis toe stap. En hulle was werklike mense, so werklik dat

Petrus sommer net daar vir hulle wou blyplek organiseer.


 

My groot held Paulus sê die volgende van hierdie saak van waar ons gaan wees as ons hier uittree:


 

FIL 1:19
Want ek weet dat dit deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus

my tot heil sal strek,

FIL 1:20
volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar

dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam,

of dit deur die lewe of deur die dood is.

FIL 1:21
Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.

FIL 1:22
Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal

kies, weet ek nie.

FIL 1:23
Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus

te wees, want dit is verreweg die beste;


 

Dan is daar ook iets anders wat ek baie seker weet en dit is die volgende.

Waar die mens heen gaan as hy hier uittree, of dit na Christus of na die anderplek is, as jy

daar is, is jy daar vir altyd.

Jesus verduidelik dit baie mooi in die "Ryk man en Lasarus."Jy kan gerus die verhaal gaan

lees. Jy kry die verhaal in Luk 16 vanaf vers 19. Dit is 'n verhaal vol lesse maar ek gaan jou

net iets wys wat nou ter sake is.


 

Luk 16:24
En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt

van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.

Luk 16:25
Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en

so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.

Luk 16:26
En by dit alles is daar tussen ons en julle 'n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan

wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.

Luk 16:27
En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur—

Luk 16:28
want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek

van pyniging kom nie.

Luk 16:29
Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister.

Luk 16:30
Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal

hulle hul bekeer.

Luk 16:31
Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig

word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.


 

Ek kan baie meer oor hierdie gedeelte sê maar dan gaan dit baie lank word. So ek sal volstaan met

die volgende.


 

Luk 16:22
En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.

Luk 16:23
En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.


 

Toe Lasarus sy oë aan die anderkant van die graf oopmaak was hy waar Abraham ook was en terloops Abraham was by sy volle positiewe.

Toe die ryk man sy oë oop maak was hy in 'n, wat jy niks anders as hel kan beskrywe nie En hy was

ook by sy volle positiewe.

Onthou wie vir ons hierdie verhaal vertel, dit is Jesus en Jesus is die enigste Persoon wat ooit op hierdie aarde geloop het, wat in diepte kennis van al twee hierdie plekke het.

As ek by Jesus is, gaan ek nêrens anders heen wil gaan nie, veral nie na hierdie aarde toe nie en al sou

ek wou ek kan nie.

As ek in die verskriklike tronk sit en wag vir my vonnis kan ek ook nie uit kom nie.

So, moet tog asseblief nie die stories van spoke en mense wat met jou van die anderkant van die graf af kan praat glo nie.

Hier op die aarde gebruik die satan sy engele om as naapers deur sy menslik gesante die mense te verlei.

As jy Jesus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker en in Sy weë lewe, is jy op pad na die regte

plek.

Die een noem dit dit en die ander een dat. Ek noem dit Hemel en al wat ek verseker weet is dit, ek gaan

by Jesus wees.

Wat ons alles gaan sien, want ek sal dan ook kan sien, en belewe, dit weet ek nie presies nie maar dit gaan

verewig wonderlik heerlik wees.


 


 

Ek sê maar weer soos my groot held Paulus gesê het:


 

1KOR 13:12
Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling

te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en

majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

OOR GEBEDE SE BEANTWOORDING

Iemand het my gevra dat as jy al baie gebid het en God jou nie antwoord nie, of jy nog moet aanhou om te bid. Is dit nie dalk dat God nie eens meer na jou luister nie?

Ek stuur die antwoord wat ons Here op my hart gelê het om vir die persoon te stuur ook vir jou. Miskien weet jy van iemand wat met die selfde vrae worstel.

Ek wil begin om te sê, dat ek my nie uitgee as 'n groot teoloog nie. Ek weet egter dat ek 'n kind van God is en dat ek in alles waaroor ek met mense deel, God deur Sy Woord as my hoogste gesag het. So ek wil dan sommer dadelik vir jou sê dat ek definitief nie al die antwoorde het nie maar ek kan met jou deel dit wat ek het en die eerste ding wat ek vir jou moet sê, is dat 'n mens verseker moet aanhou om te bid.


 

Luk 18:1 En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n

mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,

Luk 18:2
en gesê: Daar was 'n regter in 'n stad wat God nie gevrees en geen mens

ontsien het nie.

Luk 18:3
En daar was in daardie stad 'n weduwee, en sy het gedurig na hom

gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.

Luk 18:4
En 'n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees

ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie,

Luk 18:5
tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen,

sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.

Luk 18:6
Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.

Luk 18:7
Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom

roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?

Luk 18:8
Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van

die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?


 

Ek persoonlik vra ook nou al lank vir ons Here om my in 'n sekere saak te help en Hy het nou nog niks vir my gedoen wat ek kon sien nie maar dit gaan my nie laat ophou nie.

Jy sien vir my is die feit dat Hy my nie geantwoord het nie, nie 'n bewys dat hy my nie hoor nie maar 'n bewys dat Hy weet dat dit nie vir my nou die regte ding is om te ontvang nie, of dat dit nie die regte tyd is om dit te ontvang nie.

Paulus was 'n man wat so na aan ons Here gelewe het, dat al was hy nie eens by nie en hulle het klere wat hy gedra het op siekes gelê, het die mense gesond geword.


 

Handelinge 19 vanaf vers 11:

11God het besondere wonderwerke deur Paulus gedoen. 12Selfs voorskote en sakdoeke wat hy gedra het, is na siek mense toe geneem en dan het hulle gesond geword van hulle siektes, en as daar van hulle was wat bose geeste gehad het, het die geeste uit hulle uitgegaan.


 

Hierdie magtige werktuig in die hand van ons Here getuig van 'n probleem in sy eie lewe as volg.

2 Korintiërs 12 vanaf vers 8:


8Ek het drie maal gebid oor hierdie saak en die Here gevra om dit weg te neem. 9Maar Hy het vir my gesê: "Die genade wat Ek jou gee, is genoeg. Hoe swakker jy is, hoe meer kan my krag deur jou werk." Daarom verkies ek nou om oor my swakheid groot te praat, want as ek swak is, kan die krag van Christus in my woon.


 

Soos ek gesê het, daar is baie dinge wat ek nie verstaan nie. Ek verstaan byvoorbeeld nie hoekom ons Here die duiwel nie sommer daar aan die begin tot niet gemaak het nie. Hy kan mos enigiets doen?

Ek verstaan ook nie hoekom in Daniël se geval God die volgende toegelaat het terwyl Daniël so lank gebid het nie.


 

Daniël 10 vanaf vers 10:

10Skielik het 'n hand my gegryp en my op my hande en knieë laat staan, maar ek het nog baie gebewe. 11Die engel sê toe vir my: "Daniël, die Here het jou baie lief en het my na jou toe gestuur. Staan nou op en luister wat ek sê." Toe hy dit sê, het ek al bewende regop gaan staan. 12Hy praat toe verder: "Daniël, jy hoef nie bang te wees nie. Jou gebed is in die hemel gehoor van die eerste dag af toe jy probeer verstaan het en toe jy jou voor God begin verneder het. Dit is juis omdat jy gebid het dat ek gestuur is om alles aan jou te verduidelik. 13Maar die engel wat beheer het oor die Persiese ryk het my een en twintig dae lank verhinder om te kom totdat Migael, een van die vernaamste engele, my kom help het, en ek kon sien hoe hy die oorwinning behaal oor die engel van die Persiese koninkryk. 14Nou het ek gekom om jou te wys wat met jou volk in die toekoms sal gebeur, want hierdie visioen het met die toekoms te doen."


 

Ek kyk na die dinge wat ek nie verstaan nie, soos my groot held Paulus daarna kyk.


 

1 Korintiërs 13 vers 12:

12Net so kan ons nou nog die dinge van God nie heeltemal verstaan nie. Ons is soos iemand wat in 'n spieël iets sien wat hy nie kan uitmaak nie, maar eendag sal ons God werklik van naby sien. Wat ons op die oomblik weet, is maar 'n deeltjie, maar eendag sal ons alles weet, net soos God nou reeds alles van my af weet.


 

Al verstaan ek dit nie, gaan ek elke keer met my probleme en met my behoeftes en my begeertes na ons Here toe, met my gedagtes as volg ingestel.


 

Filippense
4 vanaf vers 6:

6Julle moet julle nie oor enigiets bekommer nie. Bid daaroor en sê vir God duidelik wat julle wil hê. Vra Hom om dit vir julle te doen en sê vir Hom dankie! 7Dan sal God julle sy wonderlike vrede gee wat 'n mens nooit met jou verstand kan verklaar nie. Sy vrede sal wag hou oor julle hart en julle gedagtes omdat julle aan Christus Jesus behoort.


 

Wat ook al met my gebed gebeur, of my gebed beantwoord word of nie, ek kyk so daarna en ek glo ons moet so na ons gebede kyk.


 

Habakuk
3 vanaf vers 17:

17Selfs al sou die vyebome ophou dra en die wingerde sonder druiwe wees

en die olyfbome geen olywe aan hê nie; selfs al sou daar geen graan meer op die lande wees en geen skape meer in die kraal of beeste in die stalle nie,


18sal ek tog vreugde hê en bly wees oor die Here, die God wat my red.


19Die Here wat regeer, gee my krag.


 

Ek weet nie hoekom Hy my nie altyd antwoord soos ek geantwoord wil word nie. Ek weet egter hierdie een ding verseker.

Hy is die wonderlikste Vader wat in die heelal is en Hy weet wat vir my die beste is.

Daarom kan ek saam met Dawid opgewonde uitroep:


 

Psalm 38 vers 10:

10Here, U ken al my verlange en U kan sien hoe ek sug.


 

As ek dit dan so kan opsom:

Jesus sê ons moet aanhou bid.

Jesus sê dat ons 'n antwoord sal kry.

Dit mag dalk nie die antwoord wees wat ek verwag, of voor gevra het nie maar God sal my antwoord.

Jesus het ook in Getsemane drie maal gebid en gevra dat as dit moontlik is, dit wat vir Hom voorlê, moet verby gaan as dit ons Vader se wil is en Hy het die antwoord wat Hy gekry het aanvaar, al was dit nie wat Hy gevra het nie.

Dit was egter die beste wat ooit in die ganse skepping kon gebeur het.


 

Jesus bid in Getsemane


36Jesus neem hulle toe na 'n plek wat Getsemane genoem word. Daar het Hy vir sy dissipels gesê: "Wag julle hier solank Ek daar anderkant gaan bid." 37Hy het Petrus met Hom saamgeneem en ook Sebedeus se twee seuns Jakobus en Johannes. Toe pak ontsteltenis en benoudheid Hom beet 38en Hy sê vir hulle: "Die ontsteltenis het nou vir My te veel geword. Bly hier by My en hou wag."


39Hy gaan toe 'n entjie verder en val vooroor op die grond en bid: "My Vader, as dit moontlik is, neem tog hierdie smart weg, hierdie bitter beker wat Ek moet drink! Maar laat dit gebeur soos U dit wil hê, nie soos Ek wil nie."

40Toe Hy weer by die drie dissipels terugkom, was hulle vas aan die slaap. Hy sê toe vir Petrus: "Kon jy nie eers 'n uur lank wag hou nie? 41Julle moet wakker wees en bid dat julle nie aan die versoeking sal toegee nie. 'n Mens wil in jou hart graag teen die versoeking veg, maar die menslike geaardheid het nie die krag om dit te doen nie."

42Hy het toe weer 'n tweede keer gaan bid: "My Vader, as hierdie bitter beker, hierdie smart, nie weggeneem kan word sonder dat Ek dit drink nie, laat dit dan gebeur soos U dit wil hê."


43Toe Hy weer by hulle kom, was hulle weer aan die slaap, want die vaak het vir hulle te veel geword. 44Hy het weer 'n derde keer van hulle af weggegaan en gaan bid. Hy het weer dieselfde gebed as vantevore gebid.


 

Wat ook al gebeur as ons in die geloof bid, dit wat gebeur, is die beste wat in die ganse skepping met ons kan gebeur.

Ek sluit af met hierdie heerlike gedagte van my groot held Paulus.


 

Romeine 8 vanaf vers 25:

25Maar as dit iets is wat nog nie gebeur het nie, dan wag ons geduldig daarvoor.

26In hierdie saak help die Heilige Gees ons ook, want ons is swak. Ons weet nie mooi hoe om met God te praat as ons bid nie, maar die Gees bid vir ons by God op 'n manier wat nie in woorde uitgedruk kan word nie. 27God ken die harte van mense deur en deur en Hy weet ook wat die Gees bedoel. Want wat die Gees vir ons by God bid, is ook wat God wil.

Oorwinning onder alle omstandighede

28Ons weet dat God alles wat gebeur, laat saamwerk tot ons voordeel as ons Hom

liefhet, want God het ons geroep omdat Hy vooraf so besluit het.


 

Mag dit vir jou 'n heerlike dag wees.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

GUIDE DOG - TRUE TALE

Omdat ek self 'n Gidshond gehad het, kon ek hierdie E-pos werklik waardeer wat vir my gestuur gewees het. Geniet dit.

Die persone wat dit uitgestuur het, is twee broers wat blind is en wat elk 'n Gidshond het.


 

dog guide true tale.


 


 

Hi to all of our friends. Take a look at the following dog guide story.

We received it from one of the several dog guide mailing lists that we belong to.


 

Sightless dog leads blind woman


 

By TINA FOSTER / WFAA-TV


 

DESOTO - LuLu, like most 12-year-olds, loves attention. The Labrador relishes being brushed, petted and loved by Susie Harwell.

All this attention on LuLu is a role reversal.

Once a seeing eye dog, she's used to watching over others.

For ten years, LuLu was Mayna Davis' eyes.

"LuLu stayed with her and by her side and helped her all those years,"

Harwell said.

When the Lubbock woman died in 2002, relatives made a shocking

discovery.

It wasn't until Davis was very ill and in the hospital that they realized LuLu couldn't see and had been leading by memory through their house and yard. Cataracts left LuLu blind.

Harwell volunteered to keep the lab until Davis' son could take her.

LuLu now navigates her new back yard by memory and a few simple

commands from Harwell.

While some might say the bond between LuLu and Harwell was formed

through necessity, Harwell said it's so much more.

"She's taught me that you can get by even if things aren't perfect,"

Harwell said. "That you can have a real healthy, happy life even if you have a disability."


 

http://www.wfaa.com/sharedcontent/dws/news/localne

ws/tv/stories/wfaa050620_mo_spiritsalute.2b895adb.html


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

IEMAND HET EENDAG….

Iemand het eendag iets baie mooi gesê:

"Een van die beste dinge wat 'n Pa vir sy kinders kan doen, is om lief vir hulle Ma te wees."


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

DAN IS DIT NAG

Iets wat ek gelees het, het my 'n bietjie laat dink.

Ek het al gehoor dat mense sê, dat hulle voel, God is nie meer so lief vir hulle nie. Ek het ook al selfs gehoor dat mense sê, dat God gladnie meer lief vir hulle is nie. Daar is selfs mense wat dink dat God nog nooit vir hulle lief was nie.

Vir sulke mense wil ek die volgende kwoteer Job sê van God:


 

Job 23:13 Maar Hy bly onveranderlik Een—wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy.


 

Wat was God se groot begeerte na die sondeval van die mens?

Die beste hoe ek dit kan uitdruk is:

'n Als omvattende, onselfsugtige, Goddelike liefdes verhouding met elke mens op die Aarde.

As 'n mens so daaraan dink, kan jy amper nie anders as om in ekstase uit te roep:

"Kyk net wat het God vir my gedoen!"


 

JHN 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

JHN 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

Rom 8:31 Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?


 

Rom 5:8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Rom 8:32 Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?

Rom 8:33 Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.

Rom 8:34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.

Rom 8:35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?


 

God sal nooit Sy rug op jou draai nie en ek wil dit graag so vir jou verduidelik.

Die Son is altyd dieselfde. Hy stuur altyd die selfde lig en hitte na die aarde uit.

Tog is dit nie op die aarde by ons altyd dieselfde nie.

In die dag skyn die Son op ons en dit is warm maar in die nag is dit donker en dan is dit ook gewoonlik koud.

Dit is tog nie die Son se skuld dat dit so is nie. As iemand, of dan nou in die geval iets die skuld daarvoor moet neem, is dit die aarde. Die aarde draai ons weg van die Son af en dan is dit by ons nag.

Jare gelede sit ek en my seun eendag en skaak speel. Op 'n kol in die spel maak hy 'n skuif en sê toe vir my die volgende:

"Nou is dit nag vir pa."

Ek dink dit was die eerste keer wat ek die gesegde gehoor het. Dit is nou een gesegde wat in my kop vas gesteek het en ek het daarna in my bediening so baie met mense gedeel en dan terwyl ek met hulle gedeel het, het dit in my hart opgekom dat in die persoon se lewe is dit op die oomblik nag.

Ek wil jou ook op iets in die verband in God se Woord wys.


 

JHN 13:26 Jesus antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas Iskáriot, die seun van Simon.

JHN 13:27 En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.

JHN 13:28 Maar waarom Hy dit vir hom gesê het, het niemand van die wat aan tafel was, verstaan nie.

JHN 13:29 Want sommige het gedink, terwyl Judas die beurs gehad het, dat Jesus vir hom sê: Koop wat ons nodig het vir die fees; of dat hy iets aan die armes moes gee.

JHN 13:30 Toe hy dan die stukkie geneem het, het hy dadelik uitgegaan. En dit was nag.

JHN 13:31 En toe hy buite was, sê Jesus: Nou is die Seun van die mens verheerlik, en God is in Hom verheerlik.


 

Toe ek die gedeelte lees 'n ruk nadat dit vir my nag op die skaakbord gewees het, kon ek nie anders, al was dit met 'n bietjie galgehumor, daaraan dink, dat dit nou regtig vir Judas nag was, toe hy sy rug op Jesus gedraai en by daardie deur uit gestap het.


 

JHN 13:30 Toe hy dan die stukkie geneem het, het hy dadelik uitgegaan. En dit was nag.


 

So ek wil vir enige persoon wat voel dat God hom of haar nie lief het nie, die

volgende sê.

Die Son, die Lig van die Wêreld, ons Jesus, sal altyd vir jou skyn. Hy sal altyd daar

wees om jou lig en Sy warm liefde te gee.

Moet net nie weg draai van Hom af nie, want glo my.

Dan is jou lewe duister en koud. Dan is dit vir jou nag.

Mag dit vir jou 'n heerlike dag wees.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

WHAT’S YOUR RELATIONSHIP DESTINY? - Marriage Message #57

Hierdie is 'n baie goeie skrywe.

"Trust me."


 

Whether you are married or engaged or single, but preparing, the following thoughts penned by Relationship Coach and Pastoral counsellor Don Bailey, can be a helpful challenge to consider:


 

"Do you believe your destiny is predetermined? Maybe you believe it is put in place by God (See: Jeremiah 29:11). I personally believe God has a perfect plan for us in all aspects of our life, but we have the power to mess up the plan as He allows our free will to be at work. I recently found a writing (author unknown) which I believe makes our part in defining our destiny clear.


 

Watch your thoughts,


 

They define your words.


 

Watch your words,


 

They define your actions.


 

Watch your actions,


 

They define your habits,


 

Watch your habits,


 

They define your character.


 

Watch your character,


 

It defines your destiny.


 

"Now, let's apply this to our relationships.


 

"First, THOUGHTS… Do you think positively about your mate or date? Or do you find yourself thinking about their faults more than their strengths? Do you

think about your relationship with commitment or as one that is on the brink of shattering with every upset? Proverbs 23:7 KJV says, 'As a man thinketh in his heart, so is he.' That makes it pretty clear that the destiny of our relationships begins with our thoughts.


 

"Now, what about the WORDS we speak? Remember, they are defined by our thoughts. We have a choice of what we say and how we say it. Proverbs 15:1-2 NIV

says, 'A gentle answer turns away wrath, but a harsh word stirs up anger.' It is clear that our words have a dramatic impact on the actions of our mate or date. Managing our tongue to speak truth with a soft tone produces the best result. Seldom are we forced to use angry words to accomplish our purpose.


 

"What about your ACTIONS? So often we'd like to blame them on someone else such as our date or mate or even 'the devil made me do it.' Just like with our words and thoughts, our actions are made through our choice. Unfortunately, we may not stop to make a choice, but we react based on our emotions.


 

"It will be much easier to make a choice about our actions if we are managing our thoughts and words. Psalm 1:1-2 gives us some insight as to how to do this. 'Blessed is the man who does not walk in the counsel of the wicked or stand in the way of sinners or sit in the seat of mockers. But his delight is in the law of the LORD, and on his law he meditates day and night.'


 

"Well, we're getting closer to our destiny. Now we need to consider our HABITS. They are defined by our actions and are a matter of conditioning. I believe

I've heard that repeating an action twenty-one times causes it to become a habit. Some of us may be more resistant to change so it may take 30, or 40, or 50 times. The key is that we are making a choice to change our habits. Why? The reason is because it defines our character.


 

"What is CHARACTER? Well, it's who you are. I've heard that it is what you do when no one is watching. It's who we are when all of the masks are removed

and our vulnerabilities, as well as our strengths are seen by our mate or date. Hopefully, it is the greatest factor on which they make a decision about whether you are worthy of a relationship with them. And let's face it; it is defined by our thoughts, words, actions and our habits.


 

"Well, here we are at our DESTINY in relationships. What we want is to be happy, to be loving, to be committed, to be caring, to be empathetic, and to be emotionally healthy. The list goes on and on as we consider who we want to be to our self and others. We are forced to make choices, which lead to a destiny in our relationships and the quality of our life.


 

"So, we reach the end; our destiny. It's based on our choices and we are responsible for it. We can't blame anyone else. But, now, we must go back to the beginning and start out again as life is constantly changing and we are presented with new choices. What a challenge it is! But now we know how we got to where we are and how to get to a better place in our future."


 

"For I know the plans I have for you, declares the LORD, "plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future" (Jeremiah 29:11).


 

It is our prayer that you will consider the message that Don Bailey gave us and choose this day and for the rest of your lives to live by the values and guidelines God has given us throughout the Bible. And that you will live out the words Joshua proclaimed to those around him:


 

"Now fear the LORD and serve him with all faithfulness… Choose for yourselves this day whom you will serve… But as for me and my household, we will serve the LORD" (from Joshua 24:14-15).


 

May God bless your marriage abundantly?


 

Cindy and Steve Wright


 

P.S. If you think of others who may benefit from these weekly messages, please forward this and encourage them to subscribe to this FREE ministry. To subscribe,

go to our web site at www.marriagemissions.com <http://www.marriagemissions.com/> , click on "Subscribe" and fill in the necessary information. Every week we add new articles and people add helpful comments to the web site so return often. If you don't have access to the internet you can send an email to subscribe@marriagemissions.com with "Subscribe" in the subject line. NOTE: If you receive our messages at work, you may need to ask the Administrator of email accounts to add Marriage Missions to their list of acceptable IP addresses to prevent spam filter blockers.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

WAT ‘N VERSKRIKLIKE GEDAGTE

Na aanleiding van 'n e-mail wat ek gelees het wil ek graag die volgende gedagte wat by my opgekom het met jou deel.

'n Mens kan die vraag wat ek nou gaan vra seker ook op die wêreld van toepassing maak maar ek het nie die statistieke van die wêreld nie. Ek het nou weer egter die statistieke van Suid-Afrika gehoor en vra die vraag dus net oor Suid-Afrika.

Waarom is Suid-Afrika in die gemors wat hy is, as 70% van Suid-Afrika se mense bely dat hulle Christene is?

Die verskriklike antwoord wat in my hart opkom is die volgende maar voordat ek vir jou sê wat in my hart opgekom het wil ek jou vra.

As jy nou klaar alles gelees het wat ek geskryf het, sit dan net 'n oomblik stil en dink dan oor wat ek vir jou geskryf het.

As jy nie met my verskil nie, vra jou dan die vraag af:

Hoe vertoon my geloof in God, teenoor die duiwel se geloof in God?

Is Suid-Afrika nie dalk in die gemors waarin hy is nie, omdat ons, of dan die meeste van ons Christene, minder geloof in Jesus het as die duiwel nie.


 

Jakobus
2 vanaf vers 14:

14Broers, wat sou dit help as 'n mens sê hy is 'n gelowige maar hy leef soos iemand wat nie in God glo nie? Kan so 'n geloof hom miskien red? Nee, dit kan nie. 15Veronderstel nou daar is by julle 'n Christen man of -vrou wat nie genoeg kos het om te eet of genoeg klere om aan te trek nie. 16As een van julle dan vir hulle sou sê: "Alles van die beste! Ek hoop julle sal warm kan aantrek en lekker eet," maar julle gee hulle nie wat hulle nodig het nie, wat sou dit help? 17Dit help niks nie, en dit is presies soos die geloof is as dit nie uitgeleef word nie. As dit net by die geloof bly en op niks uitloop nie, is dit morsdood.

18Nou kan iemand redeneer en sê: "'n Mens se geloof en jou lewe hoef nie met mekaar iets te doen te hê nie. Een mens konsentreer op wat hy glo en 'n ander konsentreer weer op hoe hy lewe." Vir so iemand antwoord ek: wys my hoe iemand kan glo sonder dat dit op sy lewe 'n invloed uitoefen, dan sal ek vir jou wys dat ek nie alleen glo nie maar dit ook uitlewe. 19As jy sê jy glo dat daar net een God is, is dit baie goed. Maar onthou, die duiwelse geeste glo dit ook en dit laat hulle bewe van angs.

20Maar hierdie soort geloof wat geen invloed het op wat 'n mens doen of hoe jy lewe nie, beteken niks. Waar is jou verstand dat jy dit nie kan insien nie? 21Neem byvoorbeeld ons vader Abraham se geval. Was dit nie op grond van wat hy gedoen het dat God gesê het Abraham is 'n regverdige mens nie? Want hy was gewillig om sy seun Isak in gehoorsaamheid aan God op die altaar te offer. 22Kan jy sien dat wat hy geglo het en wat hy gedoen het, ooreengestem het? Wat hy gedoen het, het bewys dat hy werklik op God vertrou. 23Dit het gebeur presies soos daar in die woord van God staan: "Abraham het op God vertrou, en daarom het God hom aangeneem." Dit is ook daarom dat Abraham God se vriend genoem is. 24Dit is dan nou vir julle 'n bewys dat God 'n mens aanneem oor wat hy doen en nie net oor wat hy glo nie.


 

Lees net gou weer vers 19.


 

Jakobus
2 vers 19:

19As jy sê jy glo dat daar net een God is, is dit baie goed. Maar onthou, die duiwelse geeste glo dit ook en dit laat hulle bewe van angs.


 

Ek wil nou graag vir jou een voorbeeld uit God se woord gee, om die duiwel se geloof in Jesus te demonstreer:


 

Matteus
8 vanaf vers 28:

Jesus dryf duiwelse geeste uit twee manne uit

28So het Jesus by die oorkant aangekom, die land van die mense van Gadara. Daar kom toe twee manne van die grafte se kant af na Hom toe. In albei van hulle was daar duiwelse geeste. Hulle was so gevaarlik dat niemand kans gesien het om met die pad daar langs verby te gaan nie. 29Hulle skreeu toe vir Jesus: "Wat kom pla jy ons, Seun van God? Het jy ons voor die tyd kom pynig?"

30'n Ent daarvandaan het daar 'n groot trop varke gewei. 31Die duiwelse geeste smeek Jesus toe: "As jy ons uit hierdie manne uitjaag, stuur ons asseblief in die trop varke in."

32"Gaan!" het Jesus gesê. Die duiwelse geeste is toe uit die manne uit en het in die varke ingegaan. Die hele trop storm toe teen die steilte af, die meer in, en hulle het almal in die water versuip.


 

Eerstens, hulle het Jesus goed geken. So goed dat hulle geweet het dat Hy die Seun van God is.


 

Vers 29:

29Hulle skreeu toe vir Jesus: "Wat kom pla jy ons, Seun van God? Het jy ons voor die tyd kom pynig?"


 


 

Tweedens, hulle het soveel geloof in Hom gehad dat hulle geweet het dit wat ons Hom vra, hoe onmoontlik ook al, kan Hy vir ons doen.

31Die duiwelse geeste smeek Jesus toe: "As jy ons uit hierdie manne uitjaag, stuur ons asseblief in die trop varke in."


 

Omdat hulle geglo het en natuurlike het Jesus ook geweet dat hulle glo, beantwoord Hy hulle smeking:


 

Vers 32:

32"Gaan!" het Jesus gesê. Die duiwelse geeste is toe uit die manne uit en het in die varke ingegaan. Die hele trop storm toe teen die steilte af, die meer in, en hulle het almal in die water versuip.


 

Hulle het gehoor wat Jesus sê en Hom op Sy woord geneem.

Ek wil 'n stelling maak en dit is:

As 70% van Suid-Afrika se bevolking, die 70% wat bely dat hulle Christene is, dit wat ons in God se woord lees, regtig aanneem, met ander woorde God op Sy woord neem, maak God deur ons, Suid-Afrika 'n paradys.

Die meeste van ons Christene, so lyk dit vir my, het minder geloof in God as die duiwel.

Een ding, soos Trompie sou gesê het, is so waar soos wors:

As my geloof net lippetaal is, is my geloof dood, morsdood.


 

Jakobus
2 vers 17:

17Dit help niks nie, en dit is presies soos die geloof is as dit nie uitgeleef word nie. As dit net by die geloof bly en op niks uitloop nie, is dit morsdood.


 

Gelukkig altyd as ek dink aan die amperse hopelose toestand om my. Dan onthou ek Dat die Here op die troon is en die een wat op die troon is, is ook die een wat in beheer is.

Geniet hierdie heerlike dag in Suid-Afrika.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

CUTE ATHIEST JOKE LEES WEER

Miskien het jy die een al gehoor of gelees maar ek wil jou vra om dit weer te lees, want ek wil jou iets wys.


 

cute atheist joke


 

An atheist was taking a walk through the woods.

"What majestic trees!

What powerful rivers!

What beautiful animals!" he said to himself.

As he continued walking alongside the river he heard a rustling in the bushes. Turning to look, he saw a 7 foot grizzly charging towards him. He ran as fast as he could up the path.

Looking over his shoulder he saw that the bear was closing in on him. His heart was pumping frantically and he tried to run even faster. He tripped and fell on the ground. He rolled over to pick himself up but saw the bear raising his paw to take a swipe at him.

At that instant the atheist cried out: "Oh my God!"

Time stopped.

The bear froze.

The forest was silent.

It was then that bright light shone upon the man and a voice came out of the sky saying: "You deny my existence for all of these years, teach others I don't exist and even credit creation to a cosmic accident. Do you expect me to help you out of this predicament? Am I to count you as a believer?"

The atheist looked directly into the light, "It would be hypocritical of me to suddenly ask you to treat me as a Christian now, but perhaps, could you make the BEAR a Christian?"

"Very well," said the voice.

The light went out.

And the sounds of the forest resumed.

And then the bear lowered his paw, bowed his head and spoke, "Lord, bless this food which I am about to receive and for which I am truly thankful."


 

Die rede waarom ek eintlik hierdie storietjie vir jou stuur, is die volgende.

Daar is 'n verhaal in die Bybel, waar die duiwelse geeste 'n soortgelyke versoek aan ons Here gerig het. Wat ek met soortgelyk bedoel is dat hulle, hul ook in 'n probleem situasie bevind het en toe 'n voorstel aan God gemaak het, wat hulle gedink het hul gaan help.

Ek wonder of jy kan dink na watter gebeurtenis in die Bybel verwys ek?

Omdat die ateïs nie die lyding van God gehad het nie, het dit hom duur te staan gekom. Dit het hom sy lewe gekos.

Omdat die duiwelse geeste ook nie van God se lyding gebruik maak nie, het hulle ook maar 'n groot gek van hulle gemaak.

Kom ek wys dit gou vir jou.


 

Matteus
8 vanaf vers 28:

Jesus dryf duiwelse geeste se geeste uit twee manne uit

28So het Jesus by die oorkant aangekom, die land van die mense van Gadara. Daar kom toe twee manne van die grafte se kant af na Hom toe. In albei van hulle was daar duiwelse geeste. Hulle was so gevaarlik dat niemand kans gesien het om met die pad daar langs verby te gaan nie. 29Hulle skreeu toe vir Jesus: "Wat kom pla jy ons, Seun van God? Het jy ons voor die tyd kom pynig?"

30'n Ent daarvandaan het daar 'n groot trop varke gewei. 31Die duiwelse geeste smeek Jesus toe: "As jy ons uit hierdie manne uitjaag, stuur ons asseblief in die trop varke in."


32"Gaan!" het Jesus gesê. Die duiwelse geeste is toe uit die manne uit en het in die varke ingegaan. Die hele trop storm toe teen die steilte af, die meer in, en hulle het almal in die water versuip.


 

Geniet hierdie heerlike dag, waarin dit wonderlik is om 'n bloed gewaste kind van God te wees.


 

Die Here seën jou.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

GAAN DAN

Matteus 28:16-20)


 

Gaan dan!


 

Matteus se beskrywing van Jesus se afskeid aan sy dissipels is aangrypend. Saam met sy vriende het Jesus die berg bestyg. Toe hulle moes agterbly is Hy alleen verder, die hemeltrappe op, om die troon van sy Vader te bestyg. Sy troonsbestygingslied as Heerser oor alles en almal, het Hy self gesing: "Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde". Dit was duidelik: Hy was die Oorwinnaar! Die hede, die verlede en die toekoms is alles in sy hande geplaas.

En toe kom die verrassing. Die Koning nooi sy volgelinge om sy verteenwoordigers, sy medewerkers, op aarde te wees. Hy sou sy evangelie oor ses kontinente laat klink. Hy sou sy kerk deur die eeue bou. Maar nie sonder sy dissipels nie. Ook nie sonder ons, sy 21ste eeuse volgelinge, nie: "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels!"

Dit bly 'n wonder dat God nie engele gebruik om sy werk op aarde te doen nie, maar dat Hy ons, sondige swak mense, as sy gevolmagtigde verteenwoordigers aanstel. Dit is wat sin aan ons lewens gee: dat God ons gebruik as sy oë en ore, sy stem, sy arms, hande en sy voete. Dit word dikwels gesê, maar dis wáár: die sin van ons lewens op aarde is om deur God gebruik te word. As jy nie as medewerker - as getuie - optree nie, mis jy jou doel in die lewe. Die wiskunde van die Here is eenvoudig én baie ernstig: Christen-wees = getuie-wees.


 

Gebed: Ek voel skaam en skuldig Here, omdat ek U dikwels in die steek laat. Dat ek na binne-gekeer lewe in plaas van om die liefde wat ek so kwistig van U ontvang, na ander uit te straal. Vergewe my …en gebruik my.


 

Kopiereg 2004 Radiokansel.


 

Besoek ons webblad by www.radiokansel.co.za


 

Ek sê altyd vir die mense, dat ek vir twee hoofredes op die aarde is:

Om God te verheerlik en om siele vir Sy koninkryk te wen. Alle ander dinge is ondergeskik hieraan.

Wat my elke keer as ek daaraan dink aangryp, is dit:

Dat die Here, die God van die heelal, Sy weg oop gesien het om ook vir my te gebruik, sal altyd vir my iets ongelooflik wonderlik bly en ek sal nooit kan ophou om dankbaar vir die genade wat ek ontvang het te wees nie.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te

bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en

majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 


Groete

Sakkie

Alles In Die Skrif Kom Van God Af

Sommer 'n vers uit God se Woord wat by my opgekom het toe ek weer daaraan gedink het, hoe daar mense is wat wil beweer dat groot gedeeltes van God se Woord nie van God af kom nie.

My groot held Paulus stel dit so:


 

Romeine
15 vers 4:

4Alles in die Skrif is geskrywe om ons te leer. Dit help ons ook om geduldig te wees en gee ons moed sodat ons vas oortuig kan wees van die wonderlike toekoms wat daar vir ons wag.


 

Let op die eerste gedeelte in vers 4.


 

"Alles in die Skrif is geskrywe om ons te leer."

Nie die helfte, of 95%, of 99% nie maar als in die skrif.

As ek God se Woord oopmaak en ek sê dit met groot respek, dan hang ek jy kan maar sê aan God se lippe en geduldig wag ek op die heerlike toekoms wat vir my wag.

Geniet die heerlike dag wat ons Here ons gegee het.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling

te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en

majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

KAN EK TEEN DIE DAK VAS BID?

Iemand het met my gepraat en gesê, dat dit voel vir haar as sy bid, bid sy teen die dak vas.

Dit is natuurlik 'n leun uit die hel uit. Jy sien al probeer jy ook, kan jy nie eens aan iets dink wat, God aan betref net tot by die dak gaan nie.

Ek gaan in als wat ek nou sê my net tot twee gedeeltes in die Bybel bepaal.

Ek het gesê dit is onmoontlik vir my om eens aan iets te dink wat God nie van weet nie, wat nog te sê direk met God praat.


 

Psalm 139 vers 2:

2U weet van elke beweging wat ek maak

en U ken my gedagtes deur en deur.


 

Hy ken my gedagtes deur en deur. Met ander woorde Hy weet alles wat in my gedagtes aangaan, alles wat ek dink. Kyk net hoe goed ken God my gedagtes.


 

Psalm 139 vers 4:

4Here, U weet selfs wat ek gaan sê

nog voordat ek my mond oopmaak.


 

God weet wat ek gaan sê nog voordat ek dit wou sê. Selfs voordat ek self daaraan gedink het om dit te sê


 

Soos vir Dawid is dit vir my iets te wonderlik vir my verstand.


 

Psalm 139 vers 6:

6Ek kan nie begryp hoe U alles weet nie.

Dit is vir my iets wonderliks, vêr bokant my verstand.


 

Nie net luister Hy na my nie, Hy kom na my toe, om by my te wees, as ek met Hom wil praat en niks kan Hom keer nie. Die minste van alles 'n dak of iets wat deur 'n mens gemak is.


 

Psalm 139 vers 8 tot 12:

8Al sou ek hemel toe kon gaan—U is daar.

Al sou ek in die doderyk gaan bly—daar is U ook.


9Al sou ek so vinnig soos die lig kon vlieg

van die ooste af tot by die verste punt in die weste,


10dan sou U daar ook agter my aangaan

en U sou my lewe daar ook beheer.


11Ek sou kon wens ek was in duisternis

en alles piknagdonker rondom my,


12maar die donker is vir U nie donker nie

en die nag is helder soos die dag.

Vir U is die donkerte net soos die lig.


 

Jy sien, die duiwel wil jou gebed kragteloos maak en die maklikste manier vir hom om jou gebed kragteloos te maak, is om jou te laat twyfel in die krag van jou gebed. So as hy jou kan laat dink dat jy teen die dak vas bid, het hy, jy kan maar sê 'n "bullseye gescore."

Jy sien, hy weet dat jy moet glo voordat daar iets kan gebeur. Hy weet immers dat daar geskryf staan:


 

Hebreërs
11

Wat beteken dit om op God te vertrou? Dit beteken om seker te wees dat die dinge waarna ons uitsien, wel sal gebeur. Dit beteken ook om oortuig te wees dat die dinge wat ons nie kan sien nie, wel daar is. 2God praat in die Skrif van mense uit die ou tyd wat so op Hom vertrou het.


3As ons in God glo, dan kan ons verstaan dat Hy die wêreld gemaak het deur net 'n woord te praat. Alles wat ons nou sien, is gemaak uit dinge wat nie gesien word nie.


 

Die ou vertaling stel die gedeelte in Hebreërs so:


 

Hebreërs
11

Heb 11:1
Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys

van die dinge wat ons nie sien nie.

Heb 11:2
Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang.

Heb 11:3
Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God

toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.


 

So volgende keer as hy vir jou sê dat jy bid teen die dak vas, jaag hom weg van jou af in die Naam van Jesus. Dan praat jy heerlik met jou Vader en wees verseker Hy luister met volle aandag na elke woord wat jy sê.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

Die Heilige Nagmaal

Iemand het my iets gevra oor die nagmaal. Ek het toe vir hom die volgende gestuur en ek stuur dit ook vir jou. Miskien is daar iemand wat jy ken, wat weer dink oor die nagmaal.

Deesdae is daar mense wat wonder oor baie dinge.

Daar is selfs mense in die wêreld en ook in Suid-Afrika wat die maagdelike geboorte van Jesus sowel as Sy opstanding uit die dood bevraagteken en dit is mense wat hulleself as groot teoloë uitmaak.

My persoonlike opinie is dat hulle soveel geleerdheid in hul koppe versamel het dat gedeeltes uit die volgende gedeelte uit God se Woord sekerlik op hulle van toepassing gemaak kan word.


 

1 Korintiërs
1 vanaf vers 18: Christus is vir ons die wysheid wat van God af kom

18Ek weet dat die wat verlore gaan, nie wil glo dat Christus vir hulle op die kruis gesterf het nie. Hulle sê dit is bog. Maar vir ons wat gered word, is dit juis die krag waarmee God werk. 19God sê in die Skrif: "Die wysheid van die slimste mens maak Ek tot niet en die geleerdste mens se begrip tel by My niks."

20Maar wat dan van die kenners en die geleerdes, die navorsers? God het reeds bewys dat die wysheid van mense in hierdie wêreld onsin is. 21God het deur sy wysheid dit so bepaal dat mense Hom nooit werklik sou leer ken deur hulle menslike kennis nie. Maar nou kom God en red almal wat sy boodskap glo, al is daar baie mense wat sê dit is dwaasheid. 22Aan die een kant is daar die Jode wat dit nie aanvaar nie want hulle wil wonderwerke sien wat dit kan bewys. Aan die ander kant is daar die Grieke wat dit ook nie aanvaar nie want hulle ideaal is die geleerdheid. 23Maar ons preek en sê Christus wat op 'n kruis doodgemaak is, is die Redder. Die Jode weier om in Hom te glo en die Grieke sê dit is onsin. 24Maar almal wat deur God geroep is, of hulle Jode of nie Jode is nie, verstaan dat Christus die krag van God is en dat Hy die wysheid van God is waardeur ons gered word. 25Al sê mense dit is 'n dwaasheid wat God begaan het, is dit verstandiger as die verstandigste ding wat 'n mens sou kon uitdink. En al sê hulle Christus se dood bewys God se swakheid, het dit meer krag as enigiets wat 'n mens sou kon doen.


26Broers, kyk maar na die manier waarop God julle geroep het. Daar is nie baie van julle wat geleerd is of hoë poste beklee of uit vername families kom nie. 27Want God het juis die dinge uitgekies wat mense as waardeloos en swak beskou om daarmee die mense skaam te maak wat so geleerd en belangrik is. 28En dit is juis die dinge wat mense as minderwaardig en nutteloos beskou wat God uitgekies het om die dinge wat belangrik lyk, tot niet te maak. 29Daarom kan geen mens ooit by God spog nie. 30Dit is aan God alleen te danke dat julle met Jesus Christus verbind is. Jesus Christus is vir ons die wysheid wat van God kom. Dit is Hy wat ons saak by God reggemaak het, en ons heilig maak en ons red. 31Daarom staan dit in die Skrif: "As iemand wil spog, laat hom dan spog oor wat die Here gedoen het."


 

Hier is dan in 'n neutedop, hoe ek in my hart die heilige nagmaal verstaan en belewe.

Die geskiedenis van die nagmaal begin in Egipte.


 

Eksodus
12

Die Paasfees

Terwyl hulle nog in Egipte was, het die Here vir Moses en Aaron gesê: 2"Hierdie maand moet van nou af vir julle die eerste maand wees. Julle moet die tyd so bereken dat die nuwe jaar saam met hierdie maand begin. 3Sê vir almal wat aan Israel behoort dat elke man op die tiende van hierdie maand 'n lam moet neem. Dit moet bereken word volgens die huisgesinne sodat daar vir elke huisgesin een lam is. 4As 'n huisgesin so klein is dat 'n lam vir hulle te veel is, moet hulle saammaak met hulle bure. Hulle moet reken volgens die getal mense in elke huisgesin sodat daar genoeg is om van die lam te eet. 5Dit kan 'n skaaplam of 'n boklam wees maar dit moet 'n ram wees van 'n jaar oud wat absoluut niks makeer nie. 6Hou die lam tot op die veertiende van die maand, en teen die aand van die veertiende moet al die Israeliete daardie lammers slag. 7Hulle moet dan van die lam se bloed neem en dit smeer aan die deurkosyn, boaan en teen die twee sykante, by elke huis waarin hulle so 'n lam eet. 8Die vleis moet gebraai word en nog dieselfde aand geëet word. Saam met die vleis moet hulle brood eet wat sonder suurdeeg gebak is, en ook sous wat van bitter kruie gemaak is. 9Die lam moet heel gebraai word met kop, pootjies en binnegoed en al. Julle mag die vleis nie rou eet of gaar kook nie. 10Julle mag ook nie van die vleis laat oorbly tot die volgende oggend nie. As daar iets oorskiet, moet dit verbrand word. 11As julle eet, moet julle aangetrek wees om enige oomblik op reis te gaan en julle moet vinnig eet. Elkeen moet sy lyfband om die middel hê en julle moet ook julle sandale aanhê en 'n kierie in die hand. Hierdie ete sal genoem word die Paasfees ("Oorslaan-fees" ) van die Here want dit is bedoel om My te vereer.

12"Vannag nog sal Ek dwarsdeur Egipte trek en Ek sal in elke gesin die oudste seun laat sterf en ook die eerste aanteel van die vee. Ek sal die gode van Egipte oordeel en hulle straf, want Ek is die Here. 13Die bloed teen die deur sal 'n teken wees waaraan Ek julle huise sal uitken. Waar Ek die bloed sien, sal Ek by die huis verbygaan, en Ek sal julle nie tref met die vernietigende ramp wat Ek oor Egipte laat kom nie.


14"Julle moet elke jaar op hierdie dag 'n fees hou om vir My, die Here te vereer, sodat julle kan onthou wat Ek gedoen het. Dit moet vir julle 'n vaste reël bly in die toekoms vir elke geslag. 15Sewe dae lank moet julle brood eet wat sonder suurdeeg gebak is. Op die eerste van hierdie sewe dae moet julle al die suurdeeg wat in julle huise is, weggooi. As een van julle in die loop van daardie sewe dae iets sou eet met suurdeeg daarin, moet so iemand nie meer as Israeliet gereken word nie. 16Op die eerste dag moet julle bymekaarkom om te herdenk hoe Ek julle uit Egipte uitgebring het en op die sewende dag moet julle weer bymekaarkom. Op daardie twee dae mag julle glad nie werk nie, behalwe om die kos voor te berei wat daardie dag geëet word. 17Julle moet van nou af elke jaar hierdie fees van die suurdeeglose brood hou, want dit is die dag waarop Ek julle volk uit Egipte uitgebring het. Dit moet 'n vaste reël bly van die een geslag na die ander.


 

Dit was die instelling of dan wet wat God vir Moses gegee het en alle Israeliete moes dit elke jaar nakom.

Die wet egter was ons tugmeester na Christus toe.


 

Galasiërs
3 vanaf vers 23:

23Maar voordat Christus gekom het, was ons almal in die tronk opgesluit, met die wet as die tronkbewaarder. So het ons gesit en wag dat die tyd moes aanbreek dat ons verlos kan word deur op Christus te vertrou. 24'n Mens kan sê die wet het oor ons toesig gehou en ons na Christus toe geneem sodat ons op Hom kon vertrou en ons skuld by God weggeneem kon word. 25Maar noudat Christus gekom het en ons op Hom kan vertrou, het ons nie meer die wet se toesig nodig nie.

Ons is nou God se kinders

26Julle is nou almal kinders van God omdat julle op Christus Jesus vertrou. 27'n Mens wat gedoop is, is met Jesus Christus verbind en het die geaardheid van Christus aangeneem net soos wat 'n mens nuwe klere aantrek.


28Dan maak dit nie meer saak of ons Jood of nie-Jood, slaaf of vryman, man of vrou is nie. Omdat julle aan Jesus Christus behoort, vorm julle saam 'n nuwe eenheid. 29As julle aan Christus behoort, dan is julle die werklike nageslag van Abraham, en is die dinge wat God beloof het dan ook vir julle bedoel.

Jesus het geweet dat Hy vir ons geslag gaan word, daarom het Hy die nagmaal ingestel.


 

Matteus 26 vanaf vers 26:

26Terwyl hulle aan tafel was, het Jesus die brood geneem en God daarvoor dankie gesê. Toe breek Hy die brood en gee dit vir sy dissipels en sê: "Neem hierdie brood en eet dit. Dit is my liggaam."

27Jesus het ook 'n beker wyn geneem en nadat Hy God daarvoor dankie gesê het, gee Hy dit vir hulle aan en sê: "Julle moet almal hiervan drink, 28want dit is my bloed waardeur God bevestig dat Hy 'n nuwe verbond met julle maak. My bloed sal vloei sodat God baie mense se sonde sal kan vergewe. 29Hoor nou wat Ek vir julle sê: van nou af sal Ek nie weer van hierdie wyn drink nie tot die dag wat Ek saam met julle nuwe wyn sal drink in die nuwe ryk van my Vader."


 

Ons Paaslam is eenmaal vir altyd vir ons geslag.


 

1 Korintiërs
5 vanaf vers 7:

7Julle moet die sondige invloed van julle af wegvat soos die suurdeeg altyd by die Paasfees weggegooi is. Julle moet wees soos nuwe deeg, want julle is reeds rein gemaak. Soos daar vroeër by die Paasfees altyd 'n lam geslag is, is Christus ook doodgemaak vir ons sonde. 8Ons moet dan ook nou die ou suurdeeg—die sonde en die onsedelikheid—weggooi. Laat ons feesvier met die brood van reinheid en waarheid waarin daar nie suurdeeg is nie.


 


 


 

Ons Here het vir Paulus opdrag gegee om ons mooi te leer oor die nagmaal en dit is 'n baie goeie gewoonte om baie gereeld daardie gedeelte in

1 Korintiërs 11
te lees aangesien die heilige nagmaal 'n baie heilig instelling is, wat onder geen omstandighede ligtelik moet opgeneem word nie.


 

1 Korintiërs
11 vanaf vers 23:

23Wat ek julle oor die Maaltyd van die Here gesê het, is wat Hy self vir my geleer het: dieselfde nag wat Jesus aan sy vyande oorgegee is, het Hy aan tafel van die brood geneem 24en vir God daarvoor dankie gesê. Toe breek Hy dit in stukke en gee dit vir hulle en sê: "Vat hierdie brood en eet dit. Dit is my liggaam wat ter wille van julle gebreek word. Julle moet dit eet en onthou wat Ek vir julle gedoen het." 25Toe hulle die brood geëet het, het Jesus ook die beker met wyn geneem en gesê: "Hierdie wyn is die teken van die nuwe verbond wat God met julle maak omdat my bloed vir julle gevloei het. Drink hierdie wyn, en elke keer as julle dit doen, moet julle onthou wat Ek vir julle gedoen het." 26Julle moet hierdie brood eet en uit hierdie beker drink totdat die Here weer kom. Elke keer as julle dit doen, wys julle vir almal dat Hy gesterf het om vir julle sondes te betaal.


27As 'n mens dan op 'n onverskillige manier van die brood eet en uit die beker drink, doen hy sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. 28Daarom moet 'n mens eers goed nagaan hoe sy lewe is voordat hy die brood eet en uit die beker drink. 29Want 'n mens wat nie verstaan wat dit beteken dat die Here sy liggaam en sy bloed vir ons gegee het nie, eet die brood en wyn op 'n onverskillige manier en hy bring die straf van God oor homself. 30Dit is daarom dat baie van julle swak en sieklik is en party dood is. 31As ons goed nagedink het oor ons lewe voordat ons by die Maaltyd van die Here aansit, sou God ons nie gestraf het nie. 32Maar die Here oordeel en straf ons sodat ons nie saam met die ongelowige mense in die ewige straf kom nie. 33Broers, as julle dan bymekaarkom om die Here se Maaltyd saam te eet, moet julle vir mekaar wag. 34As iemand honger is, moet hy vooraf by sy huis eet, sodat God julle nie straf as julle bymekaarkom nie....


 

Mag dit vir jou 'n heerlike dag wees.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie