DIT IS SO LEKKER

Handelinge 1 vers 8


 

8 Maar as die Heilige Gees na julle toe gekom het, sal God julle die krag gee om mense van My te vertel in Jerusalem en in die hele gebied van Judea en Samaria

en tot in die verste lande van die wêreld."


 

Iemand stuur vir my die versie en toe dink ek weer hoe lekker dit is om 'n kind van God te wees.


 

Dit is so lekker, jy wil oor Hom praat, jy wil oor Hom getuig. Dit is so lekker jy wil eintlik Sy slaaf wees.


 

1 Korintiërs 7 vanaf vers 22:


 

22 'n Slaaf wat deur die Here tot bekering geroep is, is nou 'n vry man wat aan die Here behoort. Net so het 'n vry man wat deur die Here tot bekering geroep

is eintlik 'n slaaf van Christus geword. 23 God het duur vir julle betaal. Moet dan nie 'n slaaf van mense word om mense tevrede te probeer stel nie.


 

Jesus verwag van ons dat ons Sy getuie sal wees.


 

Matteus 10 vanaf vers 32:


 

32"As iemand openlik voor die mense erken dat hy aan My behoort, sal Ek ook openlik voor my Vader wat in die hemel is, sê dat hy aan My behoort. 33. Maar as iemand voor die mense sê dat hy My nie ken nie, sal Ek ook voor my Vader in die hemel sê Ek ken hom nie.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.