Ek Wil Iets Met Jou Deel Wat Ek Dink Briljant Is

Ek wil iets met jou deel wat ek dink briljant was.

Daar is 'n prediker wat op Christelike kanaal preek, op die selfde manier as Billy Graham. Ek dink hy is 'n baie geseënde prediker. Sy naam is, Joel Osteen.

Hy gebruik altyd baie treffende voorbeelde in sy preke en ek wil nou die dag se voorbeeld met jou deel.

Hy vertel die volgende:

'n Koning van 'n Arabiese koninkryk vra vir Arnold Palmer om na sy land toe te kom en saam met hom 'n potjie gholf te speel, aangesien hy 'n groot bewonderaar van Arnold is.

Arnold Palmer sê toe ja, hy sal dit baie graag doen.

Die koning stuur toe sy koninklike vliegtuig na Amerika om Arnold te haal en die twee het toe lekker saam gespeel.

Die koning het baie van Arnold gehou en toe hulle mekaar groet voordat Arnold weer terug sou vertrek na Amerika, sê die koning dat hy dit baie geniet het om saam met sy groot held gholf te speel en hy wil graag vir Arnold 'n geskenk gee en wat kan hy vir hom gee.

Arnold sê toe vir die koning dat hy regtig niks wil hê nie, omdat dit alreeds vir hom 'n groot eer was dat die koning soveel van hom gedink het om hom te vra om saam met die koning gholf te speel.

Die koning het egter aangedring dat Arnold iets moes noem wat hy hom kon gee as 'n geskenk.

Arnold sê toe vir die koning:

"I tell you what, give me a golf club."

Hulle groet toe en Arnold is weer terug na Amerika in die koning se Vliegtuig.

Hy vertel dat hy toe baie gereeld na die posbus toe gegaan het om te kyk wanneer sy [golf club] al gekom het en hy het ook gewonder hoe die [golf club] gaan lyk. Miskien, het hy gedink, sal dit 'n goue [golf club] wees, met sy naam daarop uit gegraveer. Want as 'n koning 'n geskenk gee, doen hulle dit behoorlik.

Hy was dus 'n bietjie verbaas toe daar na 'n paar weke 'n geregistreerde

brief van die koning by hom aankom.

Een ding was seker dit kon nie 'n goue [golf club] wees nie.

Toe hy die brief oopmaak en lees, sien hy dat dit 'n

[title deed] of dan eiendomsbewys vir 'n pragtige gholfklub in Amerika, uitgemaak in die naam van Arnold Palmer.

Toe Joel Osteen die storie klaar vertel het,sê hy die volgende:

Dat Arnold moes besef het, dat 'n koning dink nie soos 'n

gewone mens nie en dit is maar net 'n menslike koning.

Ons dien nie sommer 'n menslike koning nie. Ons dien die Koning wat die heelal in die palm van Sy hand hou. So as ons vir Hom iets vra, moet ons nie iets so doodgewoon soos 'n goue gholfstok, of dan dat God byvoorbeeld ons moet help om die skuld gou af te betaal nie. Nee ons moet sommer vra vir die gholfklub. Of dan dat God die skuld als moet wegneem.

Ons moet nie vra vir 'n goue gholfstok, of dan dat God die siekte pyn moet verlig nie. Nee ons moet vra vir die gholfklub. Of dan dat God die siekte moet genees.

Ek is seker ek het die idée reg aan jou oorgebring maar hy het dit meesterlik gedoen.

As jy na hierdie dinamiese man van God wil luister. Kyk dan Sondae middae na TBN. vyf uur op kanaal 341.

Mag dit vir jou 'n baie geseënde dag wees.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.