HULLE WAS MAAR NET 11

"Never believe that a few caring people can't change the world. For, indeed, that's all who ever have." - Margaret Mead


 

Hulle was maar net 11, later wat my aan betref het die grootste een van almal bygekom, naamlik Paulus.

Die rede hoekom hulle dit kon regkry? Hulle was almal vol van die Heilige Gees.

As iemand my vra, sê ek graag:

"Nooit voor hulle in die mens se geskiedenis en nooit weer na hulle in die mens se geskiedenis, het so min mense so veel verandering teweeg gebring met so min menslike hulpbronne tot hul beskikking, oor so 'n groot gedeelte van die aarde, soos hulle nie.

Hulle kon dit doen want hulle leier was Jesus die gekruisigde, Jesus die een wat uit die dood op gestaan het en sodoende die dood vir hulle en ons oorwin het. Jesus wat ook my en jou Verlosser en Koning is. Sodat net soos hulle kan ek en jy met die selfde groot sekerheid dit uit jubel:


 

Filippense 4 vers 13:

13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.


 

Mag dit vir jou 'n heerlike dag wees.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.