‘N HEERLIKE GEVOEL

Ek is vreeslik lief vir krieket.

In Desember 2003, toer Wes-Indië in Suid-Afrika.

Op die tweede dag van die eerste toets, gedurende middagete het Fanie De Villiers 'n onderhoud gevoer met mnr. Mohammed, een van die kommentators van Wes-Indië.

Hulle praat toe oor hoe dat Wes-Indië se krieket agteruit gegaan het.

Een van die twee here maak toe die stelling, ek dink dit was Fanie, dat daar tog helde is na wie die jong spelers kan opkyk, soos byvoorbeeld, Brian Lara. Waarop die ander gereageer deur te sê:

"One man cannot change a whole society."

Die oomblik toe hy dit sê, kom daar so 'n heerlike gevoel in my hart op. Want ek ken iemand wat nie net 'n "whole society" verander het nie maar die hele wêreld verander het en wat meer is, ek behoort aan Hom.

Hoe kon Hy dit reg kry om die wêreld te verander? Want Hy is:


 

Matteus 1 vanaf vers 22:

22Dit het alles nou gebeur sodat die woorde kan uitkom wat die Here deur sy profeet gesê het. Die profeet het gesê: 23"Luister, daar is 'n maagd wat swanger sal word! Sy sal 'n seun hê, en hy sal Emmanuel genoem word." As dit vertaal word, beteken die naam Emmanuel "God is nou by ons" .


 

Hoe wonderlik en geseënd is almal wat Jesus se uitnodiging hoor en daarop reageer.


 

Matteus 11 vanaf vers 28:

28"Kom na My toe, dan sal Ek julle rus gee, julle almal wat moeg is en swaarkry onder die laste wat julle dra. 29Dra dan my juk en leer by My, want Ek is nederig en saggeaard. By My sal julle rus kry. 30Want die juk wat Ek julle gee om te dra, is sag en die las wat Ek op julle lê, is nie swaar nie."

Mag dit vir jou 'n heerlike dag wees.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.