DIE 666

Iemand het my genader en my, my opinie gevra oor hierdie saak.

Nou moet ek eers vir jou vertel hoe dit gekom het dat ek tot hierdie sienswyse gekom het.

Jare gelede het my kinders na 'n jeugdiens gegaan en toe hulle die aand by die huis kom, was my jongste dogter taamlik ontsteld.

Sy kom toe na my toe en sê dat sy met my wil praat oor iets wat verkeerd is in ons lewens,sy was omtrent 11 jaar oud.

Sy vertel toe vir my dat hulle by die jeugdiens gehoor het, dat ons bankkaarte sonde is en dat die kos wat ons koop met die kodes ook verkeerd is, want dit is die begin van die merk van die dier.

Ek het toe nie lekker gevoel oor die feit dat my dogter by 'n jeugdiens deur wat ek gedink het sommer kaf is, ontstel moes word nie.

Ek het toe die saak oordink en met dit wat ek glo ons Here my pad langs gestuur het, na die jeug pastoor gegaan en dit aan hom gestel.

Daar het tot vandag toe nog niks gebeur, wat my, kon oortuig dat ek dalk verkeerd na ons Here geluister het nie.

Hier volg nou in kort soos ek dit sien.

Lees net gou die volgende.


 

OPG 13:15 En dit is hom gegee om 'n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.

OPG 13:16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vry mense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;

OPG 13:17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

OPG 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.


 

Ons almal weet dat die Bybel en met ander woorde ook die boek Openbaring vir alle

Christene geskryf is maar aan wie was die boek Openbaring in die eerste plek geskryf,

of dan heel eerste gestuur?


 

OPG 1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

OPG 1:4 Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,

OPG 1:5 en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed

OPG 1:6 en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.


 

OPG 1:11 Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in 'n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.


 

Jy sien, Openbaring is vir my en vir jou en vir die sewe gemeentes in Asië.

God sal nie vir my sê dat ek iets kan of mag doen wat vir my heeltemal onmoontlik is

nie En Hy sou dit ook nie aan die sewe gemeentes in Asië gedoen het nie.

God sê:


 

OPG 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.


 

God sê dat dit vir die mense van vandag moontlik is om die naam van die dier te

bepaal maar die brief is heel eerste aan die sewe gemeentes in Asië geskryf, so hulle

kon dit ook doen en onthou in hulle tyd was daar nie televisie nie. Daar was ook nie

kos met kodis op nie en daar was ook nie "chips" wat kinders van God tot hulle

voordeel kan gebruik nie, sonder om hulle geloof aan te tas nie.

Ja, ek kan nog onthou, toe die eerste televisie uitgekom het, toe was dit die "666" en daarna was dit 'n hele paar ander dinge, ook destyds my arme krediet kaart wat my so gehelp het, met my onkoste toe ek deur die land getrek het en vir die Here gewerk het. Alhoewel Jesus self sê:


 

Luk 11:17 Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en 'n huis wat teen homself is, val.

Luk 11:18 En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan?…


 

Toe dit destyds die kodes op die kosblikkie ens. gewees het, het ek vir die mense

gesê, dat ek nêrens in God se woord lees dat die kinders van God die merk van die

dier sal kan geniet en nog steeds kinders van God wees nie.

Ons sien partykeer nie, of ek moet eintlik sê, dat baie van ons die meeste van die tyd

nie sien hoe slim en slinks die satan is nie.

Jy sien as hy jou kan laat vrees vir koue pampoen, want hy weet dat vrees hou jou

besig met net dit wat jy vrees dan sien jy nie die werklike kwaad wanneer dit kom nie.

Soos 'n bokser mik, mik hy met die linker en as jy die linker dophou, slaan hy jou met

die regter.

Ek verduidelik my sienswyse oor die "666" so, as iemand my, my opinie vra.

Ek is lief vir my seun.

As ek en my seun nou in 'n wildreservaat loop, dan sal ek vir hom sê.

As ons 'n leeu sien moet jy maak vir die naaste boom.

Nou loop ons en ons kom om 'n bos en hy sien 'n bok.

Nou vra hy my of dit 'n leeu is en of hy moet maak vir die naaste boom.

Ek sê dan vir hom dat dit net 'n bok is en hy hoof nie bang te wees nie.

Die selfde gebeur toe ons ' n haas sien en toe ons later 'n meerkat sien.

Nog later kom ons weer om 'n bos en daar vêr voor ons, sien ons 'n leeu.

My seun vra my toe wat dit is en ek antwoord, nou maak jy vir die naaste boom want

dit is 'n leeu.

Nou net so glo ek sal dit met my gaan as dit by die dier met die "666" kom.

Ek moet nie verskrik raak oor elke nuwe iets wat uitgevind word nie.

Ek is God se kind en daar is nie 'n manier dat ek nie verseker sal weet wat die merk

van die dier is wanneer dit sy verskyning vir my maak nie. In die tussentyd gaan ek

nie my aandag deur die satan laat aftrek van die twee hoofredes waarom ek op hierdie

aarde is nie, naamlik om God te verheerlik en om siele vir Hom te wen nie.

Ek hou my oë op my Here en Hy sal my baie duidelik waarsku teen enige iets wat ek

teen gewaarsku moet word.

Daar het blykbaar nou weer 'n nuwe "666" sy verskyning gemaak en dit is een of

ander "chip" wat blykbaar net in jou hand of kop ingeplant kan word. Die ryk mense

gebruik dit blykbaar om in hulself en hul geliefdes te laat inplant vir ingeval hulle

dalk ontvoer word.

My gidshond het ook 'n soortgelyke "chip" in hom, vir ingeval hy gesteel of dalk

wegraak, want nie alleen is hy baie duur nie maar hy het ook 'n ander groot waarde.

Indien hy gesteel word, of wegraak, moet ek weer aansoek doen vir een en wag tot

daar een beskikbaar is en dan moet ek vir drie weke gaan vir opleiding met hom. So

dit is vir my baie gerusstellend dat hy die "chip" in hom het en nêrens in God se

woord lees ek dat die merk van die dier ook op diere en meer spesifiek op my arme

gidshond van toepassing gaan wees nie.

So, persoonlik gaan ek my ook nie aan die nuwe "chip" bangmaak storie steur nie,

want ek is 'n kind van God en die "chip" werk baie goed vir my:


 

Luk 11:18 En as die Satan ook teen homself verdeeld is, hoe sal sy koninkryk bly staan?…


 

Geniet jou dag en die blikkie kos met die kode op, wat jy met jou kredietkaart as kind

van God gekoop het.

Onthou kind van God. Jy het die Gees van God in jou en Jesus sê van Sy Gees in jou:


 

JHN 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.


 

As jy dalk van iemand weet wat nog nie die Heilige Gees in sy of haar lewe het nie en

hulle wil graag die Heilige Gees ontvang wys hulle op, byvoorbeeld die volgende

twee gedeeltes in God se woord:


 

Dit is Jesus wat hier praat:

Luk 11:13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?


 

Dit is Jesus wat hier praat:

Mrk 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

Mrk 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Mrk 16:17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,…


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te

bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en

majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 


Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.