DIE LASTERLIKE MISBRUIK VAN JESUS SE NAAM

Hierdie dagstukkie, is deur die genade van ons Here ook in engels op aanvraag beskikbaar.

Iemand het vir my 'n e-pos gestuur waarin die persoon verduidelik dat alhoewel sy by haar werk met mense gepraat het oor die lasterlike gebruik en misbruik van Jesus se naam, hulle hulself nie daaraan steur nie en selfs kwaad word vir haar as sy met hulle daaroor praat.

Ek het toe vir haar die volgende uiteensetting gestuur van hoe ek die hele aangeleentheid sien.

Die eerste onbetwisbare feit is dat buiten die naam van Jesus, daar geen ander naam is waardeur ons gered kan word nie.


 

Han4:11-6 Dit is van Hom wat die Skrif sê: 'Hy is die klip wat u, die bouers, nie wou gebruik nie, maar dit is juis Hy wat die belangrikste klip in die hele gebou geword het.'


12"Buiten Hom is daar niemand anders wat 'n mens kan red nie. En behalwe Jesus se naam het God geen ander naam op aarde gegee waardeur mense gered kan word nie."


 

So boos soos satan is, net so slinks is hy ook en hy weet, dat as jy Jesus se naam as 'n vloekwoord gebruik, kan jy tog nie in daardie selfde Naam na God gaan nie.

Hy weet, dat wat jy dan eintlik doen, is om vir God te sê:

"Die enigste Naam wat U vir my gegee het, wat ek moet gebruik as ek U wil nader, alhoewel ek hierdie Naam gewoonlik as 'n vloekwoord gebruik, omdat die Naam dan nie eintlik vir my iets beteken nie, wel ek kom nou in daardie Naam vir U iets vra."

So, kan jy nou die geweldige implikasies sien wat hier uitspruit.

Die persoon wat Jesus se Naam as 'n vloekwoord gebruik, het geen kommunikasie met God nie en wat meer is, tensy die persoon nie verander nie, verdoem so 'n persoon hom of haarself tot die ewige hel, want jy sien, die Draer van hierdie Naam sê.


 

Jhn14:6 Jesus sê: "Ek is die pad na die Vader toe. Ek is die waarheid. Ek is die lewe. Dit is net deur My alleen dat iemand na die Vader toe kan gaan.


 

Ons Geloof is die enigste geloof in die wêreld, waar die Verlosser en Saligmaker se Naam as 'n vloekwoord gebruik word en die rede daarvoor is voor die hand liggend en dit is omdat dit die enigste Naam is, wat jou in 'n liefdesverhouding met God kan bring. Die Draer van hierdie Naam se bloed is ook die enigste wat jou kan reinig van al jou sonde.


 

1Jhn1:7 Maar as ons in die lig lewe—soos God ook in die lig lewe—dan staan ons ook in die regte verhouding met mekaar en dan reinig die bloed van sy Seun, Jesus Christus, ons van al ons sonde.


 


 

Geen ander naam is 'n bedreiging vir satan nie en daarom steur hy hom ook nie aan enige ander naam in enige ander godsdiens nie.

Oor die feit dat jy met die mense oor hierdie saak praat en hulle nie wil luister nie maar selfs aanstoot neem, net die volgende.

God weet van al die kere wat jy met die mense gepraat het oor die verkeerde gebruik van Sy Naam en as hulle dan daarmee aanhou en selfs onaangenaam raak as jy met hulle daaroor praat, kom daar na my mening 'n tyd, so leer ek dit uit God se Woord dat jy mag sê:

"Genoeg is genoeg."


 

Mat10:12-16 As julle by 'n huis kom, groet die huismense en wens hulle vrede toe. 13As hulle gewillig is om julle te ontvang, sal hulle die vrede ondervind. Maar as hulle julle nie wil ontvang nie, sal die vrede wat julle hulle toegewens het, vir hulle niks beteken nie. 14As die mense julle by 'n huis of 'n dorp nie wil ontvang of wil luister wat julle sê nie, gaan daarvandaan weg en vee selfs die stof wat onder julle voete is af. Dit sal 'n aanklag teen hulle wees. 15Hoor nou wat Ek vir julle sê: dit sal met die goddelose stede Sodom en Gomorra beter gaan op die dag wanneer God oordeel as wat dit met daardie dorp sal gaan.


16"Ek stuur julle nou soos skape wat tussen wolwe ingestuur word. Daarom moet julle so versigtig wees soos slange en so sag soos duiwe.


 

Hier is 'n voorbeeld, waar God se kinders dit in die praktyk uitgelewe het.


 

Hand13:50-51 Maar die Jode het van die belangrike vroue wat vantevore die Joodse geloof aangeneem het en ook van die stad se leiers opgesteek en die mense georganiseer om Paulus en Barnabas te vervolg. 51Hulle twee het toe die stof van hulle voete afgeskud om die mense te waarsku en hulle is daar weg na Ikonium toe.


 

Hulle het op 'n punt gekom waar hulle gesê het:

"Genoeg is genoeg."

So, moet nie dat satan by die verskriklike wat jy nou nog gedurig moet hoor, nog toelaat dat hy jou vrede ook aantas nie.

Ten slotte nog net dit.

Al hoe meer Christene met wie ek te doen kry, laat my op een of ander manier verstaan dat dit vir hulle lyk of God nie meer na hulle luister nie maar daar is ook al hoe meer Christene wat die geneigdheid het om Jesus se naam soos die wêreld te gebruik. Om dit te doen is na my mening om die naam van Jesus te minag en as God na die wêreldling nie gaan luister nie, met respek gesê, druk God Sy ore toe en na my mening, draai Hy Sy rug op die gene wat beter behoort te weet en ook nie net dit nie.


 

Heb10:28-29 Iemand wat die wet van Moses opsetlik gebreek het, is sonder genade doodgemaak as daar twee of drie getuies was wat kon bevestig dat hy skuldig is. 29Daar is mense wat die Seun van God verag en die bloed van Jesus wat hulle gereinig het volgens God se nuwe verbond, as nikswerd beskou en die Gees wat vir ons God se genade gee, skandelik behandel. Hoe dink julle, wat sal met so iemand gebeur? Sal sy straf nie baie swaarder wees nie?


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.