Iemand stuur nou die anderdag vir my 'n e-mail waar die volgende woorde in voorkom:
"If you talk the talk, you must also walk the walk."
Dit was vir my so treffend, omdat ek hierdie gesegde saam met een waarmee ek hierdie e-mail wat ek vir jou stuur afsluit al my eie gemaak het, dat my gedagtes sommer op 'n galop weggespring het en ek wil nou met jou deel wat ons Here vir my gegee het
Daar was die geval waar Jesus se dissipels op die see deur 'n storm oorval was en toe dinge regtig sleg begin lyk het, sien hulle Jesus op die see.
Mat 14:25
Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.
Mat 14:26
En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is 'n spook! En hulle het geskreeu van vrees.
Mat 14:27
Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.
Mat 14:28
En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.
Mat 14:29
En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.
Mat 14:30
Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!
Mat 14:31
En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?
Mat 14:32
Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.
Die Woord van God sê:
Mat 14:25
Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.
Die woordeboek verklaar wandel as volg:
"Stap, rustig loop."
Jy sien wat vir my so wonderlik heerlik is van ons Jesus.
Daar is in hierdie ganse skepping nie 'n storm wat ons Jesus van stryk kan bring nie.
Deur die reën en winde stap Hy op 'n onstuimige see om Sy dissipels te red, want dit
was wat Hy wou doen omdat Hy vir hulle lief was en daar was net eenvoudig niks wat
Hom sou kon keer nie.
Net so het Hy ook met 'n kruis op Sy skouers Golgota toe gestap omdat Hy vir ons
lief is en geen mag,woede, haat, vernedering, veragting of pyn kon Hom keer nie.
Hy wou Golgota toe stap om jou en my te red En dit was presies wat Hy gedoen het.
In ons gelese gedeelte is daar ook 'n ander persoon wat gestap het.
Mat 14:28 En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.
Ewe voor op die wa sê hy vir Jesus, om vir hom ook op die water te laat loop.
Hier het ons na my mening die klassieke geval van iemand wat, "the talk" kon "talk"
maar nie the "walk" kon "walk" nie."
Voor hom staan Jesus op die water.
Dieselfde Jesus wat hy al baie gesien wonders doen het en Jesus sê vir hom om te
kom
Om 'n ou Afrikaanse gesegde te gebruik, op die oog af was dit so maklik soos:
"Val uit 'n boom."
Toe kyk hy na die wind en die golwe en amper val hy tot op die bodem van die see.
Toe Petrus in die boot sit en hier op die water staan Jesus voor hom, toe kon hy vinnig
sê as die Here wil sal hy dit doen maar toe hy op die water staan en die wind sien, toe
is dit 'n heel ander storie.
Mat 14:30
Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!
So gaan dit ook maar baiekeer met ons.
Ek sit in die kerk, of ek is tussen ander Christene en deur dit wat ek by hulle sien en
belewe sien ek Jesus en dit is veilig in die bootjie en dit is maklik om te sê dat ek 'n
belydende Christin is.
Dan is dit maklik om te sê:
"I'll talk the talk and I'll walk the walk.
Dan in die week daar by die werk of tussen die mense van die wêreld, wanneer hulle
my te na kom, of wanneer hulle Jesus se naam as 'n vloekwoord gebruik, dan is ek net
so nat soos die mense in die boot of soos Petrus, selfs nog natter van die sonde.
Nou wil ek jou ook die wonderlike liefde van ons Verlosser Jesus wys.
Mat 14:31 En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?
Jesus het volgens God se Woord onmiddellik gereageer, want daar staan:
Mat 14:31
En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp ...
Jy sien ek hoof nie bang te wees:
"To talk the talk and to walk the walk" nie. Jesus is by my om my hand te gryp as ek
wil sink en Hy sal dadelik reageer.
Jy sien die rede hoekom dit my so aangegryp het, is omdat dit vir my lyk of die
wêreld
ons nie meer baie ernstig opneem nie. Omdat die meeste van ons geestelik verlam
geword het.
Ons kan "talk the talk" maar ons geestelike bene is verlam, sodat ons nie meer die
voorbeeld kan stel nie.
Die meeste van ons, so lyk dit vir my, is geestelik te lam "to walk the walk."
Tog, die beste getuie wat ek vir Jesus kan wees, is deur my lewe wat ek lewe.
So kom ek en jy verander die gesegde wat sê:
If you talk the talk, you must also walk the walk" na:
I will talk the talk, while I walk the walk."
Onthou dan om als wat jy sê en waar jy ook die voorbeeld stel, dit met liefde te doen.
EFE 4:1
Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,
EFE 4:2
met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra
EFE 4:3
en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.
KOL 3:23
En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,
KOL 3:24
omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang,…
"Lets live it, because we believe it."
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.