“AL IS MY GELOOF SO KLEIN DAT DIT EIENTLIK ONGELOOF IS..”


 


 

Ek was besig om in Markus te lees, toe ons Here die volgende gedagte vir my gewys

het.

Hier volg die gedeelte.


 

MRK9:14
En toe Hy by die dissipels kom, sien Hy 'n groot menigte om hulle, en skrifgeleerdes wat met hulle redetwis.

Mrk 9:15
En dadelik toe die hele skare Hom sien, was hulle baie verbaas en het na Hom gehardloop en Hom gegroet.

Mrk 9:16
Daarop vra Hy die skrifgeleerdes: Waarom redetwis julle met hulle?

Mrk 9:17
En een uit die skare antwoord en sê: Meester, ek het my seun wat 'n stomme gees het, na U gebring;

Mrk 9:18
en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom; en hy kry skuim in die mond, en hy kners met sy tande en word styf; en ek het u dissipels gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie.

Mrk 9:19
Toe antwoord Hy hom en sê: o Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe.

Mrk 9:20
En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.

Mrk 9:21
Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En hy sê: Van sy kindsdae af;

Mrk 9:22
en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.

Mrk 9:23
En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.

Mrk 9:24
En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!

Mrk 9:25
En toe Jesus sien dat 'n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.

Mrk 9:26
En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos 'n dooie geword, sodat baie gesê het: Hy is dood.

Mrk 9:27
Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan.


 

Die eerste ding wat ek hier gesien het, is dit.

Is die nie wonderlik om een van Jesus se Dissipels te wees nie.

Vir Sy kinders is Jesus na my mening bevoordeelde beskermend.


 

Mrk 9:15
En dadelik toe die hele skare Hom sien, was hulle baie verbaas en het na Hom gehardloop en Hom gegroet.

Mrk 9:16
Daarop vra Hy die skrifgeleerdes: Waarom redetwis julle met hulle?


 

Die skare maak 'n groot ophef van Hom en groet en ek glo probeer met Hom

te gesels. Maar Sy aandag is daar by Sy dissipels waar hulle aangeval word.


 


 

Mrk 9:16
Daarop vra Hy die skrifgeleerdes: Waarom redetwis julle met hulle?


 

Vervolgens, kyk nou na die magsvertoon van satan.


 

Mrk 9:20
En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.


 

Maar satan het Jesus nie beïndruk nie. Om die waarheid te sê Jesus het Hom nie

eens aan satan se magsvertoon gesteur nie. Sy aandag was by die een wat na Hom

om hulp geroep het.


 

Mrk 9:21
Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het?


 

Dan sê die man vir Jesus:


 

Mrk 9:22…

Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.


 

Volgens my beskeie mening, is dit nie 'n stelling van geloof nie maar een van hoop en

eintlik sonder dat hy dit besef, 'n om dit lig uit te druk, 'n aantasting van Jesus se

gesag, want Jesus kan enige iets doen.

Jesus vererg Hom egter nie vir die man soos ek en jy dalk sou gedoen het nie. Nee,

kan jy ook die deernis in Sy stem hoor as hy vol begrip vir die man sê:


 

Mrk 9:23
En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.


 

Die man sê toe vir Jesus dat hy glo maar en ek glo Jesus het dit in sy hart laat opkom,

toe kom die man agter dat hy nou so 'n bietjie deurmekaar praat en dat hy hoop met

geloof verwar en daarom verander hy, jy kan maar sê in dieselfde asem sy, wat hy

gedink het geloof is, na ongeloof.


 

Mrk 9:24
En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!


 

Ten slotte.

Toe ek die gedeelte klaar gelees het, was die oorkoepelende gedagte wat my by gebly

het.

Dat, midde in die aanval van die skrifgeleerdes op Sy dissipels.

Ten spyte van die magsvertoon van satan.

Ten spyte van die man wat hoop met geloof verwar en in die proses in sy onkunde

nog beledigend ook is.

Ja, ten spyte van hierdie hele deurmekaarspul, is Jesus van begin tot einde alleen ten

volle in beheer en dit is 'n
Goddelike in beheer.

Dit is 'n Goddelike liefde, in beheer.

Dit is 'n Goddelike deernis, in beheer.

Met daardie selfde Goddelike liefde en met daardie selfde Goddelike deernis, kyk

Jesus vandag na my en na jou en weet jy wat vir my so wonderlik is?

Al is my geloof so klein, dat dit eintlik ongeloof is, hoof ek net eerlik dit vir Hom te

sê en soos ook met die man wat ons hier van gelees het, sal Hy my ongeloof te hulp

kom.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

THERE’S ONLY ONE WAY TO PORTRAY JESUS


 

Ek het eendag met 'n persoon vir wie ek groot respek gehad het oor 'n sekere saak gepraat,

eintlik het ek hom tereg gewys. Ek het vir hom gesê dat Jesus sou nie gedoen het wat hy sê

dat ons mag doen nie. Toe gee hy my hierdie antwoord.

"Ek is nie Jesus nie."

Dit is natuurlik waar maar ek moet nie Jesus wees nie. Nee, ek moet dat Jesus, Homself deur

my aan die mense toon.

Lees net hier hoe mooi verduidelik hierdie man dit.


 


 

My friend, Lance, has played a lot of parts on stage. He's got a lot of acting ability, and

naturally he was interested when he heard that his church was going to do an outreach drama.

They rented a public auditorium and they developed this powerful original presentation of the

Life of Christ. And then Lance was stunned by the casting choice they made. They wanted to cast

him as Jesus. Well, Lance had been in enough productions to know that you have to try to get into

the person you're playing. You have to stay in that character all day long, if possible. And Lance

said he really tried. And then he told me, "I discovered I couldn't play Jesus." Well, neither can you.


 

I'm Ron Hutchcraft and I want to have A Word With You today about "There's Only One Way to

Portray Jesus."


 

Our word for today from the Word of God comes from the pen of the Apostle Paul in Galatians 2:20.

And here's what he says: "I have been crucified with Christ, and I no longer live, but Christ lives in me. The life I live in the body, I live by faith in the Son of God, who loved me

and gave Himself for me."


 

Lance, by the way, did end up playing Christ in that drama, and he said the drama had an incredibly powerful impact on their community. But he explained to me, "I couldn't get into the person of Jesus.

So, I decided that He would have to get into me. I can't be Jesus," he said. "No human being can. Only Jesus can be Jesus. So I concluded I'd have to let Jesus be Jesus through me." I told Lance, "This is the ultimate secret of the Christian life, man. It's that 2:20 principle from Galatians 2:20 - It is not I but Christ."


 

Those four words sum it all up. It's not me living the Christian life, it's Him doing it through me. I cannot live this Jesus life. Only one person ever did. Only one person can today. This is a matter of you surrendering and letting Jesus be Jesus through you. That's why He said, "I am the vine. You are the branch." You're not like this herniated little branch over there on the ground saying, "Oh, I gotta produce fruit, gotta produce fruit, gotta produce fruit!" All the life comes from the vine. It looks like it's coming from the branch, but it's only coming through the branch. We're just Jesus branches.


 

This is the liberating secret of the Christian experience. Jesus through me - not me doing it for Jesus. If you're like most believers, you're working very hard to be like Christ, you're frustrated and

you're tired. You've dedicated, you've rededicated, you've re-rededicated, you're having devotions,

you're praying, you're witnessing, you're going to the right meetings, you're serving, and those are

all good things to do, but you're saying, "Why is this so hard?"


 

Well, you were never meant to play Jesus. What He's asking you to do is give up all that striving and to

let Him take over, to trade that in for abiding in Christ instead of striving for Christ. Maybe you're all worn out from trying to live the Christian life. You've been trying to play Jesus and you're tired.


 

Well, there's good news! You were never meant to. You can resign from trying and say, "Jesus,

I want a total take-over by you. I've been trying to produce your characteristics in my life and I've

failed. Let Jesus play himself through your personality. Make this a daily surrender - an hourly

surrender of your life. "Jesus, you live your life through me." The results will be more powerful than anything you have ever experienced. You will have discovered that there is only one way to portray

Jesus - let Him do it!


 

--------------------------------------------------------------------

Discuss today's "A Word With You," post your comments, or encourage others in our discussion

forum!

http://forums.gospelcom.net/view/rhm/awwy


 

To find out how you can begin a personal relationship with Jesus Christ, please visit YOURS FOR

LIFE: HOW TO HAVE LIFE'S MOST IMPORTANT RELATIONSHIP at:

http://www.yoursforlife.net


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling

te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en

majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

WANT VIR ONS IS NORMAAL DIE VOLGENDE


 

Hierdie bietjie galge humor wat vir my gestuur was het my aan die volgende vers in die Bybel laat

dink


 

Pre 1:14 Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, dit was alles tevergeefs

en 'n gejaag na wind.


 

Normal is getting dressed in clothes that you buy for work, driving through traffic in a car that you are still paying for, in order to get to a job that you need, so you can pay for the clothes, car and the house that you

leave empty all day in order to afford to live in it."


 

Makes you think.....


 

Gelukkig is die mens wat Jesus aangeneem het as sy of haar Verlosser en Saligmaker, want vir ons is normaal die volgende.


 

Dit is Jesus wat hier praat.

JHN 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan

julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.


 

By dit alles, is ons nie sommer hierjy se mense nie.


 

1PET 2:9 Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,


 

Buitendien wat maak die ou aardse goeters nou ook eintlik saak. Op die lang duur gaan dit tog alles agterbly en uiteindelik tot nuut.


 

Pre 1:14
Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, dit was alles tevergeefs en 'n gejaag na wind.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling

te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en

majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

OOR DIE DOOP


 

Iemand het my, my sienswyse oor die doop gevra.

Ek deel hier met jou ook dit wat ek vir die persoon gestuur het.

Voordat ek iets oor die doop sê, net dit.

Ek glo nie iemand sal hel toe gaan as hulle nie gedoop is nie.

Jy sal wel verlore gaan as jy nie Jesus aanneem as jou Verlosser en saligmaker nie.


 

JHN 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

JHN 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

JHN 3:18
Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.


 

Alhoewel dit vir my persoonlik ondenkbaar is dat iemand wat Jesus aanneem as Verlosser en Saligmaker nie sou gedoop wil word nie, glo ek dat die volgende op onder andere sulke mense van toepassing is.

Ek gebruik hier 'n nuwer vertaling.


 

1KOR3:11-15want Jesus Christus is die enigste fondament, en daarom kan niemand 'n ander fondament kom lê nie. 12Tog maak dit saak waarmee 'n mens op hierdie fondament bou. Party bou met goud of silwer of juwele. Ander bou weer met hout of gras of strooi. 13Maar die dag as Christus terugkom sal dit baie duidelik wees hoe elkeen gewerk het. Dit sal met vuur getoets word en die vuur sal wys watse werk dit is. 14As iemand se bouwerk bly staan na die vuur dit getoets het, sal hy 'n beloning kry. 15Maar as iemand se werk verbrand, ly hy dit alles skade, maar hy self sal behoue bly, al is dit soos iemand wat uit 'n brand gered is.


 

Ek wil met hierdie skrywe ook niemand aanval nie. Ek verduidelik net hoe ek die doop verstaan.


 

Hier dan is na die beste van my vermoë,'n verduideliking van die doop soos ek dit verstaan.

Ek wil begin om te sê, dat daar by my geen twyfel is nie, dat iemand wat hom of haar tot die Christelike geloof bekeer het behoort gedoop te word en dat jy net gedoop mag word as jy jou bekeer het van jou sondige lewe en jy kan jou net bekeer as jy glo en verstaan dat die lewe wat jy gelewe het verkeerd was en dat jy 'n omkeer moet maak en dit is iets wat 'n kind nie kan doen nie, om nie eens van 'n baba te praat nie.


 

HAND2:38-39
Petrus antwoord toe: "Elkeen van julle moet hom bekeer en hom laat doop in die naam van Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe en julle die Heilige Gees gee. 39Want God se belofte is vir julle en vir julle kinders en almal wat nog ver is. Dit is bedoel vir almal wat die Here God nog sal roep om na Hom toe te kom."


 

MARK16:15-16
Hy het ook vir hulle gesê: "Julle moet oor die hele wêreld gaan en die Goeie Nuus vertel aan al die mense wat God geskape het. 16As iemand hierdie boodskap glo en gedoop word, sal hy gered word. Maar as iemand dit nie glo nie, sal hy gestraf word.

        

HAND8:34-37
Die amptenaar vra toe vir Fillipus: "Sê my, van wie praat die profeet hier? Is dit van homself of van iemand anders?" 35Filippus begin toe by hierdie deel van die Skrif en vertel hom die Goeie Nuus oor Jesus Christus.


36Langs die pad het hulle by water uitgekom. Die amptenaar sê toe: "Kyk, hier is water. Waarom kan ek nie gedoop word nie?"

37"Jy kan gedoop word," antwoord Fillipus, "as jy met jou hele hart glo" . Toe antwoord hy: "Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is."


 

Let net weer op die volgende wat jy nou net gelees het.


 

HAND8:37
"Jy kan gedoop word," antwoord Fillipus, "as jy met jou hele hart glo."


 

Kyk ook gou wat gebeur, waar daar 'n geval was waar dit moontlik was, dat kinders ook gedoop kon word.


 

HAND8:9-13
Maar in daardie dorp was daar 'n sekere Simon wat al jare lank 'n groot indruk op die mense van Samaria gemaak het met sy toordery. Hy het gesê dat hy besondere krag het. 10Klein en groot in daardie dorp het geluister wat hy sê want hulle het geglo dat daardie Simon 'n god is met die naam "die Groot Krag van God" . 11Dit was omdat hy deur die jare 'n indruk op die mense gemaak het met sy toordery dat hy so 'n houvas op hulle gekry het. 12Maar toe Fillipus vir hulle die Goeie Nuus oor Jesus Christus en oor die nuwe ryk van God vertel het, het hulle geglo, en daar is 'n hele aantal mans en vrouens gedoop. 13Simon het self ook geglo en is gedoop...


 

Let net op na die volgende in dit wat jy nou net gelees het.


 

Klein en groot het in Simon geglo.


 

HAND8:10
Klein en groot
in daardie dorp het geluister wat hy sê want hulle het geglo dat daardie Simon 'n god is met die naam "die Groot Krag van God" .


 

Net die mans en vroue is egter gedoop nadat hulle onder lyding van Fillipus se prediking tot bekering gekom het.


 

HAND8:12
Maar toe Fillipus vir hulle die Goeie Nuus oor Jesus Christus en oor die nuwe ryk van God vertel het, het hulle geglo, en daar is 'n hele aantal mans en vrouens gedoop.


 

Dan glo ek ook dat 'n mens deur onderdompeling gedoop moet word.


 

Let op, dat Jesus na Sy doop, uit die water uit gekom het.


 

MAT3:16
Nadat Jesus gedoop is, het Hy dadelik weer uit die water uitgekom.    


 

Dieselfde het gebeur, nadat Fillipus die amptenaar gedoop het.


 

HAND8:38-39
Die amptenaar laat toe die wa stilhou. Fillipus het hom gedoop. 39Toe hulle weer terugkom uit die water uit, het die Gees van die Here Fillipus daarvandaan weggeneem...


 

Jy sien, die doop is eintlik 'n begrafnis.


 

ROM6:3-5
Julle weet tog dat ons aan Jesus Christus verbind is toe ons gedoop is. Dit beteken dat ons ook met sy dood verbind is. Dit is net so goed of ons self gesterf het. 4Ons kan sê dat ons by die doop saam met Hom gesterf het en saam begrawe is. Maar die wonderlike krag van die Vader het Christus weer lewendig gemaak, en net so is ons ook weer lewendig gemaak sodat ons elke dag 'n nuwe lewe kan lei.


5Want as ons so aan Hom verbind is en saam met Hom gesterf het, sal ons ook soos Hy in 'n nuwe lewe ingaan.


 

KOL2:12
julle is saam met Hom begrawe toe julle gedoop is en julle het saam met Hom in 'n nuwe lewe ingegaan omdat julle glo dat God deur sy krag vir Christus weer lewendig gemaak het.


 

Die doop is nie sommer iets wat nie gedoen hoef te word nie.


 

JHN3:22-23
'n Bietjie later het Jesus en sy dissipels weer van Jerusalem af weggegaan maar hulle het in die gebied van Judea gebly en mense gedoop. 23Johannes was ook nog besig om mense te doop by Enon naby Salim waar daar baie water was.


 

Let op na veral die volgende in dit wat jy nou net gelees het.

Jesus en Sy dissipels het ook gedoop.


 

JHN3:22
'n Bietjie later het Jesus en sy dissipels weer van Jerusalem af weggegaan maar hulle het in die gebied van Judea gebly en mense gedoop.


 

So, moet nie glo dat die doop nie regtig nodig is nie.

God doen nooit iets wat onnodig is nie en Jesus is ook God.


 

JHn1
Die Woord was van altyd af daar. Hy is die Seun van God wat by God was en wat self ook God is. 2Dit is Hy wat van altyd af saam met God was 3en dit is deur Hom wat God alles geskep het. Daar is niks—nie 'n enkele ding—wat nie deur Hom gemaak is nie. 4Hy besit lewe en kan lewe gee. Dit is hierdie lewe wat vir mense lig gebring het. 5Sy lig skyn in die donker, en die donkerte kan dit nie uitdoof nie.


 

Dan ook, jy kan mense net doop deur onderdompeling as daar tot jou beskikking 'n plek met genoeg water is.


 

JHN3:23
Johannes was ook nog besig om mense te doop by Enon naby Salim waar daar baie water was.


 

Nog net een iets oor die doop wat ek jou wil wys.

My hele lewenswandel as Christen bestaan daaruit om Christus so getrou en nougeset as moontlik te volg.

Jesus leer my dan ook en ek kon baie voorbeelde uitgewys het maar soos my gewoonte is, probeer ek terwille van die tyd wat jy het om te lees wat ek vir jou stuur my tot twee te beperk.


 

Mat10:38 As iemand nie gewillig is om sy kruis te dra soos iemand wat ter dood veroordeel is en agter My aan te kom nie, is hy nie werd om my volgeling te wees nie.


 

Mrk8:34 Jesus roep toe al die mense wat daar was saam met sy dissipels nader en sê vir hulle: "As iemand my volgeling wil wees, moet hy sy eie belange prysgee en die kruis dra soos 'n mens wat ter dood veroordeel is en saam met My kom.


 

Lees gou hier hoe wys Jesus my die weg in verband met die doop.


 

Mat3:13-17 Jesus het ook in daardie tyd van Galilea af by die Jordaan rivier aangekom om deur Johannes gedoop te word. 14Johannes wou Hom ompraat om daarvan af te sien: "Dit sou die regte ding wees as U vir my doop," het hy vir Jesus gesê, "maar nou kom U na my toe en vra dat ek U moet doop!"


15Jesus se antwoord was: "Laat dit nou so gebeur, want op die manier doen ons alles wat God wil hê." Johannes het toe ingestem.


16Nadat Jesus gedoop is, het Hy dadelik weer uit die water uitgekom. Toe gaan die hemel oop, en Jesus sien hoe die Gees van God soos 'n duif afkom tot by Hom. 17Toe kon daar ook gehoor word hoe 'n stem uit die hemel sê: "Dit is my Seun wat Ek liefhet en oor wie Ek bly is."


 

Ek kon nog meer gesê het, byvoorbeeld, oor die verskillende maniere van onderdompeling en alhoewel ek mense nie sal doop soos wat baie mense wel doop nie, is vir my die heel belangrikste, dat die persoon, hom of haar bekeer en dan die stap neem om gedoop te word.

Onthou ook, dat elke persoon wat Jesus ooit in Sy wandel op aarde na Hom geroep het, het Hy in die openbaar geroep.

As jy besluit om jou te laat doop, sê jy aste ware ook in die openbaar eintlik:

"Jesus het my genooi om Hom te volg en hier gaan ek nou agter Hom aan."

Ek hoop ek kon vir jou lig wys wat hierdie baie belangrike saak aanbetref.


 

Die volgende dagstukkies wat ek geskryf het, kan help om hierdie sienswyse van my nog beter te verduidelik en ek stuur dit op aanvraag met die grootste liefde aan jou.

(Die wet deur Moses en die genade en waarheid deur Jesus)

(wie volop saai, sal ook volop maai)

(Die liefde die vervulling van die wet)


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

An Endless Hope or a Hopeless End?


 

Keith Overturf

Subject: An endless hope or a hopeless end?


 


An Endless Hope or a Hopeless End?

From the writings of Sumner Wemp

An endless hope.

"While we wait for the blessed hope—the glorious appearing of our great God and

Savior, Jesus Christ" Titus 2:13. He said, "I will come again" John 14:3 and He meant it. For those that receive Christ it is an endless hope. For those that reject Christ it is a hopeless end.

A hopeless end.

"For nation shall rise against nation and kingdom against kingdom." Heard Of any wars lately? And there will be famines and earthquakes in various Places" sound familiar? All these are the beginning of sorrows, (Greek: Birth pains) Matt 24:7. Does that get your attention?

While we are enjoying the presence of the Lord, the world will employ the Vengeance of the Lord.

The great tribulation called also:

1. The Day of the Lord (Isa. 2:12).

2. The Day of God's Vengeance (Isa. 34:8; 63:1-6).

3. The Time of Jacobs Trouble (Jer. 30:7).

4. Daniels Seventieth Week (Dan. 9:24-27).

5. The Time of the End (Dan. 12:9).

6. The Great Day of His Wrath (Rev. 6:17).

7. The Hour of His Judgment (Rev. 14:7).

8. The End of This World (Matt. 13:40, 49).

9 The Indignation (Isa. 26:20)

10. The Overspreading of Abominations (Dan. 9:27).

11. The Time of Trouble such as Never Was (Dan. 12:1).

The wrath of God - Rev. 6-18

Look these references up and become familiar with them for future use.

Then, these are all part of what happens in Rev. 6-18. Man rejected the Son of God he refused the grace of God and now will face the wrath of God. As we look at some of the wrath of God it ought to give us a passion to witness and win people to Christ before it is too late.

"And have mercy on some, who are doubting; save others, snatching them out Of the fire; and on some have mercy with fear, hating even the garment Polluted by the flesh" Jude 22,23.

O dear people, we must worship while still in the flesh. We must work for the night cometh, we must witness while it is still day.

Prayer: Father, bless Your children. Make us aware that Jesus may come any minute now. Make us aware that our family and friends will be lost forever without Him so that we pray for them and witness to them. In Jesus Name.

To subscribe visit:

Http://go.netatlantic.com/read/all_forums/subscribe?name=sumnerwemp

For the Christian Prayer is not an option but an opportunity.

"In prayer; expect setbacks, but refuse retreat". R. Eastman

"Salvation: Nothing to Earn, Much to Learn". Adrian Rogers

Seven days without prayer makes one weak.

Do your best, bring out the best in others,

Don't tell the Lord how big the problem is,

Tell the problem how Great the Lord is!

Put God first, be happy at last!

To subscribe or unsubscribe visit

http://www.christianchallengeandblessing.com


 

If you lack Internet access you can subscribe or unsubscribe by sending a blank email message with "Subscribe" or "Unsubscribe" in the subject area. To

liverite@christianchallengeandblessing.com


 


 

Regards/Groete,

Cornelia Parsons

E-mail:

princess4@absamail.co.za


 


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

Ons het die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan


 

'n Paar mense het By geleentheid aan my geskryf en gevra of ek nie iets wil skryf oor die omstandighede in Suid-Afrika en al die siek valse bangmaak stories wat so Van tyd tot tyd oor die internet gestuur word nie.

Dit was juis toe daar weer so 'n siek valse e-pos die rondte gedoen het.

Hier is dan hoe ek dinge beleef en ervaar.

Die eerste verstommende ding wat vir my uitstaan in die huidige omstandighede in Suid-Afrika, is die vrees wat daar onder baie mense wat hulleself Christene noem is.

Daar is 'n sekere faksie onder die Christene, so lyk dit vir my, wat in alles net "doom" en "gloom" sien.

Ek lees in die Woord.


 

2TIM 1:7 Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.


 

Ek merk ook as ek so na die "doom" en "gloom" Christene luister, dat daar ook 'n groot mate van onvergenoegdheid in hulle is. Natuurlik is dit nog iets wat nie by 'n Christen aanwesig behoort te wees nie.

Oor die onvergenoegdheid wat onder sommige Christene is wil ek maar net sê, dat die Woord vir my sê, dat ek met Jesus inwonend in my, die volgende behoort te ervaar in my lewe.


 

FIL 4:7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.


 

Nou sê ek nie alles gaan maanskyn en rose wees nie maar met my oë op Jesus het ek heerlike vrede, goddelike vrede en kan ek my omstandighede uit daardie oogpunt benader en heerlik hanteer.


 

JHN 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.


 

Immers het ons Here vooruit vir ons gesê, dat ons reis deur hierdie wêreld nie maanskyn en rose gaan wees nie.


 

JHN 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.


 

Ek sê ook nie dat ons nie moet werk , party sal dit selfs veg noem, vir wat ons as belangrik in hierdie wêreld beskou nie maar as ek aan daardie dinge meer aandag gee as wat ek aan my verhouding met ons Here en Sy koninkryk gee, het ek, soos ek die Woord verstaan, nodig om weer na my verhouding met ons Here te kyk. Want ek is besig om in 'n rigting te beweeg, wat letterlik, as ek nie iets daaraan doen nie, later 'n helse probleem vir my kan word.

Nou wil ek iets sê oor al die bangmaak stories wat so oor die internet gestuur word.

Dit is vir my tragies dat baie, amper wil ek skryf die meeste, van hierdie bangmaak stories, word deur mense geskryf wat hulleself Christene noem.

Soms as ek lees wat mense uitdink, sê ek vir myself, dat na my mening die persoon wat dit geskryf het, of 'n baie verwronge sin vir humor het, of werklik geestelik siek moet wees

Kom ons kyk na byvoorbeeld die geval van (die nag van die lang messe).

Ek gebruik maar die een, omdat hy maar kort-kort weer sy verskyning in die een of ander siek vorm maak maar jy weet self, dat ek kon uit 'n magdom ander gekies het.

Iemand êrens het in die woorde (die nag van die lang messe), so lyk dit vir my, 'n siek sentimentele romantiek gesien/ervaar en toe dit gebruik om, na my mening 'n bangmaak storie vol allerlei drek te skryf.

Kom ek vertel gou vir die gene wat nie weet nie waar (die nag van die lang messe) sy oorsprong het.

Ek kon nou baie oor "die nag van die lang messe gesê het maar in baie kort net die

volgende.

Soos dit nou maar gaan met diktators. Hulle loop altyd met 'n vrees rond dat hulle

omver gewerp gaan word en met Hitler was dit ook nie anders nie. Hy, Hitler het die

SA wat later, wat mannekrag aanbetref, sterker gewees het as die weermag begin

vrees.

Met bangmaak aanmoediging het mense soos Himmler Hitler so ver gekry, dat Hitler

sy grootste aanhanger, naamlik Ernst Röhm, die leier van die SA, met Ernst Röhm se

hele leierskorps en 'n hele klomp ander in die nag van 29/30 Junie 1934 vermoor in

wat Hitler "die nag van die lang messe" genoem het.

Nou het iemand met, na my mening, 'n geestelike probleem iets van "die nag van die

lang messe" êrens gehoor of gelees en dit nou as 'n bangmaakstorie gebruik, om die

arme gene met dun bloed op hol te jaag.

Persoonlik kan ek nie, al probeer ek hoe hard, enige leier in die ANC of enige ander

regdenkende leier, in enige ander realistiese politieke party, in Suid-Afrika,

vereenselwig met wat ook al van Hitler nie.

Ek sluit natuurlik nie die Duitse volk in as ek van Hitler en of sy boosheid praat nie.

Ek kyk so na die lewe om my en ek probeer na die beste van my vermoë so te lewe.

Ons Here het my in hierdie land geplaas. Ek het geen sê in die saak gehad nie. Dit

was die wonderlike besluit van ons Here.

So, solank as wat ons Here wil dat ek hier lewe en vir Hom lewe en werk, sal ek hier

met die heerlike vrede wat Hy my gee dit vir Hom doen.

Teveel van ons het te min vertroue in ons Here en ons wil teveel dinge liewer op ons

manier doen.

Soos die Pastoor wat vir my gesê het,dat hy soms sal lieg as die omstandighede dit

vereis. Toe gee hy my 'n paar voorbeelde wanneer hy sal lieg en die groot tragedie

was, dat in elke een van daardie voorbeelde kon ek sien, dat hy sou lieg, omdat hy

eintlik nie genoeg geloof gehad het om ons Here te vertrou om hom sonder sy leuen te

help nie.

Luister my vriendin/vriend.


 

FIL 1:6 omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;


 

Ons Here het jou hier geplaas, laat jou lewe hier vir Hom 'n getuienis wees, totdat ons

Here anders sou besluit.

Ek pleit by jou my vriendin/vriend, dat voordat jy 'n e-pos uitstuur, vra jouself

hierdie vraag:

"Sal Jesus hierdie e-pos uitstuur?"

Dan dink jy aan die volgende uit die Woord, voordat jy besluit om te stuur, of nie te stuur nie.

Net nadat ons in die Woord lees.


 

FIL 4:7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.


 

Lees ons en ek wil jou mooi vra, om te dink wat in ons Here se Woord geskryf staan voordat jy die e-pos uitstuur.


 

FIL 4:8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.


 

Dan met dit wat jy as kind van God nou net gelees het, besluit jy om die e-pos te stuur, of nie te stuur nie.

Terwyl jy ook altyd onthou, dat ons vrugte moet dra wat by die bekering pas.


 

Mat 7:16 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!

Mat 7:17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte.


 

Mat 7:19 Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.


 

Mat 3:8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas.


 

My vriendin vriend, kyk om jou en raak baie opgewonde. Want jy sien alles wat moet gebeur wat sê, dit is amper tyd, dat Jesus ons kom haal.


 

Luk 21:25 En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,

Luk 21:26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.

Luk 21:27 En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid.

Luk 21:28 En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.


 

Dink daaraan.

Toe jy vanoggend opgestaan het, was dit nog een slapie minder, voordat Jesus ons kom haal.


 

"If I believe it, then I must live it."


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

THAT ONE RED SPOT

Hierdie was vir my baie inspirerend en ek dink dat jy ook groot seën hieruit sal ontvang.


 

"That One Red Spot"


 

Power. That's what mattered most to Napoleon. He wanted power and he got it. Under his leadership, the armies of France won some stunning victories and extended control well beyond their borders. But it wasn't enough for Napoleon. He knew there was one thing, one force that stood in his way. It is said that one day he gathered all his top officers together around this large table. Laid across that table was a map of Europe - with a big red spot on it. That spot was England. And pounding his fist on the table, Napoleon raged: "If it weren't for that red spot, I could have it all!"


 

I'm Ron Hutchcraft and I want to have A Word With You today about "That One Red Spot."


 

I can almost picture it. Satan gathers his demonic lieutenants around a large table in hell, looking at a map of the world - a map with a big red spot on it. The spot marks a hill in Israel, just outside the city of Jerusalem. On that hill stands a cross, stained with the blood of Jesus Christ. And Satan knows he's gone as far as he can. With almost uncontrolled rage, he shouts, "If it weren't for that red spot, I could have them all!"


 

But that red spot is the devil's graveyard, and it can be the graveyard for his hellish plans for you if you make what happened there yours. To historians, what happened there was the brutal crucifixion of an innocent man. But you need the view from God's side to understand "the rest of the story." And He gives it to us in Colossians 2, beginning with verse 13, our word for today from the Word of God. It says: "He forgave us all our sins." That's huge! Every lie, every selfish action, every immoral act or thought, every time we've used somebody, hurt somebody, every proud thing, every dirty thing – all those acts of rebellion against our Creator. They are an eternal indictment, and they carry an eternal death penalty.


 

But at that "red spot," here's what God did so you could be forgiven. "He took it away," the Bible says, "nailing it to the cross."

When Jesus was nailed to that cross, so was every wrong thing you've ever done. Satan thought he could have you with him in hell forever. But listen to what these verses reveal: "Having disarmed the powers and authorities, He made a public spectacle of them, triumphing over them by the cross." Jesus didn't lose when He died. He won! He shattered sin's power. He made it possible to cancel the hell of life in His hands. That day on Skull Hill, the devil lost you - if you give yourself to the only One who can save you.


 

Has there ever been a time when you did that? It's a conscious commitment to Christ, so if you have, you know you have. If you haven't, be thankful God has given you an opportunity to change that. This can be the day you say to Jesus, "I'm yours, Lord. You died for me, you came back from death for me, and today I trust you as my only hope - for now - forever."


 

Hell's only hope of keeping you is to make you ignore Jesus, or postpone Jesus, or put your hope in something other than Jesus until your last breath. Then hell can have you forever, but not if you belong to Jesus.


 


 

It's time to make your way to that "red spot" - that cross where God's Son paid the price for your sin. It's time to take what He died to give you. If you're at that point, I think my little booklet, Yours For Life, might be a help to you. If you'll let me know you want it, I'll send it right out to you. I just don't want you to miss Him.


 

Jesus - and what He did on that cross - really is your only hope. Tell Him that today and trade hell for heaven.


 

If you're not sure you belong to Jesus, and you would like to make sure today, Ron would like to send to you a free copy of the booklet, "Yours for Life: How to Have Life's Most Important Relationship." To read it online, click here: http://www.yoursforlife.net/


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

YOU ARE CONSTANTLY ON GOD’S MIND

Hierdie lied is op my webtuistegratis beskikbaar.

As jy die webtuiste besoek het en jy dink, dit kan help om die Evangelie van Jesus Christus te bevorder, sal ek dankbaar teenoor ons Here en teenoor jou wees, as jy al jou vriende daarvan vertel.

Die adres van die webtuiste is:

http://www.sakkieparsons.co.za/


 


 

Eendag, dit was tydens 'n algemene verkiesing, sit ek so na die TV. Nuus en luister.

Daar was toe 'n debat aan die plaasvind tussen 'n paar partye en ek sit so en luister hoe die mens se selfsugtige ek weer in "spades" na vore kom.

Die een baklei, want hy soek 'n koninkryk vir sy volgelinge. Die ander een glo in die demokrasie, want hy behoort tot die grootste bevolkings groep en hy weet op die oog af klink dit nie net baie mooi nie maar hy moet dan die wenner wees. Nog een voel baie sterk oor 'n republiek vir sy mense.

Ek sit so na die here en luister en in my agterkop is daar ook nog die Mafikeng tragedie, waarin die (Afrikaanse Weerstand Beweging hom destyds begewe het,

wat eintlik 'n debakel kon genoem gewees het, as dit nie was vir die tragedie wat Vanweë 'n paar mense se baie dom optrede midde in daardie gemors plaasgevind het nie.

Toe begin God se Gees in my hart met my deel en die volgende skrif kom in my gedagte op.


 

Gen 6:5 Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,

Gen 6:6 het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.


 

Kan jy jou dit indink?

Die mens, God se hoogste skepping, die kroon van Sy skepping, veroorsaak dat

God Almagtig berou kry oor iets wat Hy gedoen het.

Daar is 'n ander woord in hierdie gedeelte wat my as ek dit lees aan die hart

gryp en dit is die woord "smart."


 

Gen 6:6 … en daar was smart in Sy hart.


 

Weet jy, die smart in God se hart oor die mens se reis hel toe was so groot, dat

Hy op die ou end besluit het om Sy enig gebore geliefde Seun te laat vermoor

omdat dit vir God teveel smart veroorsaak om te sien hoe mense as te ware op

die hel afstorm.


 

JHN 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

JHN 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

JHN 3:18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.


 

Weet jy wat is die ergste van alles? Ek dink amper die woord "ergste is hier nie

die regte woord nie maar ek sal maar by "ergste" bly. God, van 'n menslike

kant af gesien, hoef dit nie te gedoen het nie.

Daar het God in Sy Hemel gesit, dit is nou voordat Hy die mens geskep het en om

Hom was Sy engele wat vir Hom baie lief was.

Hy kon, toe die mens so 'n gemors van homself en die skepping gemaak het, net

'n woord gespreek het en dit kon weer soos voor die skepping gewees het maar

God het aan jou en my gedink en hoe graag Hy ons by Hom in die Hemel wil hê

en toe stuur Hy Sy enige gebore geliefde Seun.

Sy Seun kom toe en stap Golgota toe en gaan bind Homself met liefde aan die kruis vas, want dit was nie die spykers wat Jesus aan die kruis vas gehou het nie, dit was Sy liefde vir jou en my.

Toe hang Hy daar tot dat die volle prys betaal is en toe sê Hy.


 

JHN 19:30
En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.


 

Jy sien, van voor die skepping af tot hier vandag, was jy nog nooit uit God se

gedagtes uit nie.


 

Rom 11:33 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!

Rom 11:34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?

Rom 11:35 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?

Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.


 

Die woorde wat om en om in my kop begin draai het, was die volgende:

"You are constantly on God's mind."

Toe gee ons Here vir my hierdie lied.


 


You Are Constantly on God's Mind


 

Verse1

God sat in heaven up above.

with all His angels and their Love.

He could have looked and said "Oh well.

man want to let him go to hell."


 

Chorus:

For He has the power and all the wealth.

He could have thought just of Himself.

He could have looked at all mankind.

And just wiped us from His mind.

He could have looked at all mankind.

And just wiped us from His mind.


 

Verse 2

For all our works are mostly bad.

Some fight for this, some kill for that.

Some live their lives for fame and wealth.

You see it's always just myself.


 

Chorus:

But He has the power and all the wealth.

He could have thought just of Himself.

He could have looked at all mankind.

And just wiped us from His mind.

He could have looked at all mankind.

And just wiped us from His mind.


 

Verse3

But God want to make you whole.

Jesus died to save your soul.

Just repent and then you say.

"I'll follow Jesus as from today."

Chorus:

For He has the power and all the wealth.

But does not think just of Himself.

Although you are only of mankind.

You are constantly on God's mind.

Although you are only of mankind.

You are constantly on God's mind.


 

Yes He has the power and all the wealth.

But does not think just of Himself.

Although you are only of mankind.

You are constantly on God's mind.

Although you are only of mankind.

You are constantly on God's mind.


 


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

IETSIE HEERLIK UIT GOD SE WOORD OM JOU TE STIG


 

GAL3:13-14 Maar Christus het ons vrygemaak van die vloek wat op ons gerus het deurdat ons die wet nie kon hou nie. Hy het self die straf gedra—die Skrif sê duidelik: "Die vloek van God is op elkeen wat aan 'n paal gehang word om doodgemaak te word." 14Daarom kan die seën wat God aan Abraham beloof het, nou gegee word aan mense van al die nasies as hulle aan Christus Jesus behoort. As ons nou op Hom vertrou, ontvang ons die Heilige Gees soos God belowe het.


 

2KOR5:20-21 Daarom is ek 'n boodskapper wat deur Christus uitgestuur is. Wat ek vir julle sê, kom van God self. Ek smeek julle ter wille van Christus, laat God toe om die saak tussen Hom en julle reg te maak. 21Christus het nie een enkele sonde gedoen nie. Maar God het Hom verantwoordelik gemaak vir al ons sondes asof Hy dit self gedoen het. Nou sê God as ons aan Christus verbind is, is ons skuld weggeneem, net so goed of ons self nooit sonde gedoen het nie.

EFE1:4-8 Dit was reeds lank gelede, nog voordat Hy die aarde gemaak het, dat God ons uitgekies het om aan Christus te behoort. God wou hê ons moet heilig wees en sonder iets wat kortkom volgens sy oordeel. Hy het ons so liefgehad 5dat Hy vooraf besluit het om ons sy eie kinders te maak—en dit is moontlik gemaak deur alles wat Jesus Christus vir ons gedoen het. God het so besluit omdat Hy dit graag vir ons wou doen. 6Daarom moet ons God prys dat Hy vir ons so wonderlik goed was. Sonder iets wat ons van ons kant af verdien het, het Hy dit vir ons verniet gegee, want sy Seun wat Hy so liefhet, het dit moontlik gemaak. 7Dit is deur die bloed van sy Seun dat God ons verlos en ons alles vergewe wat ons teen Hom gedoen het. Hy is vir ons so oneindig goed 8en Hy hou aan om ons met sy goedheid te oorlaai.


 

JHn14
Jesus sê toe vir sy dissipels: "Moenie verskrik word nie. Vertrou op God en vertrou ook op My. 2In my Vader se huis is daar baie plek, en Ek gaan daar vir julle 'n plek regmaak om te bly. As dit nie so was nie, sou Ek reguit vir julle gesê het. 3As Ek julle plek reggemaak het, kom Ek weer om julle te kom haal sodat julle by My kan wees.


 

2KOR4:16-18 Dit is daarom dat ek nooit moedeloos word nie. My uiterlike lewe mag afgebreek word en tot niet gaan, maar ek het 'n ander lewe binne-in my wat God my gegee het, en Hy maak hierdie lewe elke dag nuut. 17Die moeilikhede wat ek nou het, is nie so erg nie en hulle gaan verby. Maar hulle berei my voor vir die ewige seën wat God my sal gee, en dit is wonderliker as enigiets waarmee ek dit nou kan probeer vergelyk. 18Daarom konsentreer ek nie op die omstandighede wat ek nou om my sien nie, want hulle gaan verby. My aandag is gevestig op die dinge wat vir altyd sal bly, al kan ons hulle nou nog nie sien nie.

Ons huis in die hemel

2Kor 5
Ons weet dat ons hier op aarde lewe soos iemand wat êrens tydelik tent opgeslaan het. As die tent weer afgeslaan word, dan het ons 'n permanente huis in die hemel, wat gebou is deur God self en nie deur mense nie. 2Terwyl ons nog hier in die tent woon, sien ons baiemaal met verlange uit na die dag wanneer ons in die permanente huis in die hemel sal woon. 3Wanneer daardie nuwe bestaan vir ons begin, sal ons wees soos mense wat nuwe klere gekry het om aan te trek sodat hulle nie meer nakend is nie. 4Want solank ons in die tent woon, kry ons swaar en sien ons uit na iets anders. Ons wil ook nie graag sonder klere wees nie—ons wil aangetrek wees. Ons wil hê die permanente lewe wat kom, moet 'n einde maak aan al hierdie dinge wat verbygaan. 5Dit is God wat besig is om ons voor te berei vir so 'n verandering en Hy het ons sy Heilige Gees gegee om die waarborg te wees dat Hy alles sal doen presies soos Hy beloof het.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

SONDE MET ENIGE ANDER NAAM…


 

Ek wil graag met jou deel wat eendag by my opgekom het nadat ek met iemand geredeneer het, omdat hy die stelling gemaak het, dat 'n kind van God onder sekere omstandighede die reg het om 'n leun te vertel.

Of , soos een van die persone wat ek ken, wat bely dat hy 'n kind van God is dit gestel het, toe ek hom daarop wys dat 'n sekere praktyk wat hy beoefen het oneerlik was.

Hy het gesê, dat hy nie oneerlik was nie, hy het net 'n opening in die stelsel gesien en dit geneem.

Toe gaan hy verder en omskryf dit volgens hom nog beter, deur te sê dat hy net 'n geleentheid gesien het en dit toe gebruik het.

Is daar 'n verskil tussen, om partykeer te moet lieg en om 'n sogenaamde geleentheid te sien en dit dan te gebruik?

Ek herinner my, jare gelede het ek 'n man geken. Hy was ook 'n belydende Christen en op die jeugraad waar ek jeugleier gewees het.

Een aand wou hy 'n persoon wat brandstof dringend nodig gehad het help. Hy het ook nie geld gehad nie en toe gaan steel hy brandstof by sy werk en word gevang en verloor sy werk.

As ons nou na die voorbeelde kyk wat ek nou genoem het.

Is daar een wat minder oneerlik is as die ander?

Shakespeare het gesê:

"A rose by any other name, smells just as sweet."

Sonde met enige ander naam, stink nog steeds soos sonde.

Ek het eendag vir iemand gesê, ek moet my altyd die vraag vra:

"Wat sou Jesus gedoen het."

Toe sê die persoon vir my, dat hy nie Jesus is nie en dit is natuurlik waar maar ek moet vir die mense Jesus wys. Die mense moet in en deur my lewe Jesus sien.


 

KOL 3:3 Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

KOL 3:4 Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.

KOL 3:5 Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,

KOL 3:6 waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom,

KOL 3:7 waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.

KOL 3:8 Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.

KOL 3:9 Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het

KOL 3:10 en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,


 

Die Bybel gebruik die mooi voorbeeld van stene om te beskryf hoe ons beeld soos Jesus moet lyk.

Kom ek wys dit gou vir jou.

Jy sien Jesus is die hoeksteen.


 

HAN 4:10 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.

HAN 4:11 Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het.

HAN 4:12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.


 

1PET 2:4 Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;

1PET 2:5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.


 

Ag, verdra my maar, as ek afsluit met een van die twee gesegdes, wat ek baie in

verskillende variasies gebruik en wat ek al my twee slagspreuke in my e-mail bediening gemaak het.

Net voordat ek met een van die twee afsluit, nog net dit.


 

1PET 1:15 Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,

1PET 1:16 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.


 

So, if we talk the talk, let us walk the walk."


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

SOOS ‘N VOELJIE WEGFLADDER….


 

Ek het 'n e-mail gekry en dit het daaroor gegaan of iemand 'n kind van God kan vervloek, of dan 'n vloek oor jou uitspreek, of dan 'n binding van een of ander aard op jou plaas.

Ek sal maar myself nou as voorbeeld gebruik en jou vertel hoedat ek dit verstaan en uitlewe.

Ek kan maar net jammer voel vir die persoon wat my vervloek of 'n vloek, of binding van watter aard ook al op my wil plaas, want sien, ek is God se eiendom.


 

Tit 2:14 wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.

Tit 2:15 Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie.


 

Nog 'n voorbeeld.


 

1PET 2:9 Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,

1PET 2:10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.


 

Ek dink, ons besef nie altyd, wie en wat ons is nie.

Lees gou hier.


 

Rom 8:16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;

Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.


 

As jy so daarna kyk, maak dit wat Jesus gesê het sommer ook baie meer sin.


 

Mat 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;

Mat 5:45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.


 

Jy sien as iemand vieslik met my is, doen hy eintlik so 'n dwase ding, dat as ek nie

vir hom bid nie, het hy probleme, groot probleme.

Dit is dan ook, so glo ek, een van die redes waarom ons die opdrag kry om vir sulke mense te bid. Want, dit is nie ons nie maar hulle, wat deur hulle optrede teenoor ons groot probleme tegemoet gaan.

My Vader gaan nie sommer dit wat iemand aan 'n mede erfgenaam van Christus doen

sommer so laat verby gaan nie.

Nou moet ek tog nie dink, ek kan nou maar net stilbly en hy gaan les opsê nie.

As ek dit doen, speel ek so reg in die hand van satan, want dan is ek ongehoorsaam.

Dan oortree ek 'n direkte bevel van Jesus.


 

Luk 6:27 Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat.

Luk 6:28 Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.


 

Sien jy die bevel?

Dit is nie, dat ek mag vir die persoon lief wees, as ek so voel nie.

Ek het nie 'n keuse nie. Ek word 'n bevel gegee.


 

Luk 6:27 Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê…


 

So, as iemand iets lelik aan my doen, is dit vir my heerlik om vir die persoon te bid,

want dit is mos lekker om gehoorsaam te wees en dit is een van die maklike

gehoorsaam wees dinge om te doen.

Om dan op te som.

As iemand my vervloek, of 'n binding op my plaas, soos wat hy of sy dink, steur ek

my nie daaraan nie, behalwe om vir hulle te bid vanweë die dwase ding wat hulle

gedoen het en in elk geval het Salomo in sy groot wysheid gesê.


 

Spr 26:2 Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

DIE ONDERSKEID TUSSEN SIEKTE EN DUIWEL


 

Ek wil met jou deel oor 'n observasie wat ek gemaak het en wat vir my ontstellend is.

Baie keer word daar vir kinders van God gebid deur hande oplegging en dan volg die volgende woorde in een of ander variasie.

"Ek bestraf jou kopseer verlaat hierdie persoon."

As die kopseer mee gepraat kan word, suggereer jy dat die kopseer kan hoor. Dan is die kopseer tog een of ander gees.

Of, en hier gaan ek maar my eie ondervinding as voorbeeld gebruik.

By geleentheid, het mense al vir my gebid en dan die blinde duiwel in my beveel om my te verlaat.

Dit lyk partykeer vir my, dat daar is mense wat dink dat alles wat met jou kan verkeerd gaan, een of ander duiwel is.

Ek dink dat ons, ons mense beter lyding in die kerk moet gee hoe om vir mense die hande op te lê en te bid.

Ek het al baie gehoor hoe mense in die kerk, vir mede bloed gewaste kinders die hande oplê en dan vir die rook duiwel of die depressie duiwel of soos in my geval die blinde duiwel ens.bid.

Ek sê nie dat daar nie blinde duiwels of stom duiwels is nie.

Partykeer wonder ek net of daar nie dalk meer stom duiwels moes gewees het nie, dan sal daar dalk minder geskinder word en as daar dalk meer blinde duiwels gewees het sou daar dalk minder op mense neer gesien gewees het. Wie weet dan sal daar dalk ook minder van 'n kleur probleem gewees het.

Ek onthou jare gelede kom ons op 'n plek en daar is 'n man en ek, met die liefde van God wat in my is, druk hom teen my vas. Toe ons wegstap vra die man wat saam met my geloop het, met so 'n, "dit moes jy nie gedoen het nie," klank in sy stem.

"Weet jy dat daardie man nie wit is nie?" maar ek dwaal af.

Ek sê, na my beskeie mening, is dit onmoontlik vir iemand wat Jesus aangeneem het as sy of haar Saligmaker en gedoop is, met ander woorde, hul beklee het met Christus en in Sy weë wandel, dat so iemand 'n duiwel in hom of haar kan hê.

Vra jouself hierdie vraag.

Sal jy in 'n huis woon, waar jy weet dat daar 'n uitgegroeide, kom ons sê, drie meter adder woon?

As ek nou vir jou bid en jou die hande oplê en ek dryf daardie migraine duiwel uit jou uit, verkondig ek aan almal wat hoor, dat hierdie kind van God in wie Christus woon, daar ook 'n duiwel woon. Met ander woorde, ek sê eintlik vir almal wat hoor dat Jesus deel 'n woning met die adder wat God die Vader uit die Hemel uit gegooi het.

Kan jy nou sien hoe belaglik ons partykeer optree weens onkunde.

Daar is 'n verskil tussen duiwels en siektes en die Bybel wys dit ook duidelik vir ons.

Daar is baie voorbeelde maar ek gaan net twee hier noem.


 

Mrk 1:34 En baie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak en baie duiwels uitgedryf en die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het.


 

Jesus het hier nie siekte duiwels uit gedryf nie, Hy het:


 

Mrk 1:34 En baie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak…


 

Dan het Hy ook duiwels uit gedryf.


 

Mrk 1:34en baie duiwels uitgedryf en die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het.


 

Hier is my tweede voorbeeld en ek neem dit sommer ook uit die evangelie van

Markus.


 

Mrk 3:14 En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek

Mrk 3:15 en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf.


 

Hul was mag gegee om twee take te verrig.

Hul was mag gegee om siektes te genees en hulle was mag gegee om duiwels uit te

dryf.


 

Ek kan nie aan een geleentheid dink waar Jesus die siekte wat Hy genees het

aangespreek het nie, behalwe in die gevalle waar die Bybel baie duidelik sê dat die

persoon duiwels in hom gehad het.

Ek gee weer twee voorbeelde.


 

Mat 9:6 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe—toe sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.


 

Jesus praat nie met die siekte nie, om die dood eenvoudige rede, dat die siekte nie 'n

persoon of duiwel is nie, dit is 'n toestand.

Nog een voorbeeld.


 

Luk 18:40 En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra Hy hom

Luk 18:41 en sê: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? En hy antwoord: Here, dat ek kan sien.

Luk 18:42 En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered.


 

Kom ons kyk ook gou hoe het die dissipels opgetree wanneer hulle met 'n

siektetoestand te doen gekry het. Dit is tog vanselfsprekend dat hulle die situasie sal

hanteer soos wat Jesus hulle in hul drie jaar van opleiding geleer het om te doen.


 

HAN 3:2 En daar is 'n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort wat die Skone genoem word, om 'n aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan.

HAN 3:3 Toe hy sien dat Petrus en Johannes die tempel wou binnegaan, het hy om 'n aalmoes gevra.

HAN 3:4 En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons.

HAN 3:5 En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang.

HAN 3:6 Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!

HAN 3:7 Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.


 

Nog 'n voorbeeld.


 

HAN 9:33 en hy het daar 'n man gevind met die naam van Enéas, wat al agt jaar bedlêend en verlam was.

HAN 9:34 En Petrus sê vir hom: Enéas, Jesus Christus maak jou gesond; staan op en maak jou bed op! En hy het dadelik opgestaan.


 

Ons moet tog asseblief ook nie dink, dat as die persoon nie genees word nie, die

persoon noodwendig kleingelowig, of vol duiwels is nie.

Van Paulus een van die grootste gelowiges van alle tye word die volgende vertel.


 

HAN 19:11 En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen,

HAN 19:12 sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.


 

Jy kan nie veel meer heilig kry as dit nie en Hy getuig van homself as volg.


 

2KOR 12:7 En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my 'n doring in die vlees gegee, 'n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.

2KOR 12:8 Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.

2KOR 12:9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.


 

Ons weet nie wat die probleem in sy lewe was nie maar ons weet dat ten spyte van die

probleem, hy nog een van die grootste volgelinge van Jesus was, wat ooit op aarde

geloop het.

As ek hierdie onderwerp dan kan opsom soos wat ek dit sien.

Wanneer ek vir iemand bid wat siek is, dan lê ek my hande op die persoon en ek gaan

na my God in die Naam van Jesus en ek praat met my God oor die siekte.

Wanneer ek vir iemand bid in wie daar 'n bose gees is, dan lê ek nie noodwendig my

hande op die persoon nie maar ek spreek verseker die gees aan en ek beveel hom met

die Gesag wat in my is, in die Naam van Jesus, die enigste Naam wat vir die mens

gegee is waardeur ons gered kan word, om die persoon te verlaat.


 

HAN 4:12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie