ELKEEN DAN WAT MY BELY VOOR DIE MENSE


 


 

Sommer 'n paar gedeeltes uit God se Woord wat by my opgekom het, nadat ek

die vorige e-pos wat ek vir jou gestuur het, gelees het.

Ek wil jou vra om dit asseblief te lees en dan te luister, wat ons Here in jou hart

vir jou sê.


 

Mat 10:32
Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.

Mat 10:33
Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.


 

Mrk 8:36
Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?

Mrk 8:37
Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?

Mrk 8:38
Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.


 

Rom 1:16
Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo…


 

1PET 4:16
Maar wanneer iemand as 'n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.


 

2TIM 3:16
Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,

2TIM 3:17
sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.