WANT EK WEET WANNEER EK MOET WEET SAL EK WEET


 

Iemand het vir my 'n e-mail gestuur en my, my opinie gevra oor die honderd vier en veertig duisend verseëldes in:
OPG 7:4.

Ek is nie 'n groot teoloog nie maar ek stuur ook vir jou my antwoord wat ek aan die persoon gestuur het. Miskien het jy ook hieroor gedink, of miskien weet jy van iemand wat ook hieroor wonder.

Ek wil begin deur te sê, na my beskeie mening het die honderd vier en veertig duisend niks met my en jou te doen nie.

Lees net gou weer die gedeelte.


 

OPG 7:4
En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel


 

Die honderd vier en veertig duisend is uit die kinders van Israel.

As iemand dalk dan nog twyfel verklaar verse 5 tot 8 dit nog verder.


 

OPG 7:5
uit die stam van Juda twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Gad twaalf duisend verseëldes;

OPG 7:6
uit die stam van Aser twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Náftali twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Manasse twaalf duisend verseëldes;

OPG 7:7
uit die stam van Símeon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Levi twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Issaskar twaalf duisend verseëldes;

OPG 7:8
uit die stam van Sébulon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Josef twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Benjamin twaalf duisend verseëldes.


 

Die duiwel wat die Bybel ook baie goed ken laat mense baie keer teen die honderd vier en veertig duisend vaskyk, wat nie eintlik iets met hulle te doen het nie en dit wat meer op hulle van toepassing is heeltemal mis kyk.

Kyk 'n bietjie na vers 9.


 

OPG 7:9
Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was 'n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;

OPG 7:10
en hulle het met 'n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!


 

Ek moet maar net aan Jesus vashou en ek sal my plek voor die troon kry.

Ek vind dat mense baiekeer energie en tyd spandeer aan dinge wat God op die regte tyd aan ons Sy kinders verseker sal openbaar.

Laat ek dit verduidelik met die denkbeeldige voorbeeld wat ek maar altyd met hierdie soort probleem gebruik.

Ek en my seun loop in die veld. Hy het nog nooit 'n leeu gesien nie.

Ek vertel hom nou dat dit veilig in die veld is behalwe as ons nou op 'n leeu afkom.

Nou kom ons om 'n bos geloop en daar staan 'n Springbok.

Verskrik vra my seun my of dit 'n leeu is en of ons moet hardloop.

Ek sê vir hom dat hy nie hoef bang te wees nie. Dat dit maar net 'n bok is en dat ek hom sal sê as ons 'n leeu sien.

By 'n volgende geleentheid kom ons af op 'n Volstruis en weer wil hy weet of dit dan nie 'n leeu is nie en weer sê ek vir hom dat hy nie bekommerd hoef te wees nie.

By 'n derde geleentheid kom ons om 'n bos en daar so 60 meter van ons af lê daar 'n leeu.

Nou sê ek vir my seun, dat hy gou in die naaste boom moet klim want dit is 'n leeu.

Jy sien, ons moet Jesus en Hom as Gekruisigde aan die mense verkondig.


 

1KOR 2:1
En toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van woorde of van wysheid nie,

1KOR 2:2
want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.


 

Jy sien, ek bekommer my nie oor die tekens en dinge wat ek nie verstaan nie, wanneer ek moet weet wat ek moet weet, sal my liefdevolle Vader seker maak dat ek weet, wat ek moet weet, wanneer ek dit moet weet.

Vir die huidige spandeer ek my energie en tyd op die verkondiging van die Evangelie van Jesus Christus.


 

Onthou nou, ek sê nie dat dit verkeerd is om oor die dinge te redeneer nie maar ek moet myself die vraag vra:

"Wat kan ek daarmee bereik?"

Persoonlik het ek nie die tyd om oor dinge te redeneer wat nie op hierdie laat stadium in die mens se geskiedenis volgens my mening kan help, om 'n siel na Jesus te lei nie.

Ek gee nie om, om na die beste van my vermoei iemand se vrae te beantwoord nie maar self bekommer ek my nie oor die dinge wat ek nie verstaan nie, want ek weet, wanneer ek moet weet, sal ek weet.

Net gou weer oor jou vraag.

Volgens my beskeie mening het die honderd vier en veertig duisend niks met jou of my te doen nie en soos jy in vers 9 sien gaan daar baie wees en daar is ook plek vir jou en my.


 

JHN 14:1
Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.

JHN 14:2
In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

JHN 14:3
En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.


 

Ek wil jou iets wys uit die gedeelte uit die Bybel wat ek nou net gekwoteer het.

Die Bybel sê, dat God die hele skepping in ses dae geskep het.

Exo 20:11
Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus…


 

God het die aarde en die onmeetlike heelal met sy miljarde sterre in ses dae gemaak.

Jesus sê:


 

JHN 14:2
In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.

JHN 14:3
En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.


 

Jesus het ongeveer 2,000 jaar gelede opgevaar na die Hemel om vir ons plek te gaan voorberei en Hy het gesê:


 

JHN 14:3
En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.


 

Natuurlik kan 'n mens jou nie indink in daardie voorbereiding nie en ek spandeer gewoonlik nie tyd of energie om oor die tipe onderwerpe te praat nie, want al wat ek kan sê as ek aan die tipe dinge dink is:

" It boggles my mind."

Byvoorbeeld hier is iets om aan te dink.

Net 'n gedagte.

Ons Here het die onmeetlike heelal en alles wat daarin is in 6 dae geskep.

Jesus is nou al meer as 2,000 jaar besig om vir ons plek te berei. Dit is iets wat 'n mens nogal laat dink.

Kan jy sien waarom ek sê:

" It boggles my mind."

Wat ek wel verseker vir enige iemand kan sê wat dalk hieroor wonder, daar is plek vir elke een wat Hom aanneem.


 

JHN 3:16
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.