DAAR IS ‘N HEMEL MAAR DAAR IS OOK ‘N HEL.


 

Ek het eendag vir jou 'n e-pos gestuur waarin ek die opmerking gemaak het, dat die verhaal wat Jesus vertel van die ryk man en Lasarus baie ryk aan lesse is.

Ek het eendag na 'n man geluister wat oor hierdie verhaal gepraat het en wat hy gesê het, het my tot diepe nadenking gestem.

Ek wil graag met jou deel oor van die gedagtes wat by my opgekom het.

Omdat dit egter 'n baie lang e-pos sal wees as ek alles in een e-pos vir jou stuur en my vrou hoeka vir my sê dat van my e-posse taamlik lank is, gaan ek dit vir jou, kom ons noem dit maar in 'n reeks stuur.

Ek wil begin deur te sê, daar is die gene wat redeneer dat die verhaal van die ryk man en Lasarus nie 'n gelykenis is nie en ek voel baie gemaklik in hierdie groep en wel oor die volgende rede.

Ten eerste:

Jesus begin deur te sê.


 

LUK16:19 "Daar was eenkeer 'n ryk man wat altyd die fynste en duurste klere gedra het.


 

Ek kan my om die dood nie indink, dat God sal sê:

"Daar was 'n man" as daar nie 'n man gewees het nie.

Tweedens:

Ek moet onthou wie hierdie gebeurtenis met ons deel.

Dit is Jesus en Jesus is die enigste persoon wat ooit op hierdie aarde geloop het, wat ten volle kennis van albei die plekke het, wat in die gebeurtenis ter sprake is.

God is ook nie Iemand wat iets sal oordryf, of afwater nie. So, ek sal baie goed doen as ek geheel en al inneem wat Jesus hier vertel.

Ek sluit dan my inleiding soos ek hierdie gebeurtenis sien af deur net weer kortliks dit so saam te vat.

Jesus vertel vir ons hierdie gebeurtenis en Hy is die enigste persoon wat ooit op aarde geloop het, wat in diepte kennis van albei die plekke ter sprake het.

Jesus, God in die vlees, sê:

"Daar was 'n man."

As Jesus sê, dat daar 'n man gewees het, dan sover dit my aangaan, was daar 'n man gewees.

Jesus laat ons ook in geen onsekerheid nie, daar is 'n Hemel en ten spyte van wat sekere sogenaamde hervormers van die geloof wil te kenne gee, daar is 'n hel.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.