DIE GEVAL WAAR VARKE AS WONINGS VERKIES WAS


 

Ek wil jou vertel van 'n gebeurtenis in die Bybel wat weer opnuut 'n groot indruk op

my gemaak het.

Dit is die verhaal van die man wat baie duiwels in hom gehad het, wat Jesus uitgedryf het.

Toe ek weer oor hierdie verhaal gedink het, het ek vir myself gesê, dat 'n mens hierdie verhaal ook kon genoem het:

"Die geval waar varke bo die hel as wonings verkies was."

Wat nou hier volg, is die gesprek en gevolge van die duiwels se gesprek met Jesus.


 

Mrk 5:12 en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons in die varke, sodat ons in hulle kan vaar.

Mrk 5:13 En Jesus het hulle dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop—daar was omtrent twee duisend—het van die krans af in die see gestorm en in die see verdrink.


 

Dit lyk vir my, die duiwels het twee keuses gehad.

Of hulle moes hel toe, of hulle moes in 'n ander lewende wese gaan woon.

Die hel, omdat hulle geweet het hoe dit in die hel lyk, was nie vir hulle 'n aanvaarbare opsie nie.

Daarom smeek hulle Jesus om hulle in die varke te laat woon.


 

Mrk 5:12 en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons in die varke, …


 

Ek het weer opnuut besef wat 'n verskriklike plek die hel moet wees, as die duiwels 'n varkwoning bo die helwoning verkies.


 

Ek kwoteer hier vir jou so 'n paar gedeeltes uit God se Woord, om aan te dui wat wag vir diegene wat nie die nou weg wil volg nie maar die, op die oog af lekker breë pad wil loop.


 

Mat 7:13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.


 

Mat 13:41 die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,

Mat 13:42
en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Hoor wat sê Jesus by die geleentheid van Sy getroue volgelinge.


 

Mat 13:43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.


 

2THS 1:6 aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,

2THS 1:7 en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele

2THS 1:8 in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.

2THS 1:9 Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,

2THS 1:10 wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.


 

Mat 10 28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak maar die siel nie kan doodmaak nie maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.


 

Ek kon nog voorbeelde uitgewys het maar ek volstaan met hierdie.

Net ek en ek alleen kan besluit, waar ek die ewigheid gaan deurbring.

Jesus het alles gedoen om dit vir my moontlik te maak om nie in die hel te beland nie maar God het die mens na Sy beeld geskape en deel van die beeld van God wat die mens in hom rond dra, is die feit dat hy soos God 'n wil van sy eie het.

Ek gebruik my wil om Jesus aan te neem as My Verlosser en Saligmaker, of ek doen dit nie maar deur my keuse wat ek maak, bepaal ek ook waar ek die ewige lewe gaan deurbring.


 

JHN 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;


 

JHN 3:18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.


 

Die duiwels kon kies tussen die varke en die hel.

Ek en jy kan kies tussen die Hemel en die hel.

As iemand wat hierdie e-mail lees weet dat hy of sy nog nie 'n keuse gemaak het om van die breë pad af te draai nie, glo ek dat jy nou kan sien, dat die hel waar die duiwels nie eens wil woon nie, nie 'n opsie behoort te wees nie.


 

Mat 7:13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.


 

Jy sien daar is net een pad hemel toe.


 

JHN 14:5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?

JHN 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.


 

Mag dit vir jou 'n heerlike dag wees, in die wete dat jy reeds die regte keuse gemaak het.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.