Goeie dag.
Joel Olsteen het die naweek weer iets baie mooi kwytgeraak, soos gewoonlik, wat ek met jou wil deel.
Hy sê en ons weet dit almal, dat alhoewel ons in die wêreld is, ons nie die wêreld mag toelaat om in ons te wees nie.
Toe gebruik hy hierdie voorbeeld:
As jy 'n vis by die see gaan vang en die vis dan gaarmaak maar nie sout in die gaarmaak proses gebruik nie, gaan die vis nie lekker smaak nie want daar is nie sout in die vis nie.
Die vis het sy hele lewe in die soutwater van die see deurgebring en tog is die sout van die see nie in hom nie.
So moet ek en jy ook wees. Alhoewel ons, ons hele lewe in die wêreld is, moet die wêreld nie in ons gevind word nie.
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
Groete
Sakkie
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.