WAARHEID EN LEUEN

Iemand het die naweek vir my 'n e-mail gestuur. Onderaan die e-mail was die volgende aanhaling:


 

"Alle mense wat gebore word, sal eendag sterwe maar nie alle mense wat gebore word lewe nie."


 

Ek dink toe na oor die aanhaling en ek sien toe dat die aanhaling een groot waarheid en een groot leuen bevat.


 

Laat ek verduidelik.


 

As jy Christus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker, lewe jy nie net nie, jy leef vir altyd. Jy kan nooit weer doodgaan nie.


 

Johannes 3 vers 5:

5Jesus antwoord: "Glo wat Ek vir jou sê: Die natuurlike geboorte soos elke mens gebore word, is nie genoeg nie. 'n Mens moet ook deur die Heilige Gees gebore word, anders kan hy nie in die nuwe ryk van God ingaan nie.


 

Johannes 3 vers 16:

16 God het die mense so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het. Iemand wat in Hom glo sal nie verlore gaan nie maar hy sal die ewige lewe hê.


 

Ek sê altyd dat as God sê, jy sal verewig lewe dan meen dit presies dit. My liggaam gaan oud word en tot niet gaan maar ek leef verewig.


 


1 Korintiërs

15 vanaf vers 55:

55Wat bly daar dan oor van die dood se mag? Niks! Sal die dood nog 'n angel hê? Nee!" 56Die angel wat mense doodmaak, is die sonde, en dit is die wet wat mense in die mag van die dood gee. 57Maar laat ons God dank! Jesus Christus het die oorwinning behaal en nou het God vir ons ook saam met Hom aan die wenkant gesit.


58Daarom moet julle ook aanhou om op God te vertrou, liewe broers, en julle moet vasstaan. Werk vir die Here met julle hele hart, want wat julle vir Hom doen, is die moeite werd.


 

Johannes 14 vers 6:

6Jesus sê: "Ek is die pad na die Vader toe. Ek is die waarheid. Ek is die lewe. Dit is net deur My alleen dat iemand na die Vader toe kan gaan.


 

Ek sê altyd vir die mense, dat as Jesus sê dat net Hy is die lewe. Dan is enigiets anders wat soos lewe lyk 'n bedrogspul.

So die groot waarheid is dit:

Nie almal wat gebore word lewe nie, want nie almal wat gebore word neem Jesus aan as hul verlosser en saligmaker nie

.

Die groot leuen in die aanhaling is dus duidelik.

Al die mense wat gebore word, sterf nie.

Ek gaan uit my liggaam uittree, om by Christus in te tree maar ek gaan nie sterf nie.

Is dit nie wonderlik om te weet nie?

Mag dit vir jou 'n wonderlike dag wees.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.