GOD SE HUMOR


 

Iemand het eendag met my gepraat oor humor. Die vraag kom toe op, of God ook van humor hou.

Die man wat met my gepraat het, wys my toe op 'n gedeelte in die Bybel waar die fyn humor van God baie mooi na vore kom.

Jy kan egter die gedeelte lees sonder om die fyn humor en die fyn manier wat God met Sy volgelinge se vyande die draak steek raak te sien.

So, lees eers die gedeelte en dan wys ek jou die fyn humor van ons Vader.

Onthou net terwyl jy lees, Dat God doen nooit iets sommer net om iets te doen nie. As God iets doen, dan doen Hy dit met 'n baie spesifieke rede.


 

Handelinge 5 vanaf vers 17:

Handelinge 5 vanaf vers 17:

Die vervolging van die apostels slaag nie


17Die hoofpriester saam met die party van die Sadduseërs wat hom ondersteun het, was so jaloers op die apostels dat hulle besluit het om iets aan die saak te doen. 18Daarom het hulle die apostels laat arresteer en in die tronk laat sit. 19Maar in die nag het 'n engel van die Here die tronkdeure kom oopmaak en hulle uitgebring. 20Toe sê die engel vir hulle: "Julle moet in die tempel gaan staan en die mense alles vertel van hierdie nuwe lewe!"


21Die apostels het gedoen wat die engel vir hulle gesê het. Vroeg die volgende oggend het hulle na die tempel toe gegaan en die mense begin leer.

Die hoofpriester en sy aanhangers het al die leiers van Israel opgeroep vir 'n vergadering van die Joodse Raad. Hulle stuur toe beamptes om die apostels in die tronk te gaan haal. 22Maar toe die beamptes by die tronk aankom, was die apostels nie daar nie. Hulle gaan toe terug na die Raad toe en rapporteer: 23"Ons het by die tronk aangekom en gesien alles was behoorlik toegesluit en die wagte was op hulle pos by die deure, maar toe ons die deur oopmaak, was daar niemand binnekant nie." 24Toe die kaptein van die tempelpolisie en die senior priesters dit hoor, was hulle dronkgeslaan want hulle kon nie dink wat van die apostels geword het nie.


25Maar juis op daardie oomblik kom daar iemand in en sê: "Hoor hier, daardie manne wat julle in die tronk gesit het, is nou in die tempel besig om die mense te leer!"


 

Hoekom het God die tronk se deure weer gesluit nadat Sy volgelinge uit en weg was.

'n Mens kan amper die glimlag van God met jou geestesoog sien.

Wat 'n baie onaangename verassing gaan Sy volgelinge se vyande in die oggend kry as hulle hierdie deure oopsluit.


 

Psalm 2 vers 4:

4 Die Here lag vir hulle in die hemel op sy troon

en spot met hulle nuttelose planne.


 

Mag dit vir jou 'n heerlike dag wees.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.