Wat is die ware godsdiens?

Onthou by alles wat jy nou gaan lees ook dit:

Enige sogenaamde Christelike geloof wat 'n priester, oudste, apostel, leraar of wat ook al in hulle opset het, wat haar/homself dit toe eien, dat sy/hy as gevolg van haar/sy posisie in die gemeente by ons Here voorkeur wat toeganklikheid aanbetref bo jou kry, is na my mening onchristelik.

Nou eendag vra 'n persoon vir my of ek nie ook glo dat alle gelowe tog maar dieselfde is nie. In ander woorde as ek gelowig is en in God glo of in 'n god,

is ek dan nie klaar gered nie?


 

Ek sê toe vir haar, ek het net die bybel waarmee ek kan antwoord . Toe kwoteer ek vir haar die volgende verse en sê, dat as hierdie waarhede deel van 'n godsdiens

is, dan is dit waarheid.


 

Johannes 1 vanaf vers 1:5


 

1 Die Woord was van altyd af daar. Hy is die Seun van God wat by God was en wat self ook God is.

2 Dit is Hy wat van altyd af saam met God was

3 en dit is deur Hom wat God alles geskep het. Daar is niks—nie 'n enkele ding—wat nie deur Hom gemaak is nie.

4 Hy besit lewe en kan lewe gee. Dit is hierdie lewe wat vir mense lig gebring het.

5 Sy lig skyn in die donker, en die donkerte kan dit nie uitdoof nie.


 

Johannes 3 vanaf vers 16-18


 

16 God het die mense so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het. Iemand wat in Hom glo, sal nie verlore gaan nie maar hy sal die ewige lewe hê.

17. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die mense te kom veroordeel nie maar om hulle te kom red.


 

18 "'n Mens wat op Hom vertrou, word nie veroordeel nie, maar 'n mens wat nie hierdie vertroue het nie is reeds veroordeel omdat dit die enigste Seun van

God is in wie hy nie wou glo nie.


 

JOHANNES 14 VANAF VERS 6:11


 

6 Jesus sê: "Ek is die pad na die Vader toe. Ek is die waarheid. Ek is die lewe. Dit is net deur My alleen dat iemand na die Vader toe kan gaan.

7As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het. Maar van nou af ken julle Hom en julle sien Hom."


 

8 Filippus sê toe: "Meneer, wys vir ons die Vader, dan sal dit vir ons genoeg wees."


 

9 Jesus antwoord: "Hoe lank is Ek nou nie al by julle nie, Filippus, en jy sê jy ken My nie? As iemand My gesien het, het hy die Vader ook gesien. Hoe sê

jy dan: 'Wys ons die Vader' ?

10
Glo jy dan nie dat Ek aan die Vader verbind is en die Vader aan My verbind is nie? Wat Ek vir julle sê, praat Ek nie sommer uit my eie nie. Dit kom van my Vader wat altyd aan My verbind is en sy werk deur My doen.

11 Glo My as Ek sê dat Ek aan die Vader verbind is en die Vader

aan My verbind is.


 

HANDELINGE 2 vanaf vers 36:39


 

Dit is Petrus wat hier praat:


 


36 "Die hele volk van Israel moet dit nou aanvaar en vas glo: julle het Jesus op 'n kruis doodgemaak, maar God het Hom die Here en Redder gemaak!"


 

37 Toe die mense dit hoor, het dit hulle aangegryp en hulle vra vir Petrus en die ander apostels: "Broers, wat moet ons nou doen?"


 

38 Petrus antwoord toe: "Elkeen van julle moet hom bekeer en hom laat doop in die naam van Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe en julle die

Heilige Gees gee.

39 Want God se belofte is vir julle en vir julle kinders en almal wat nog ver is.


 

1 Korintiërs 12 vers 3


 

Dit is Paulus wat hier praat:


 

3 As julle nou onseker is oor mense wat sê hulle praat soos die Heilige Gees hulle lei, wil ek dit duidelik sê: iemand wat deur die Gees van God gelei word, kan nie sê: "Mag Jesus vervloek wees" nie. En dit is alleen iemand wat deur die Heilige Gees gelei word wat kan sê dat Jesus die Here is.


 

1 Johannes 5 vanaf vers 19-20


 

19 Ons weet ook dat ons aan God verbind is, al is die hele wêreld in die duiwel se mag. 20 Maar ons weet ook dat die Seun van God gekom en ons oë oopgemaak

het sodat ons die ware God kan ken. En nou is ons aan die ware God verbind omdat ons aan Jesus Christus, sy Seun, verbind is. Jesus Christus is die ware

God! Hy is die ewige lewe!


 

Mag dit vir jou 'n heerlike dag wees.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.