HET DIERE SIELE EN KAN HULLE HEMEL TOE GAAN

Ek het twee e-mail ontvang wat my so onrustig gemaak het, dat ek gevoel het ek moet met jou my sienswyse deel.

Die een e-mail het hieroor gegaan:

Die persoon wou weet of daar diere in die hemel is en in die ander e-mail wou die persoon weet of diere

ook siele het.

Mense het vir mekaar oor en weer e-mail gestuur en hul sienswyse gegee. Van die opinies wat daar

uitgekom het het my so ontstig dat ek besluit het om ook my sienswyse vir my vriende en van daardie

ander wat ek nie ken nie te stuur.


 

Die vers in die bybel wat gebruik word om te wys dat diere ook siele het is die volgende. Ek gaan eers 'n

ouer vertaling gebruik, terloops dit is ook die vertaling wat die skrywer van die e-mail gebruik het en dan

gaan ek dieselfde gedeelte uit die Lewende Bybel gebruik. Ek glo dan sal jy ook kan sien hoe 'n mens as

jy nie reg lees nie, jy 'n vers maklik verkeerd kan verstaan:

Eers die 1957 vertaling:


 

Psalm 74 vers19:

19 Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.


 

Die Lewende Bybel:

Psalm 74 vers 19:

19U eie volk is nou so hulpeloos soos 'n duif;

moet ons tog nie aan die roofdiere oorgee nie

en moet ons nie in ons ellende vergeet nie.


 

Daar is nie sprake in die gedeelte dat 'n tortelduif 'n siel het nie.

Wat nou van diere in die Hemel?

Daar is baie beeldspraak in die Bybel oor diere in die hemel maar dit is beeldspraak.

Jesus het vir ons mense aan die kruis gehang.


 

Jesaja 53 vanaf vers 6:

6Ons was almal soos skape wat weggedwaal het

en elkeen sy eie koers ingeslaan het

Maar die Here het ons almal se skuld op hom gelaai


7Al is hy so mishandel en verneder het hy nie 'n woord gesê om te kla nie

Net soos 'n lam stilbly terwyl hy geslag word

of 'n skaap terwyl hy geskeer word het

hy ook nie sy mond oopgemaak nie


8Hy is met geweld gevange geneem en veroordeel

sonder dat iemand bekommerd was wat

van hom sou word

So is daar 'n einde aan sy lewe gemaak

en is hy vir ons misdade gestraf


9Hy is saam met slegte mense begrawe

sodat sy graf by kwaaddoeners was

al het hy geen misdaad gepleeg

of ooit onwaarheid gepraat nie

Daar is net een pad na die hemel en dit is deur Jesus:


 

Johannes 14 vanaf vers 5:

5Tomas antwoord: "Maar Meneer, ons weet nie waarnatoe U gaan nie. Hoe kan ons dan die pad ken om ook daar te kom?"

6Jesus sê: "Ek is die pad na die Vader toe. Ek is die waarheid. Ek is die lewe. Dit is net deur My alleen dat iemand na die Vader toe kan gaan. 7As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het. Maar van nou af ken julle Hom en julle sien Hom."


 

Jy sien, om die hemel in te gaan moet ek Jesus aaneem as my Verlosser en saligmaker.

Ek moet op Hom vertrou.

Ek moet ook weet dat God die mens en net die mens so lief gehad het om Sy Seun te stuur, om ons pad na

die hemel te wees.


 

Johannes 3 vanaf vers 14:

14Net soos Moses destyds die koperslang in die woestyn op 'n paal gehang het, so sal Ek, die Redder, ook op 'n paal gelig word 15sodat elkeen wat op My vertrou die ewige lewe kan hê.


16"God het die mense so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het. Iemand wat in Hom glo, sal nie

verlore gaan nie maar hy sal die ewige lewe hê.


 

Ten slotte, om op te som soos ek dit insien:

Jesus is die Pad na die Vader.

Alles begin met die verstaan en aanvaarding van hierdie groot waarheid.

Dan neem jy Jesus aan as jou verlosser en Saligmaker.

Jy bekeer jou, en laat jou doop tot vergifnis van jou sondes.


 

Handelinge
2 vanaf vers 37:

37Toe die mense dit hoor, het dit hulle aangegryp en hulle vra vir Petrus en die ander apostels: "Broers, wat moet ons nou doen?"


38Petrus antwoord toe: "Elkeen van julle moet hom bekeer en hom laat doop in die naam van Jesus
Christus. Dan sal God julle sondes vergewe en julle die Heilige Gees gee.


 

Daarna Lei God se Heilige Gees jou op jou pad deur die lewe tot in die Hemel.

Volg Hom dan net soos die heilige almagtige God gevolg moet word.


 

2 Korintiërs 7 vers 1:

Liewe vriende, dit is vir ons wat God hierdie dinge beloof het. Daarom moet ons wegbly van enigiets wat sondig is, of dit nou in ons liggaam of in ons gees is. Ons moet vir God die eerbied hê wat Hy verdien
en onsself heeltemal aan Hom gee om aan Hom alleen te behoort.


 

Hebreërs 12 vers 14:

14 probeer om nooit rusie te maak met ander mense nie en probeer om heilig te lewe want iemand wat dit nie doen nie sal nie die Here sien nie.


 

Vroeg in my bekering het ons Here vir my geleer om nooit op iemand se sienswyse of geloof neer te kyk nie, want dit is al wat hy of sy op daardie oomblik het.

Ek wil nou in liefde sê, dat ek glo egter iemand wat nou die gedagtes van my gelees het, sal kan insien dat die hemel waar Jesus vir ons plek voor bery, net vir mense is.

Dit is tog sekerlik duidelik dat diere nie die besluite kan neem wat ek moes neem nie.

Geniet die dag.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling

te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en

majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.