HOE TRAGIES AS IEMAND SO LEEF

Ek luister eendag na die radio en hulle speel toe daar 'n lied wat ek nog nie van tevore gehoor het nie.

As ek reg onthou, was Lance James die sanger.

Toe ek hoor wat hy sing, dink ek so by myself dat dit seker loshande die mees tragiesste stelling is wat ek 'n mens in die afgelope jaar hoor maak het. Om die waarheid te sê ek het probeer dink wanneer laas ek iemand iets meer tragies hoor sê het en ek kon nie aan 'n stelling dink wat vir my meer tragies, meer hopeloos is, as dat iemand dit op hom self van toepassing maak nie.

Ek is nie seker nie maar ek dink dit was ook die lied se naam.

Die woorde was die volgende:

"Ons lewe ons dood."

Wat 'n absolute hopelose, verlore en tragiese stelling om te maak.

Ek het mos al vir jou gewys dat ons nooit kan doodgaan nie.

Ek het ook vir jou gewys dat ook nie eens die wat in die hel die ewige dood in gaan nie kan doodgaan nie.

Ek sê nou maar weer, dat as ek Jesus aanneem as my verlosser en saligmaker dan het ek die ewige lewe.

1 Johannes
1 vanaf vers 1:


 

1 Ek skryf hierdie brief vir julle oor die Woord wat vir mense die lewe kan gee. Hierdie Woord is die Seun van God wat van altyd af bestaan het. Ek het Hom met my eie oë gesien en Hom gehoor praat. Ek het Hom nie net gesien nie, maar ek het ook met my eie hande aan Hom geraak. 2Die lewe wat Hy 'n mens gee, is die ewige lewe, en ek het self hierdie lewe gesien toe dit sigbaar geword het. Dit is wat ek nou vir julle wil vertel en vir julle wil duidelik maak. Hierdie lewe was altyd by die Vader, maar dit het nou vir ons sigbaar geword."


 

1 Johannes
4 vers 15:

15Iemand wat erken dat Jesus die Seun van God is, is aan God verbind en God leef ook in hom."


 

Hoekom is dit so pateties, so tragies, so hopeloos, om te sê:

"ek lewe my dood."

Ten eerste sê jy, dat jy nog nie die ewige lewe in Christus deelagtig geword het nie.

Ten tweede sê jy, dat jy deel gaan wees van die ewige dood. Want onthou die mens wat Jesus nie aanneem nie gaan verewig in die hel doodgaan en dit tog nooit regkry om dood te gaan nie.

Met ander woorde net as jy in die sonde bly lewe, lewe jy jou dood.

Iemand kan dalk sê:

"ag, Sakkie, dit is tog net 'n lied."

Vir so iemand sê ek, kom ons kyk wat sê die Bybel. Dit is die gesag waarop ek my betoog grond.

Ek kon nou 'n hele paar voorbeelde genoem het maar ek volstaan met een.

Of soos hulle in die hof sou gesê het.

Ek plaas een bewysstuk voor die hof op die tafel.


 

dit is Jesus wat hier praat:

Matteus
12 vanaf vers 36:

36Ek sê nou vir julle, op die dag as God oordeel, sal die mense verantwoordelik gehou word vir elke onverskillige woord wat hulle gesê het. 37'Want God sal 'n mens skuldig bevind of vryspreek op grond van wat jy gesê het."


 

Onthou dat dit Jesus se woorde is wat ek nou net gekwoteer het.

Soos hulle in die hof sou gesê het:

"I rest my case."

Geniet hierdie heerlike dag wat ons Here vir ons gegee het.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te

bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en

majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete


Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.