Tot in 1999 was ek 'n vryskut evangelis van die Volle Evangelie Kerk. Ek het as evangelis deur die land getrek en die evangelie verkondig. In die tyd het die Here my baie liedjies gegee en het daar 10 produksies die lig gesien.
Daar was eintlik twee redes waarom ek opgehou het:
Die eerste rede was, omdat ek blind is, moes my vrou al die bestuur werk doen en het sy dit al moeiliker gevind om die vêr distansies in die donker te bestuur.
Die tweede rede was dat ek in 1997 gediagnoseer was met melanoom kanker en die hele 1998 tot op 10 Februarie 1999 behandel is. Ek weet nie of dit die behandeling of die trauma van die ontdekking van die kanker was nie, maar ek kon net nie weer volstoom aan die gang kom nie.
Aangesien my dogter van al my liedjies weet, het sy my gevra hoekom ek nie iets met die liede doen nie, want aan elke liedjie is daar 'n storie verbonde. Ek het besluit om aan al my vriende en vriendinne die liedjies met die stories daaragter aan en al die ander gedagtes wat ons Here vir my gee en gegee het te stuur en so het hierdie bediening begin.
Ek hoop dit sal vir elkeen iets kan beteken.
Ek is ook baie dankbaar teenoor ons Here om te sê, dat hulle nog nooit weer by my enige kanker kon kry nie.
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.