Iemand het eendag gesê en ek vertaal dit vir jou na die beste van my vermoë.
"Vir Christene is dit nie 'n geval van 'n keuse tussen ondersteuning vir die ma of die kind nie.
Ons is almal God se kosbare kinders en 'n onskuldige baba behoort nie doodgemaak te word net omdat volwassenes 'n fout gemaak het nie."
As volwassene moet ek ook weet. As ek God om vergifnis gevra het en dit bedoel het, dan het Hy my vergewe en as ek dan nog met skuldgevoelens loop, is dit nie omdat God my nie vergewe het nie Dan is dit omdat ek myself nog nie vergewe het nie.
Met ander woorde dan moet ek daaraan werk dat ek soos God myself ook vergewe.
Dit maak nie saak hoe groot of hoe verskriklik of hoe wat ook al my sonde is nie. Daar is nie 'n sonde in die wêreld wat te groot of te verskriklik of wat ook al is, dat die bloed van Jesus dit nie tot niet kan maak nie.
Behalwe natuurlik die sonde teen die Heilige Gees.
Daarom dan ook dat God vir my en jou sê:
Jes 1:18
Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes
Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes
soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word
soos wol.
God is nie Een wat net praat nie, Hy doen wat Hy sê.
Lees hier waar Jesus aan die kruis hang vir jou en my en die twee wat saam met Hom gekruisig is.
Luk 23:39
En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en
En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en
gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons.
Luk 23:40
Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God
Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God
nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? —
Luk 23:41
ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade,
ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade,
maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.
Luk 23:42
En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
Luk 23:43
En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam
En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam
met My in die Paradys wees.
My en jou Jesus sê:
OPG 3:20
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die
deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met
My.
OPG 3:21
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon,
Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon,
soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.
OPG 3:22
Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
Dit is hoe eenvoudig dit is.
Ek moet Jesus aanneem as My Verlosser en Saligmaker. Dan as ek dit gedoen het, moet ek besef dat dit wat ek gedoen het verkeerd was en dan vir Hom ekskuus sê en vir Hom vra om my te vergewe en dit bedoel en my lewe dan in Sy hand plaas. Weet jy, dan dink God nooit weer daaraan nie en jy moet dit dan ook vergeet.
Ek en 'n paar mense het die naweek oor aborsies gesels.
Iemand het eendag vir my gesê, dit was nadat die persoon my, my opinie oor hierdie saak gevra het, dat ek maklik kan praat want ek is 'n man. Toe sê ek vir die persoon, soos ek maar altyd vir mense sê as hulle my vir my opinie vra omtrent 'n saak.
Ek het net die Bybel, vir my is dit die hoogste gesag wat ek as mens visies het om te wys. Dan gee ek my opinie en ek wys uit God se Woord hoekom ek so redeneer.
Toe ons klaar geredeneer het, het ek gelei gevoel om ook met jou te deel oor hoe ek die saak sien. Nie om te stry nie maar sommer om vir jou te vertel hoe ek dit sien.
Ek weet dat mense met allerhande redenasies kom, van hoekom 'n aborsie gedoen kan word maar ek sê, dit maak nie saak hoe ek redeneer nie maar as dit nie uit God se Woord, eintlik moet ek sê deur God in Sy woord gestaaf word nie, beteken dit niks. Wat nog te sê as die redenasie reg teen God se Woord ingaan.
Ek sal begin om vir jou te sê dat ek glo dat 'n aborsie is niks anders as moord nie.
Nou kan jy my vra om dit uit God se Woord te staaf.
Nou goed:
Onthou dat al die mense in die Bybel deur God vir ons as voorbeelde daar is. Wat vir hulle gegeld het, geld ook vir my.
Psalm 139 vanaf vers 13:
13Dit is U wat my diepste wese gemaak het
en my binne-in my moeder gevorm het.
14Ek dank U dat my ontstaan 'n geheim is—'n wonderwerk.
Ek besef baie duidelik
dat alles wat U doen wonderlik is.
15U kon sien hoe ek in die geheim vorm gekry het
net soos alles wat lewe, aan die begin
uit die aarde te voorskyn gekom het.
16U het my gesien nog voor ek gebore is.
In u boek is my hele lewensloop opgeskryf
nog voordat dit begin het.
17O God, hoe wonderlik is u gedagtes nie!
Dit is vir my onmoontlik om te weet waaraan U alles dink,
18net so onmoontlik as om elke sandkorreltjie te tel.
Selfs as ek geslaap het en weer wakker word,
is U nog altyd by my.
Kyk weer na vers 16:
Psalm
139 vers 16:
16U het my gesien nog voor ek gebore is.
In u boek is my hele lewensloop opgeskryf
nog voordat dit begin het.
God het my gesien voordat ek gebore was maar nie net het my wonderlike God my gesien nie, Hy het reeds vir my hele lewe 'n meesterplan in Sy boek uiteen gesit:
Psalm
139 vers 16, die tweede gedeelte:
"In u boek is my hele lewensloop opgeskryf
nog voordat dit begin het."
Iemand kan dalk sê dat Dawid ook 'n man was. So hy kan maklik praat en wie sê in elk geval dat dit wat hy geskryf het onder lyding van die Heilige Gees was, of dat dit wat hy geskryf het hoegenaamd in die Bybel moes gewees het siende wat ons als van hom weet?
Weer sê ek dat ek net die Bybel het.
So kom ons kyk wat is die getuienis in die Bybel oor Dawid se geloofwaardigheid.
Dit is Jesus wat hier oor Dawid getuig:
Mat 22:43
Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees Here noem
Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees Here noem
as hy sê:
Mat 22:44
Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u
Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u
vyande gemaak het 'n voetbank van u voete?
Jesus kwoteer Dawid en dan sê Hy dat Dawid onder lyding van die Gees skryf wat hy geskryf het.
Die gedeelte wat Jesus kwoteer het, is die volgende:
Psm 110:1
Van Dawid. 'n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my
Van Dawid. 'n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my
regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete.
As Jesus vir Dawid kwoteer, kan ek met algehele sekerheid ook vir Dawid
kwoteer.
Op 'n ander plek in die Bybel sê God self vir Jeremia:Onthou nou, dit is ons Here self wat hier praat:
Jeremia 1 vers 5:
5"Nog voordat Ek jou laat begin lewe het, het Ek jou uitgekies. Ek het jou reeds voor jou geboorte vir My afgesonder en jou aangestel om 'n profeet vir die nasies te wees."
EFE 1:3
Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën
Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën
het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
EFE 1:4
soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld
soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld
om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,
EFE 1:5
deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te
deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te
neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil,
EFE 1:6
tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het
tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het
in die Geliefde.
Jy sien, voordat my ma swanger geraak het, het God my reeds so goed geken, dat Hy 'n meesterplan vir my hele lewe opgetrek het.
Soos ek baie keer sê as ek my saak gestel het:
"I rest my case."
Ek wil net vir die interessantheid daarvan noem, dat ek teenoor 'n sekere prediker my saak gestel het soos wat ek dit hier gestel het.
Sy reaksie was as volg.
"As 'n vrou gewelddadig verkrag sou word, hy haar sou ondersteun, indien sy 'n aborsie sou wou hê.
Persoonlik kan ek nie dink aan 'n manier van verkragting wat nie gewelddadig is nie maar dit daar gelaat.
Ek sê soos die sportmanne so graag van skeidsregters sê: "Hulle moet konsekwent wees."
In ons geval dan, moet die kerkmanne, of dan skeidsregters wat agter die kansels staan ook net konsekwent wees en vir ons sê wanneer het 'n lewe nou waarde? Wanneer dit "gewelddadige verkragting" is, Of wanneer dit net vir die lekker oor die tou trap is?
Het 'n baba wat deur verkragting, kom ons los nou maar die "gewelddadige" gedeelte daarvan uit. Volgens my kry jy nie 'n nie gewelddadige verkragting nie. Het so 'n baba wat verwek word, minder reg om te lewe, as twee mense wat sommer terwille van hul eie drange 'n kind verwek en dan 'n "vrywillige aborsie" soos dit genoem word, aanvra.
Sal jy vir die een sê, dat jy mag 'n aborsie laat plaasvind maar vir die ander een, jy mag nie.
Ek sluit af met hierdie vrae:
Gaan die Christine ook nou soos die terroriste besluit, wie mag lewe en wie nie?
Het ons al so aan die wêreld gelyk geword?
Stel ons die reëls op, of lewe ons volgens die Bybel?
Wie gaan van nou af besluit, volgens ons Christene, wie mag gebore word en wie nie? Sal dit God wees, of die mens?
Ek dink nou net daaraan, dat iemand vir my kan vra:
As God dan 'n meesterplan vir my in Sy boek opgetrek het, hoe is dit dan dat so baie mense se lewens so vol probleme is?
Ek is na die beeld van God geskape. Met ander woorde in my is daar eienskappe van God. Ek noem vir jou twee:
God is onsterflik en ek ook. Ek gaan eendag uit hierdie aarde uittree en ek gaan die hemel intree en daar verewig lewe. Of, ek gaan eendag hier uittree en die hel intree en daar verewig 'n verskriklike dood sterf en tog nooit sterf nie.
Dan ook, God het 'n wil van Sy eie en so ook ek.
God wil hê dat alle mense moet hemel toe gaan en tog gaan die meeste mense hel toe, omdat hulle hul wil uitoefen om God nie te dien nie.
Jy sien God het 'n meesterplan vir my lewe opgestel maar as ek my wil uitoefen en nie die plan wil volg nie en veranderings aanbring, dan moet ek nie die skuld voor God se deur lê nie.
Dan is daar ook gevalle waar mense in situasies beland wat hulleself niks meer te doen gehad het nie.
Soos, ek het niks daarmee te doen dat ek blind is nie maar van myself en alle sulke gevalle sê ek soos my groot held Paulus:
1 Korintiërs
13 vers 12:
12Net so kan ons nou nog die dinge van God nie heeltemal verstaan nie. Ons is soos iemand wat in 'n spieël iets sien wat hy nie kan uitmaak nie, maar eendag sal ons God werklik van naby sien. Wat ons op die oomblik weet, is maar 'n deeltjie, maar eendag sal ons alles weet, net soos God nou reeds alles van my af weet.
In die tussentyd juig ek saam met Dawid:
Psalm 33 vanaf vers 20:
20Ons sien uit na wat die Here gaan doen,
want dit is Hy wat ons help en ons beskerm.
21Ons werklike vreugde kom van Hom af,
want ons vertrou op sy heilige naam.
22Laat u getroue liefde by ons bly, Here,
want U is ons verwagting.
Geniet jou lewe vandag en altyd in die Here.
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.