Met die optrede van 'n groot klomp van ons Christene, So 'n jaar of wat gelede, oor Deon Maas se skrywe oor satanisme en hoe ons wat daarop neerkom, nou konsuis satanisme behoort te verdra, het die verdraagsaamheid van Christene toe ter sprake gekom en ek het toe gevoel dat ek wil my stuiwer ook in die armbeurs gooi.
As jy dalk nie die, kom ons noem dit "die gebeure" van destyds meer kan onthou nie, in kort is dit wat gebeur het.
Deon Maas het in Rapport geskryf, dat ons wat hierop neer gekom het, meer verdraagsaam teenoor satanisme moet wees.
Nadat Christene mekaar aangemoedig het om nie meer die Rapport te koop nie en ook winkels wat die koerant verkoop ook te boikot en daar ook winkels was, wat gesê het, hulle gaan nie meer die Rapport verkoop nie, het Rapport toe besluit om nie meer Deon Maas se rubriek in die toekoms te plaas nie.
So hier is dit dan.
Deon het op 14 November 2007 in 'n onderhoud met die omroeper in die program Monitor op RSG onder andere gesê, dat Christene daardie bandjies wat hulle dra wat sê:
"What would Jesus do?"
Daardie bandjies moet hulle liewer nie meer dra nie, want, het hy gesê, dat Jesus sou nie gedoen het wat die Christene gedoen het nie.
Die omroeper het toe ook 'n beroep op ons mense gedoen, om meer verdraagsaam te wees.
Voordat ek na die Woord gaan en kyk of Deon en ander wat soos hy voel, Soos byvoorbeeld daardie omroeper van RSG 'n punt het, net eers dit.
Daar is 'n Engelse gesegde wat sê:
"What is good for the goose is good for the gander."
Vir my is dit dan mos net logies, dat as jy satanisme en hulle rituele moet verdra, jy ook byvoorbeeld pedofiele en hulle drange saam met die van ander kindermolesteerders moet verdra. Al drie verwoes mense se lewens en:
"What is good for the goose is good for the gander."
Ons leef in 'n tyd waarin die wêreld al hoe meer verdraaid word, daarom hoor 'n mens ook al hoe meer die uitlating:
"Die wat verkeerd doen kry beter beskerming en ondersteuning as die wat 'n reguit paadjie loop."
Daarom was dit vir my persoonlik so 'n wonderlike ervaring om te kon beleef het hoe ons as Christene saam gestaan het in hierdie saak.
As iemand ooit weer vir my sê:
"Die Christene In Suid-Afrika, kan nie saam staan nie."
Sal ek antwoord:
"Kom laat ek jou vertel van die geval, Deon Maas, rapport en satanisme."
Nou goed, wat sien ek in die Woord, wat dit wat ons gedoen het ondersteun.
Ek gaan net van die Nuwe Testament gebruik maak, omdat dit is waar Christene om dit so te stel ontstaan het en dan net enkele voorbeelde.
Ek wil dan begin, met hoe verdraagsaam of dan nie, Jesus se volgelinge oor sekere dinge gewees het.
Daar was die geval, waar 'n man, die gawe van handoplegging by hulle wou koop.
'n Mens sou nou sê, dat die man onkundig gewees het en hulle hom net op 'n mooi manier moes reggehelp het, met ander woorde meer "verdraagsaam" moes gewees het.
Kom ons kyk wat het gebeur.
HAN 8:18 En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied
HAN 8:19 en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.
HAN 8:20 Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry.
HAN 8:21 Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie.
HAN 8:22 Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.
Natuurlik is daar tye wanneer ons moet verdra maar daar is ook tye wanner ons moet
sê:
"Tot hier toe, nou tree ons op."
Dan was daar die ou wat bedreig gevoel het en toe maar net probeer het om sy
belange te beskerm.
As daar radio's destyds gewees het, sou daar dalk ook 'n omroeper gewees het, wat
meer "verdraagsaamheid" bepleit het want, so met die tong in die kies, kyk net
watter "skokkende" optrede sou hy gesien, beleef en dalk oor verslag moes gedoen het.
HAN 13:8 Maar Élimas die towenaar—want so word sy naam vertaal—het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof.
HAN 13:9 Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:
HAN 13:10 Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?
HAN 13:11 En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son 'n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.
HAN 13:12 Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verslae oor die leer van die Here en het geglo.
Weer sê ek, dat natuurlik is daar tye wanneer ons moet verdra maar daar is ook tye
wanner ons moet sê:
"Tot hiertoe, nou tree ons op."
Jy moet maar self besluit, of mooipraat of 'n mooi briefie, vol verdraagsaamheid
natuurlik, aan die koerant destyds om nie die berigte van Deon Maas oor satanisme te plaas nie, dieselfde uitwerking sou gehad het as die optrede waarop ons Christene besluit het.
Daar was natuurlik ook die geval waar Paulus ook tot die slotsom gekom het, dat geen
mooipraat of "verdraagsaamheid" hier meer gaan help nie.
1TIM 1:19 en aan die geloof en 'n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely,
1TIM 1:20 onder wie daar is Himenéüs en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie.
Weer sê ek, natuurlik is daar tye wanneer ons moet verdra maar daar is ook tye
wanner ons moet sê:
"Tot hiertoe, nou tree ons op."
Ek sluit af met die voorbeeld wat Jesus vir ons gestel het, want Deon Maas het mos
gesê ons moet vanweë ons optrede nie meer daardie bandjies dra waarop die volgende
geskryf is nie:
"What Would Jesus Do?"
So, kom ons kyk of hy reg is. Want, Deon Maas het mos gesê, dat Jesus nie sou
optree soos wat ons teen sy berig oor satanisme opgetree het nie.
JHN 2:13 En die pasga van die Jode was naby, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
JHN 2:14 En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit.
JHN 2:15 En Hy het 'n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.
JHN 2:16 En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader 'n handelshuis maak nie.
JHN 2:17 En sy dissipels het onthou dat daar geskrywe is: Die ywer vir u huis het my verteer.
Die gedeelte uit die Woord wat die dissipels onthou het, staan in Psm 69:10
Psm 69:10 Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.
Weer sê ek, natuurlik is daar tye wanneer ons moet verdra maar daar is ook tye
wanner ons moet sê:
"Tot hiertoe, nou tree ons op."
Want:
Psm 69:10 Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.
Onthou ook.
1PET 5:8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.
1PET 5:9
Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
Groete
Sakkie
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.