DIE BLOKFLUIT SPEELSTERJIE

Ek het na 'n onderhoud oor die radio geluister, toe die man met wie die onderhoud gevoer is, iets aangrypend vertel het. Ek kon nie anders nie, ek het sommer begin huil maar dan, ek huil maklik waar dit by kinders kom.

Die onderhoud was gevoer met Karel de Graaf.

As jy nie weet wie Karel de Graaf is nie, ek het ook nie geweet dat daar so iemand bestaan het nie maar ek weet nou en ek het ook groot respek vir hom gekry.

Hy het die Hillbrow se Gemeenskap Musiek sentrum begin.

Hy vertel die volgende aangrypende verhaal.

Ek hoop dat ek dit presies reg vir jou vertel, want ek het baie bewoë geraak, Oor wat hy vertel het.

Hier is die kort maar wil ek weer sê aangrypende verhaal.

Hy was een Ou Kers aand besig om op die orrel te oefen vir die volgende dag se diens.

Hy het later moeg geword van die oefen en besluit om 'n end te gaan stap. Dit was 'n nat dag en dit het weer begin reën.

Terwyl hy so stap, hoor hy iemand speel daardie ou liedjie "Jesus min my."

Hy stap toe op die klank af en kom toe af op 'n dogtertjie, een van sy leerlinge, wat nat en soos hy dit gestel het "waarskynlik ook honger," onder 'n groot nat karton sit en sy speel "Jesus min my."

Karel het dit nie gesê nie maar ek neem aan dat die Blokfluit seker die sentrum sin was wat vir haar geleen was.

Onmiddellik toe ek hierdie verhaal hoor, het drie gedeeltes uit ons Here se woord in my hart, jy kan maar sê in geskiet.

Voordat ek vir jou die drie gedeeltes kwoteer, wil ek eers vir jou die dogtertjie se omstandighede skilder soos ek dit gesien het.

Dit is Ou Kers aand.

Dit is nat en dit reën.

Vannag kom Kersvader en sy gaan nie 'n present kry nie.

Môre gaan wees soos gister en vandag, met sy koue en sy honger.

Ten spyte daarvan, gaan sit sy met haar nat rokkie onder 'n nat Karton, met haar geleende Blokfluit en sy speel"Jesus min my."


 

Mat 18:2 Toe roep Jesus 'n kindjie na Hom en laat hom in hulle midde staan

Mat 18:3 en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

Mat 18:4 Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.

Mat 18:5 En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My;

Mat 18:6 maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat 'n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.


 

Heb 11:1 Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.


 

Heb 11 6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag want hy wat tot God gaan moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.


 

Daar het die dogtertjie in Hillbrow onder die nat karton, tussen die "drug peddlers" en

die ander "crime" gesit en haar hart het gesing en haar geleende fluit het gespeel:

"Jesus min my" en die klanke het getrek tot in my hart en verder oor

die Internet tot by jou en so behaag sy nog steeds ons Here met haar geloof.

Dat, ten spyte van die reën en die honger en die koue en dat Kersvader haar nie gaan

raaksien nie, Jesus haar nog min.


 

Want jy sien, Jesus self sê:


 

JHN 15:13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

JHN 15:14 Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.


 

Toe gaan gee Hy Sy lewe vir ons op Golgota.

Daarom kan ek saam met my Groot held Paulus dit uit jubel:


 

Rom 8:35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?


 

En ook:


 


 

Rom 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

Rom 8:38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge

Rom 8:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.


 


 

Ook sing my hart uit volle bors saam met die blokfluit van die dogtertjie van Hillbrow:


 

Ja, Jesus min my. Ja, Jesus min my. Ek weet dit uit Gods Woord.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.