My vrou het vir my 'n e-mail gelees wat sy gekry het, wat my baie ongelukkig gemaak het, omdat daar so baie haat teenoor mense van ander volke onder sommige van ons is.
Ek het toe besluit om vir jou te wys wat ons Here my pad langs gestuur het.
Lees net eers die volgende gedeelte.
Luk 10:25
En daar het 'n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
Luk 10:26
En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?
Luk 10:27
En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
Luk 10:28
Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.
Luk 10:29
Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?
Luk 10:30
En Jesus antwoord en sê: 'n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.
Luk 10:31
En bygeval het 'n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.
Luk 10:32
En net so het ook 'n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.
Luk 10:33
Maar 'n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel,
Luk 10:34
en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na 'n herberg geneem en vir hom gesorg.
Luk 10:35
En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.
Luk 10:36
Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?
Luk 10:37
En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.
Die eerste wat jy hier in gedagte moet hou is, Jesus doen of sê nooit iets
sommer net om dit te sê of om dit te doen nie. As Jesus 'n Samaritaan as
voorbeeld gebruik om naasteliefde te demonstreer, dan moet jy weet dit is die
beste voorbeelde wat daar is om naasteliefde te demonstreer.
Ek wil dan begin om jou iets in hierdie besondere verhaal te wys, wat my
dadelik getref het omdat ek weet oor hoe die Jode en die Samaritane oor
mekaar gevoel het.
Aan die einde van die verhaal vra Jesus vir die man:
Luk 10:36
Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?
Die man antwoord vir Jesus:
Luk 10:37
En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so…
Jy sien die Jode het Samaritane so gehaat, Dat jy nie 'n goeie welopgevoede
Jood so ver sal kry om daardie vieslike word "Samaritaan" te sê nie.
Jesus sê met ander woorde vir hierdie man, dat al is die mens wat sy pad langs
kom so verfoeilik dat hy nie eens homself so ver kan kry om sy
bevolkingsgroep se naam te noem nie, dan is daardie persoon sy naaste. Dan
moet jy hom liefhê.
Jesus leer my hier, dat as iemand, om dit so te stel, my pad kruis, is daardie persoon
my naaste en die besluit lê nie by my of die persoon my naaste is nie. Ons Here het
klaar die besluit geneem dat daardie persoon my naaste is.
Onthou jy word nie deur God 'n keuse gegee nie, jy word 'n bevel gegee, omdat ons
Here klaar die keuse vir jou gemaak het.
Luk 10:27
En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
Nou moet ek tog nie dink dat omdat ek baie godsdienstig is en myself 'n Christen
noem, ek partykeer anders kan optree nie.
Jesus gebruik juis as voorbeelde van hoe ons nie moet optree nie, godsdienstige
mense.
Luk 10:31
En bygeval het 'n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.
Luk 10:32
En net so het ook 'n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.
Ek het 'n groot vriend gehad en op 'n dag kom hy by my en sê dat hy gaan trek, want
hy woon nie langs 'n anders kleurige nie.
Ek vra hom toe, wat hom dan beter maak as God. Waarop hy my vra, wat my dan laat
dink, dat hy dink hy is beter as God.
Ek sê toe vir hom, dat God bereid is om in die mense wat langs hom kom woon, te
woon en hy is nie eens bereid om as Christen langs die mense te woon nie.
Jy sien, hier is 'n klompie van ons op hierdie aarde, wat ons self Christene noem wat
sal moet leer om saam met mense van ander rasse te lewe. Want as ons in die hemel
kom gaan daar baie mense van ander rasse wees en ons sal verewig saam met hulle
moet leef.
Soos ek reeds gewys het, kan ek ook nie my naaste kies nie.
Die man wat daar in die pad gelê het en die Samaritaan was nie vriende nie. Hulle
was ook nie kollegas nie en hulle was ook nie kennisse nie.
Jy sien, elke persoon met wie ek in aanraking kom is my naaste
Jesus het Sy vyande lief gehad en Hy sê vir my en jou en elke persoon wat homself 'n
Christen noem:.
Mat 16:24
Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
Op 'n ander plek sê Jesus:
Mat 10:38
En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
Johannes maak die volgende stelling:
1JHN 4:19
Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.
1JHN 4:20
As iemand sê: Ek het God lief—en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?
My vrou gebruik altyd die volgende gesegde:
"Talk is cheap, but money buys the whisky."
Ek sê weer altyd:
"if you don't live it, you don't believe it."
Mag dit vir jou 'n heerlike dag wees.
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.