DIE NUWE APOSTOLIES

Iemand het my na hierdie onderwerp gevra.

Ek deel ook met jou van dit wat ek onder andere van die internet af gekry het.

Ek is jammer vir die groot spasies tussen bladsye maar met my rekenaar kennis kon ek nie beter doen nie.


 

HERSTELDE APOSTELAMP EN -AANSPRAKE:

Die herstel van die apostelamp in die NAK, en sy geloof in die lewende apostels van vandag is die NAK se kerndwaalleer en staan absoluut sentraal. Hierdie allesoorheersende leerstelling van die NAK sentreer rondom hulle Apostelleer. Hulle glo dat die Here Jesus steeds Sy Kerk deur lewende Apostels regeer. Hierdie Apostels besit dan besondere magte. Hulle het die opdrag om te leer, sonde te vergewe, met die Heilige Gees te doop, ampsdraers te kies, in hul ampte verordineer en dat alle gawes en kragte uit die Apostelamp voortkom. Hierdie Apostels vorm saam met die sogenaamde "Stamapostel" 'n gemeenskap wat aan die mensdom die saligheid en verlossing aanbied en die Ewige Lewe aan die gelowiges gee, selfs aan dooies.

Die Apostels besluit oor die verdienstes van Jesus Christus en is die hoëpriesters van ons dag. Wanneer die lidmaat van die NAK dus die Apostels as boodskappers van God aanneem en die sakramente uit hulle hand ontvang, word hulle ook kinders van God en nuwe skepsels uit die Heilige Gees.

Die Apostels word dan gesien as die "godgewilde plaasvervanging van Jesus Christus in die vlees". Hulle is dus in 'n sekere sin Jesus Christus self!

Dit blyk ook dat die NAK-Apostels se verlossingswerk selfs nie by hul dood ophou nie, maar in die hiernamaals onder die dooies voortgesit word. Die Stamapostel "leef" na sy dood in die lidmate voort wat daarop dui dat "Stamapostelverafgoding en -verheerliking geen grens het nie."20

2.1 DIE STAMAPOSTEL:

Die Stamapostel (gesien as die hoofapostel) is die samebindende faktor. Hy is die SIGBARE HOOF van die kerk, die HOOFLEIER van alle Apostels en die HOOGSTE GESAG in alle aangeleenthede. Dus is hy die meeste bevoeg om die Heilige Skrif te verduidelik. Hemeltergende uitsprake word van die Stamapostels gemaak, soos:

"In die vlees staan God hier nou voor ons";

"Wie zich van mij afscheidt, scheidt zich van Jezus af"; en

"Our beloved Chief Apostle lays down his life for the people of God".

Die Stamapostel stort die Heilige Gees uit en verleen hierdie mag ook aan dieApostels.

Die Stamapostel word dus in die praktyk letterlik verheerlik as God, as Christus en vrymagtige beskikker oor en skenker van die Heilige Gees. Mensvergoddeliking is dus die basis waarop hulle leer berus.


 

Dit is belangrik dat ons hierdie struktuur met die Bybelse struktuur vir die kerk van Jesus Christus vergelyk:-

Vervolg op die volgende bladsy.


 


 

DIE NAK SE HIËRARGIESE LEERSTELLING VAN DIE AMPTE:

Die NAK maak daarop staat dat hulle kerklike organisatoriese struktuur met die van die vroeë kerk ooreenstem. Die diagram toon hierdie sogenaamde Bybelse struktuur.

StamapostelDistrikapostelApostelHoëpriesterlikeAmpteOpsienerDistriksoudsteDistriksevangelisGemeente-oudsteHerderGemeente-evangelisPriesterPriesterlike ampteDiakenOnderdiakenDiakonaleAmpte

Volgens die bostaande struktuur sien ons dat daar 12 ampte in die NAK is. Die NAK het van hierdie ampte geskep en antwoord: "Die ampte wat nie in die Bybel genoem word nie, het as gevolg van die ruime uitbreiding van die gemeentes noodsaaklik geword." (Kategismus Vraag & Antw 225, "V&A" Soos aangehaal in Bybelkor kursus So Dwaal die Nuwe Apostoliese Kerk, 1982, bls 36) Hierdie 12 ampte is in drie groepe ingedeel, die hoëpriesterlike, priesterlike en diakonale ampte wat onder die volgende eenhede resorteer: Stamapostel; Apostelkollege; Aposteldistrikte; Opsienersdistrikte; Oudstedistrikte en gemeentes. (Huisreël bls 5-6; V&A 223. So Dwaal....,p.36) Wanneer na die Bybel gekyk word (Ef 4) dan sien ons in hierdie struktuur niks van die leraarsamp nie, terwyl die profete amp verdwyn het. In die struktuur van die NAK "bekleë die Stamapostel die onbetwisbare 'Goddelike' leierskapposisie in die toppunt van die piramide." (So Dwaal..., p.37) Die Stamapostel staan bo alle twyfel en kan selfs besluite van die Apostelkollege veto.

Nie een van hierdie ampte ontvang enige teologiese opleiding nie en die lang pad van "bevordering"maak dit vir lidmate aanloklik om na bevordering te streef. Gehoorsaamheid aan die apostels is bevorderlik vir die lidmaat se bevordering en hierin het ons 'n vorm van psigiese beheer oor die individuele lidmaat deur die leiers. Dus is ongehoorsaamheid, teenkanting en kritiek nie maklik onder lidmate van die NAK te vinde nie


 


 


 

DIE BYBEL


 

Christus is die Hoof van die Sy kerk: Kol 1:18.

Die kerk is die liggaam van Christus: Ef 4:15-16

Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word: Rom 10:9-13.

Almal wat bely dat Jesus die Christus is, behoort aan die kerk van Christus Mat 16:16-18; 1 Joh 5:1.

In die kerk van Christus word die Woord suiwer verkondig: 1 Kor 2:1-5.

In die kerk word die twee sakramente wat Christus ingestel het, bedien: 1 Kor 11:23-26.

'n Persoonlike verhouding met Jesus Christus verleen die sekerheid van verlossing: 1 Joh 5:9-12

Christus gebruik die ampsdraers in die kerk om die lidmate vir dienswerk aan Hom toe te rus: Ef 4:11-12.

9 Christus lei sy kerk deur die werk van die Heilige Gees: Hand 13:2; 15:28.


 

DIE NAK


 

Die Stamapostel is die hoof van die kerk.

Die kerk is die herstelde verlossingswerk van God.

Elkeen wat deur die apostel met die Heilige Gees verseël word, word gered.

Almal wat by die NAK aansluit, behoort aan die kerk van Christus.

Dit wat die Stamapostel en die apostels sê, is die woord van God.

Vir die NAK is die verseëling* belangriker as die twee Bybelse sakramente.

Lidmaatskap en die verseëling waarborg verlossing.

Die apostels neem Christus se plek in die NAK in en word self verheerlik en gedien.

Die apostels "stort die Heilige Gees uit" waar en wanneer hulle wil.

Vervolg op die volgende bladsy.


 

. DIE NAK SE HIËRARGIESE LEERSTELLING VAN DIE AMPTE:

Die NAK maak daarop staat dat hulle kerklike organisatoriese struktuur met die van die vroeë kerk ooreenstem. Die diagram toon hierdie sogenaamde Bybelse struktuur.

StamapostelDistrikapostelApostelHoëpriesterlikeAmpteOpsienerDistriksoudsteDistriksevangelisGemeente-oudsteHerderGemeente-evangelisPriesterPriesterlike ampteDiakenOnderdiakenDiakonaleAmpte

Volgens die bostaande struktuur sien ons dat daar 12 ampte in die NAK is. Die NAK het van hierdie ampte geskep en antwoord: "Die ampte wat nie in die Bybel genoem word nie, het as gevolg van die ruime uitbreiding van die gemeentes noodsaaklik geword." (Kategismus Vraag & Antw 225, "V&A" Soos aangehaal in Bybelkor kursus So Dwaal die Nuwe Apostoliese Kerk, 1982, bls 36) Hierdie 12 ampte is in drie groepe ingedeel, die hoëpriesterlike, priesterlike en diakonale ampte wat onder die volgende eenhede resorteer: Stamapostel; Apostelkollege; Aposteldistrikte; Opsienersdistrikte; Oudstedistrikte en gemeentes. (Huisreël bls 5-6; V&A 223. So Dwaal....,p.36) Wanneer na die Bybel gekyk word (Ef 4) dan sien ons in hierdie struktuur niks van die leraarsamp nie, terwyl die profete amp verdwyn het. In die struktuur van die NAK "bekleë die Stamapostel die onbetwisbare 'Goddelike' leierskapposisie in die toppunt van die piramide." (So Dwaal..., p.37) Die Stamapostel staan bo alle twyfel en kan selfs besluite van die Apostelkollege veto.

Nie een van hierdie ampte ontvang enige teologiese opleiding nie en die lang pad van "bevordering"maak dit vir lidmate aanloklik om na bevordering te streef. Gehoorsaamheid aan die apostels is bevorderlik vir die lidmaat se bevordering en hierin het ons 'n vorm van psigiese beheer oor die individuele lidmaat deur die leiers. Dus is ongehoorsaamheid, teenkanting en kritiek nie maklik onder lidmate van die NAK te vinde nie.

Vervolg op die volgende bladsy.

Ek het dit wat jy nou gelees het, geplaas net soos wat ek dit gekry het.

Toe ek hierdie klaar gelees het, het ek weer besef, dat as ek in hierdie mense se geloof beland het, sou dit vir my nag, pik swart nag gewees het.

Sover my kennis strek, is die ou en nuwe apostels maar dieselfde. Selfde "gravy," net 'n ander sousie.

Twee van hulle grootkoppe het baie jare gelede met mekaar verskil, 'n hofsaak het gevolg en siedaar van toe af sit ons na my mening, met vinkel en koljander. Want, so lyk dit vir my. Die een lyk soos die ander.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.