Ek het 'n boek gelees. Die boek se naam was "The Jewish Connection" deur M. Hirsh Goldberg.
Dit is vir my 'n baie insiggewende boek, waarin die man jou amper toegooi met allerhande feite.
Een van die feite wat hy noem is die volgende:
Dat, Amerika nog nooit teen die Jode gegaan het nie maar inteendeel nog altyd hulle kant gevat het.
Ek het toe my gedagtes so 'n bietjie laat gaan en ek deel nou met jou wat in my gedagtes opgekom het.
Verdra my en lees tot die einde dan sal jy sien, hoe die gedagtes oor die Jode, my by jou en my uitgebring het.
Ek kry baie e-mail van mense wat werklik in God glo maar daar gebeur so baie dinge om hulle, wat nie vir hulle sin maak nie en dan wonder hulle of God nog hoegenaamd belang stel in wat hier op aarde gebeur.
Ek sê altyd, want dit is soos ek dit sien, dat tekens is vir die gelowige om hom of haar te stig.
So, ek wys jou, kind van God hierdie wat ek 'n hedendaagse teken wil noem om jou te stig.
Die Here het aan Abram,wie die stamvader van die Jode is, 'n belofte gemaak.
Gen 12:1
En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.
Gen 12:2
En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy 'n seën sal wees.
Gen 12:3
En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Dit wat God sê, dit doen Hy.
Ek sê altyd vir die mense, dat daar vir my drie sake uitstaan wat die Jode aanbetref.
Eerstens:
Dat die land wat baie volke van hulle wil wegneem, deur God aan die Jode gegee was en enige volk of indiwidue wat dit teenstaan, met ander woorde ook direk teen God se begeerte gaan.
Ek kan nou ook baie, baie gedeeltes uit God se woord kwoteer om dit uit te wys maar ek volstaan met hierdie een.
Exo 33:1
Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee;
Exo 33:2
en Ek sal 'n engel voor jou uit stuur—en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe—
Tweedens:
Terwyl ek hier skryf, kan ek soos in die verlede nie aan een enkele volk dink wat al
ooit teen die Jode opgestaan het en nie daarna agteruit of heeltemal tot niet gegaan het
nie.
Daar is ook heelwat voorbeelde in die Bybel van wat met diegene gebeur het wat die
Jode goedgesind was maar in die tyd wat ons lewe, staan Amerika uit.
Mense kan nou met my hieroor verskil maar volgens my, het God Amerika in feitlik
elke opsig die magtigste volk in die wêreld gemaak en Amerika is ook een van die
jongste volke wat vandag bestaan. Ek dink ons is die jongste.
Derdens:
Dit is vir my, jy kan maar sê, die "cherry" op die koek.
Die saligheid is uit die Jode.
Gen 12:3…
en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Dit is Jesus wat hier praat.
JHN 4:22
Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.
God sal altyd seën, die wie die Jode seën.
Gen 12:3
En Ek sal seën diegene wat jou seën,…
Ek glo dit is waarom Amerika so geseënd is.
Ons moet egter nie vergeet nie, dat God ook sê.
Gen 12:3…en hom vervloek wat jou vervloek…
Soos ek reeds gesê het dat ek glo, dat tekens is vir die gelowige. So, kind van God kyk na dit wat ek "die teken van die Jode" noem
Wat ek jou nou gewys het en onthou dan dat jy deel is van 'n uitverkore volk.
Dit is Jesus wat hier praat.
Mat 21:43
Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.
Rom 9:23
juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid,
Rom 9:24
ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?
Rom 9:25
Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;
Rom 9:26
en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
1PET 2:9
Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
1PET 2:10
julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
Daarom kan ek en jy, kind van God dit uit jubel.
OPG 5:9
Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,
OPG 5:10
en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.
So hou goeie moed kind van God want, as ek dan nou die teken wat ek vir jou
uitgewys het net weer kan opsom.
As God Sy belofte teenoor Abraham tot in die fynste besonderheid gestand doen.
Hoeveel te meer sal Hy Sy belofte gestand doen, teenoor jou en my vir wie Hy met Sy
Seun se lewe betaal het.
Wat dan nou, sal God ons aanneem en sy belofte teenoor Abraham nie meer hou nie?
Nee, natuurlik nie!
My groot held Paulus verduidelik dit so.
Rom 11:1
Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook 'n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin.
Rom 11:2
God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê:
Rom 11:3
Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe!
Rom 11:4
Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie.
Rom 11:5
Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd 'n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.
So, kind van God, om dan saam te vat.
Ek kyk na Israel se geskiedenis en ek kyk na die Jode vandag en ek kyk na Amerika wat in 'n paar honderd jaar, wat in 'n volk se bestaan eintlik niks is nie. Van niks ontwikkel het tot die magtigste volk op aarde en ek weet, dat hier op aarde nog steeds, soos ons in Afrikaans sê:
"Die mens wik maar God beskik."
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
Groete
Sakkie
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.