EK KAN MAAR NET NIE WEN NIE

Ek het so lekker gekry toe ek die een lees, want dit is nou een geval waar my vrou nie kan "score" nie!!!

Jy sien, sy weet al gee sy my haar "eyeglasses" gaan dit haar tog niks help nie, om die dood eenvoudige rede, dat geen "eyeglasses" vir my iets gaan laat sien nie.


 

** I wear my wife's eyeglasses because she wants me to see things her way.


 

Toe ek nou weer lees waaroor ek so lekker gekry het, tref dit my dat sy eintlik toe weer wen, want as ek na die toekoms kyk vanwaar ek staan, lyk dit maar taamlik donker sonder haar.

Toe onthou ek weer dat ek darem vir Vasco my gidshond het om my te help. So daar is darem lig aan die einde van die tonnel maar toe sak my moet maar weer in my skoene, toe ek weer erns lees:

"The light at the end of the tunnel might be a train."

So, "the moral of the story" is, dat 'n man maar net nie teen sy vrou kan wen nie. In elk geval nie hierdie arme man nie.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.