NAIL YOUR COLOURS TO THE CROSS


 

Toe ek een jaar vir opleiding saam met my nuwe gidshond moes gaan, omdat die gidshond wat ek toe gehad het te oud geword het om my te lei was daar saam met my 'n kleurling wat ook vir opleiding gekom het.

Hy was so eg Kaaps soos Tafelberg en hy het altyd as ons in 'n groep gesit en gesels het en ons gesels oor 'n sensitiewe onderwerp, gesê:

"Kom nou mense, moet nie doekies omdraai nie, noem die sonde by die naam."

Hier is nou weer 'n e-mail wat vir my gestuur was,wat vir my heerlik was om te lees. Die skrywer draai ook nie doekies om nie en hy noem die sonde by die naam.


 

Nail your colours to the Cross.


 

Over the last two thousand years and in the name of Christianity, nations, kings and men of God have undertaken wars and brutal acts of tyranny to extend the Kingdom of God. At the same time Believers have been murdered, raped, locked up in prison even crucified for their faith. In fact many of the early believers found themselves in the arena fighting of lions, tigers

and warriors of Godless nations. I am sure that you recognise that the godlessness of the world around us is comparable with those early years of Christianity, we must surely identify that the curtain of darkness is extending it self over the world in preparation for the return of the Lord Jesus Christ and the Final Armageddon. There is no time like the present to identify yourself and hang your true colours on the Cross-at Calvary, while carrying your cross for Jesus.


 

"Then said Jesus unto his disciples, If any man will come after me, let him deny himself, and take up his cross, and follow me. "(Mat 16:24 KJVA)


 

Today I want to make it known to you that I am a fundamentalist. I want you to look carefully at what I am going to say because I believe that the time is upon us where we need to be sure of our position because there is going to be a falling away before the anti-Christ is revealed.


 

"Let no man deceive you by any means: for that day shall not come, except there come a falling away first, and that man of sin be revealed, the son of perdition;" (2Th 2:3 KJVA)


 

So are you ready, I serve the God of Abraham, Isaac and Jacob, the Living God the Creator of All things, without question I believe in the Word of God its accuracy and its truth, I believe in the Virgin Birth and the fullness of the deity of Jesus Christ, I believe in the resurrection of Jesus Christ and His Second Coming. I believe in Water Baptism. I believe in the Unity of

the Church and the fellowship of the brethren. It is my determination not to be left wanting in the things of God and I believe it, because God says so.

It is my belief that the Word of God has everything man needs and in its totality is the total instruction book our handbook for life.


 

That was simple but now I am going to lead you into the areas, which may push your boundaries a little. My God is a monotheistic God; He is the Only God and there are no other God other than Him, He is the one God the creator of all things, this means no matter what you view, and no matter what you believe we don't serve the same God as the Muslim and the Multi-Faith movement that the wider church has become part of is a deception from the pit of Hell. It does not matter how you look at abortion, it is murder and I stand against it because God say that we shall not kill. I stand against covetousness, theft because the word of God says do not steel, Homosexuality is not acceptable it is an abomination in the eyes of God, and God says they will receive their punishment. I stand against adultery and every form of sexual immorality incest and rape. I stand against Divorce and the destruction of family life that is taking place in these times. I stand against child abuse. I stand against the occult, spiritism, clairvoyance, fortune telling, astrology and spiritual witchcraft. I stand against

pornography and prostitution. I stand against the New Age Movement and Humanism. I stand up against drugs, alcoholism and foul language. I stand against every cult and misrepresentation of the Lord Jesus Christ.


 

"I am the LORD thy God, which have brought thee out of the land of Egypt, out of the house of bondage. Thou shalt have no other gods before me. Thou shalt not make unto thee any graven image, or any likeness of any thing that is in heaven above, or that is in the earth beneath, or that is in the water under the earth: Thou shalt not bow down thyself to them, nor serve them: for I the LORD thy God am a jealous God, visiting the iniquity of the fathers upon the children unto the third and fourth generation of them that hate me; And showing mercy unto thousands of them that love me, and keep my commandments." (Exo 20:2-6 KJVA)


 

"Thou shalt not kill." (Exo 20:13 KJVA)


 

"And likewise also the men, leaving the natural use of the woman, burned in their lust one toward another; men with men working that which is unseemly, and receiving in themselves that recompense of their error which was meet." (Rom 1:27 KJVA)


 

Today I want to tell you that the world is full of people who call evil good. We live in a world that has lost its spiritual balance and its value system. Under the guise of pluralism the world has made fun of the Word of God. Multiculturalism has become an excuse to worship foreign Gods. The governments have shown the green card to the lusts and perversions of the flesh by calling them alternative lifestyles. The poor are exploited daily and the needy are neglected all around us. Our leaders have abused their power and been corrupt and they try to convince us this is the political way. Our radios and television show programs in prime time that is totally

unacceptable for your viewing, let alone your children. The cross of Calvary is no fashion statement.


 

And I stand against all of this.


 

Woe unto them that call evil good, and good evil; that put darkness for light, and light for darkness; that put bitter for sweet, and sweet for bitter! (Isa 5:20 KJVA)


 


 

Father: I come to you today and I hang my colours on the cross today, I love Jesus Christ and I cry out Abba Father thank you for the salvation work of your Son. Lord I hand over every thing to you crying out Come Lord Jesus Come. In Jesus Name Amen


 

Al wat ek hier graag wil byvoeg, is dit:

"If we believe it, let us live it."


 

The Internet Daily Devotions are totally free, many are touched daily by these devotions. If you wish to contribute to the ongoing upkeep you can donate directly to our bank account.


 

Details:

SOUTH AFRICA

Acc Name: Global Hope Int Ministries

Acc No: 4051578654

Branch Code 63-20-05

Bank: ABSA Bank

St Georges Mall

Cape Town

8000

********************************************

Subscribe

To subscribe, please send an email to ddsubscribe@kingdom.co.za


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling

te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en

majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

EK DINK GOD HET ‘N SPESIALE SAGTE PLEKKIE VIR ARM EN SIEK MENSE


 

LUK16:20-21By die ryk man se voordeur het daar 'n arm man gelê. Sy naam was Lasarus. Hy was so vol sere 21dat die honde daaraan kom lek het. Lasarus het gehoop dat hy van die oorskietkos sou kry wat van die ryk man se tafel afgeval het.


 

Na die einde van sy lewe hier op aarde , was die man wie God se woord nou net vir ons beskryf het, in die Hemel.

Ek wil hierdie gesprek met jou begin, deur die volgende stelling te maak.

Daar is baie dinge in hierdie wêreld wat vir God afstootlik is maar armoede en siekte is gewis nie twee daarvan nie. Inteendeel dit lyk vir my, as ek die Bybel lees asof God 'n spesiale, kom ons noem dit met respek, sagte plekkie vir die siek en arm mense het.

Ek gaan vir jou net twee voorbeelde gee maar glo my ek kon jou baie lank met voorbeelde besig gehou het.


 

MAT11:2-6Johannes die Doper was in hierdie tyd in die tronk, maar hy het gehoor wat Christus alles gedoen het. Daarom stuur hy toe van sy volgelinge 3Om vir Hom te gaan vra: "Is U die beloofde Redder of moet ons wag vir iemand anders wat nog sal kom?"


4Jesus se antwoord was: "Gaan terug na Johannes toe en vertel hom alles wat julle My sien doen het en wat julle hier gehoor het. 5Sê vir hom mense wat blind was kan weer sien en verlamdes loop weer. Mense wat melaats was, is gesond en dowes kan weer hoor. Selfs mense wat dood was, is weer lewendig gemaak, en die Goeie Nuus word aan die arm mense gebring. 6Sê dan ook vir hom: 'n Mens wat nie oor My twyfel nie, kan bly wees.' "


 

Dit is van Jesus wat hier gepraat word.

LUK4:16-21So kom Hy toe ook in Nasaret aan, die dorp waar Hy sy kinderdae deurgebring het. Soos gewoonlik het Hy op die Sabbatdag na die sinagoge toe gegaan. Toe Hy in die sinagoge opstaan om 'n gedeelte uit die Skrif voor te lees, 17is die rol van die profeet Jesaja aan Hom gegee. Toe Hy dit ooprol, kry Hy die gedeelte waar daar staan:


    18"Die Here se Gees is in my

want Hy het my aangestel

om die Goeie Nuus oor die verlossing vir die armes te bring.

Hy het my gestuur om aan te kondig

dat die wat in slawerny was nou vry is,

en dat die wat blind was nou weer kan sien,

en dat die wat verdruk was nou vrygelaat word.


19Ek moet ook aankondig dat die jaar nou aangebreek het

wanneer die Here aan mense goed sal doen!"


20Nadat Hy die rol weer opgerol het, gee Hy dit aan die opsigter terug en gaan sit om te praat. In die hele sinagoge was elke oog nou op Hom gerig. 21Toe begin Hy: "Wat in hierdie gedeelte van die Skrif voorspel is, het vandag uitgekom!"


 

Is jy iemand wat soos 'n riet wat geknak is?

Is jy iemand wat voel jy beteken eintlik niks meer vir iemand nie? Jy is maar nog net 'n rokende lamppit.

Voel jy lewensmoeg?

Voel dit vir jou alles raak net te swaar om te dra?

Lees wat sê God in Sy Woord vir jou en vir my en as jy dit werklik op jou van toepassing maak, sal jy ook werklik vrede rustigheid en kalmte ervaar.

Ek praat van ondervinding, want daar was 'n tyd in my lewe, dat ek ook onder daardie laste gebuk gegaan het.


 

LUK12:15-21Maar Jesus het geweet waarmee hulle besig is. Daarom het Hy daarvandaan weggegaan. Daar was baie mense wat agter Hom aangegaan het en Hy het hulle almal gesond gemaak. 16Maar Hy het hulle verbied om te sê wie Hy is. 17So het die woorde van die profeet Jesaja uitgekom waar hy gesê het:


    18"God sê: 'Hy is my dienskneg wat Ek uitgekies het.

Ek het Hom lief en Ek is bly oor Hom.

Ek sal Hom my Gees gee

en Hy sal die nasies aansê dat Ek hulle sal oordeel.


19Hy sal nie argumenteer of skree nie

en hulle sal nie sy stem op die strate hoor nie.


20Waar iemand se lewe gebroke is soos 'n riet wat geknak is,

sal Hy dit nie verbreek nie,

en waar dit swak is soos 'n lamppit wat rook,

sal Hy dit nie beskadig nie.


21Hy sal so aanhou totdat God se oordeel die oorwinning behaal het.

Hy sal die volke se vooruitsig vir die toekoms wees.' "


 

MAT11:28 "Kom na My toe, dan sal Ek julle rus gee, julle almal wat moeg is en swaarkry onder die laste wat julle dra.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

ONS IS MOS OP PAD HEMEL TOE


 

Ek word partykeer nogal taamlik ontsteld as ek sien hoe baie van ons Christene uit onkunde, eintlik om Christen te wees taamlik bespotlik maak.

Daar is 'n Afrikaanse gesegde wat sê:

"Hy kla met 'n wit brood onder die arm."

Ek sê altyd, dat 'n Christen het niks om oor te kla nie. Omdat ten eerste weet ons:


 

Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.


 

Daar is min dinge wat vir my so hopeloos klink, soos wanneer 'n belydende Christen met my oor 'n blou Maandag praat.

Wat 'n belediging na God se kant toe is dit nie?

Dink net aan die goor belydenis.

"Ek is God se kind en Hy kyk so vrot na my dat Hy my, my week met 'n blou Maandag gaan laat begin.

So van goor belydenisse gepraat, ek het dit al gesê en ek sê dit weer.

As 'n bloed gewaste kind van God kla, bely ek eintlik aan die wêreld:

"Ek is 'n kind van God maar kyk net hoe vrot kyk Hy agter my."

Ek moet maar net 'n oomblik gaan stil sit en dink en ek sal sien hoe absoluut verkeerd dit van my is om te kla en ontevrede te voel oor my omstandighede.

Toe my kinders klein was het ek eendag die volgende speletjie met hulle gespeel.

Ek het vir hulle gesê dat ek hulle wil wys hoe belangrik 'n mens se hande is. So, hulle moet nou hulle hande vuisies maak en die een wie se handjies die langste vuisies bly wen die prys.

Ek kan nie meer mooi onthou wat alles gebeur het nie maar een ding sal ek nooit vergeet nie.

Ons was so 'n paar minute besig met die speletjie, toe kom my een dogtertjie na my en sê dat sy nie meer kan speel nie want sy moet nou toilet toe gaan.

So as ek gewoonlik met Christene gesels en hulle kla, maak ek gewoonlik die volgende voorstel.

As jy dink dit gaan sleg met jou, doen nou vanaand die volgende en dan gebruik ek net hierdie drie opsies maar ek kan baie ander byvoeg as ek wou.

Besluit, net om te wys dat dit slegter met jou gaan, as wat dit met jou kan gaan en dat jy rede het om te kla, dat jy more sodra jy wakker word die hele dag sonder een van die volgende drie opsies gaan klaarkom.

Jy gaan nie jou bene gebruik nie.

Jy gaan jou hande vuiste maak en dit die hele dag so hou.

Jy gaan jouself blinddoek vir die hele dag.

Dan besluit jy weer môreaand of dit regtig so sleg met jou gaan, soos wat jy gedink het.

As jy klaar een van die gestremdhede het, moet jy 'n ander een kies.

Die rede waarom ek met jou oor hierdie saak praat is, omdat ons partykeer 'n baie slegte beeld van Christen wees aan die wêreld vertoon.

Jy sien as Christen sê ek:


 

2KOR 4:6 Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.

2KOR 4:7 Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.

2KOR 4:8 In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie;

2KOR 4:9 vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.


 

FIL 4:11 Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.

FIL 4:12 Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.

FIL 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.


 

Jy sien, ons moet ons verkeerde uitkyk op die lewe verander. Ons is mos op pad Hemel toe. Dit alleen is iets waaroor 'n mens deurentyd dankbaar en opgewonde oor kan wees.


 

FIL 4:4 Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!


 

Verdra my, as ek weer afsluit met een van die twee Gesegdes waarvoor ek so lief geword het.


 

"If we believe it, let us live it."


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

OOR TIENDES


 

Iemand het vir my, my opinie gevra oor tiendes en aangesien baie mense vrae het oor hierdie saak, stuur ek vir jou my sienswyse.

Ek moes mooi te werk gaan om alles wat ek wou sê, in hierdie, nou ja, taamlike groot neutedop te sit. Glo my ek kon nog heelwat geskryf het maar ek hoop, dit wat ek wel geskryf het, sal vir iemand van hulp wees.

Ek gaan nou begin met 'n stelling wat jou dalk gaan verstom.

Ek glo nie in tiendes nie.

Volgens my beskeie mening is tiendes deel van die wet en ons is nie onder die wet nie.

Tiendes is deel van 'n ooreenkoms/kontrak/gelofte tussen die Jode en God.


 

Exo 24:4
En Moses het al die woorde van die HERE opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg 'n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.

Exo 24:5 En hy het jongmanne van die kinders van Israel gestuur; dié het brandoffers geoffer en as dankoffers bulle vir die HERE geslag.

Exo 24:6 En Moses het die helfte van die bloed geneem en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed teen die altaar uitgegooi.

Exo 24:7 En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.

Exo 24:8 Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en sê: Dit is die bloed van die verbond wat die HERE met julle gesluit het op grond van al hierdie woorde.


 

Kyk net weer na die volgende.


 

Exo 24:7
En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.

Exo 24:8
Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en sê: Dit is die bloed van die verbond wat die HERE met julle gesluit het
op grond van al hierdie woorde.


 

Baie duidelik was dit 'n ooreenkoms tussen God en net Israel.

Om die waarheid te sê, voordat Jesus vir jou en my gesterf het, was ek en jy, jy kan maar sê "goners," omdat die wet met al sy wette, ook die oor die tiendes net vir die Jode was. Omdat net hulle en God by daardie verbond/wet/ooreenkoms betrokke was.


 

EFE 2:10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

EFE 2:11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,

EFE 2:12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.

EFE 2:13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

EFE 2:14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

EFE 2:15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep

EFE 2:16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.


 

Lees net gou weer hier.


 

EFE 2:12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.


 

Sonder God in die wêreld!

"Goners" sonder die wet maar nou 'n uitverkore volk.


 

1PET 2:9 Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,

1PET 2:10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.


 

Dit lyk vir my, dat Paulus in hierdie volgende gedeelte vir die mense sê, wat ook

gehoor het, dat hulle moet so en hulle moet sus want dit is in die wet


 

KOL 2:13 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,

KOL 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,

KOL 2:15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.

KOL 2:16 Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot 'n fees of nuwemaan of sabbat nie,


 

Jesus sê die volgende oor die wet.


 

Mat 5:17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.


 

Kyk net hoe lees die wet wat Jesus vervul het.


 

Mat 22:36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?

Mat 22:37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Mat 22:38 Dit is die eerste en groot gebod.

Mat 22:39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.


 

Daar is vir die kind van God volgens my beskeie mening net twee "moets" en dit het

jy nou net gelees.

Al die ander dinge doen jy omdat jy jou Here en jou naaste lief het.


 

Nêrens maar nêrens in die nuwe testament word daar gepraat van 'n tiende wat jy

moet gee nie.

Daar word verseker gesê.


 

1KOR 16:1 Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Galásië gereël het.

1KOR 16:2 Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.


 

Jy sien, jy gee soos jou voorspoed is en heerlik deur jou liefde vir jou God en jou

naaste gedwing en as jy min wil gee gaan God jou nou nie met melaats slaan nie, met

ander woorde Hy gaan jou nou nie slaan omdat jy nie meer as sê nou maar 'n 20ste

wil gee nie maar jy moet onthou.


 

2KOR 9:5 Ek het dit dus noodsaaklik geag om die broeders te versoek om vooruit te gaan na julle toe en julle vroeër aangekondigde dankoffer vooraf in orde te bring, sodat dit gereed kan wees as 'n dankoffer en nie as iets wat afgepers is nie.

2KOR 9:6 Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.

2KOR 9:7 Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.

2KOR 9:8 En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.


 

Paulus praat van 'n dankoffer wat gehaal sal word en nie van die mense se tiendes nie.

Ons moet verseker gee.

Ons mag baie gee en as ons nie kan nie, mag ons min gee.

My liefde vir ons Here, my medemens en die werk van ons Here is al wat my, om dit so te stel, behoort te dwing om te gee, wat ek in liefde wil gee.


 

Niemand mag my dwing om 'n sogenaamde tiende te gee nie.

Ons here doen dit verseker ook nie.

Soos ek die Woord verstaan is dit nie Bybels nie en daarom, as iemand dit deel van die Evangelie van Christus maak, verkondig die persoon 'n bose leuen.


 


 

Tiendes is volgens wat ek in die Bybel verstaan deel van die wet en ek is nie onder die wet nie.

Ek was voor my bekering nie deel van die wet nie, en het na my bekering ook nie deel daarvan geword nie.

Ek was voor my bekering een van die "goners."

Vir die wat dink dat hulle nog dele van die wet moet nakom, wil ek net op die volgende wys.


 

Gal 3:24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.

Gal 3:25 Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder 'n tugmeester nie.

Gal 3:26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;

Gal 3:27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.


 

Jesus sê, wat ek en jy moet onthou en doen is:


 

Mat 22:36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?

Mat 22:37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Mat 22:38 Dit is die eerste en groot gebod.

Mat 22:39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Mat 22:40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.


 

Dan kom Paulus en onderstreep wat Jesus gesê het, as hy skryf.


 

1KOR 13:13 En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.


 

Jy sien, ek moet gee soos wat ek met liefde in my hart my voorgeneem het en nie soos

ek gedwing voel om te gee nie.

Ek wonder partykeer of ons nie terwille van die god Mammon so hamer op die

gedeelte in die wet nie.

Is dit nie dalk omdat die Christene probeer om twee here te dien nie, dat dit met baie

van ons Christene gaan soos wat dit met ons gaan nie.


 

Mat 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!


 

Jy sien, ek het tot die gevolgtrekking gekom, dat baie mense dien die Here omdat

hulle bang is vir die hel en nie omdat hulle regtig lief is vir ons Here nie.

So leer ons ook ons mense, dat ons moet gee as ons wil hê dat God ons moet seën en

so gee baie mense, nie omdat hulle lief is vir God en Sy mense nie maar sodat hulle

tog nie moet verarm nie maar veel eerder in oorvloed wil lewe. So asof ons God se

guns kan koop met dit wat Hy ons in die eerste plek gegee het.

So kry jy dit dan dat baie mense onder 'n soort dwang 'n presiese tiende probeer uitwerk. Nie soseer omdat hulle vir God lief is nie maar omdat hulle wil floreer.

Ek sê, ek en jy is deel van die nuwe testament en dit is presies wat dit sê, "nuwe

ooreenkoms/verbond/gelofte/testament."


 

Jesus sê.


 

Mat 26:26 En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.

Mat 26:27 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.

Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word

tot vergifnis van sondes.


 

Nou werk dit vir my so:

Ons gee soos wat ons floreer en dan, as ek kan, is dit

onmoontlik om van my te verwag om net 'n tiende uit te werk. Buitendien ek het in

elk geval gelukkig ook nie die tyd om dit te doen nie.

So as jy besluit wat jy vir God wil gee, kyk net wat jy het en bespreek dit opreg met

daardie liefde in jou hart vir Hom, met jou liefdevolle Vader en jy sal weet wat

jy moet gee En weet jy wat?

Ons here gaan baie lekkerder volgens die Woord, voel oor dit wat jy dan gee,, as 'n biljoenêr wat 'n gedwonge tiende gee.

Dit geld vir jou geld, tyd en naasteliefde en wat anders jy ook al wil gee.


 

Die volgende dagstukkies wat ek geskryf het, kan help om hierdie sienswyse van my nog beter te verduidelik en ek stuur dit op aanvraag met die grootste liefde aan jou.

(Hoe heerlik! Jy en ek is vry Kom ons Wandel met hierdie vryheid in die weë van ons Here)

(Die wet deur Moses en die genade en waarheid deur Jesus)

(Die liefde die vervulling van die wet)

(wie volop saai, sal ook volop maai.).


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling

te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

EK KRY DAREM SO ‘N LEKKER GEVOEL

Ek kry darem so 'n lekker gevoel as ek so iets lees.

Jy kan maar sê, 'n duidelike wonderwerk vir die wat so iets soek en dan nog jy kan maar sê so onder die ongelowige wêreld se neus en hulle kan dit nie raaksien nie.


 

The sages and heroes of history are receding from us. But time has no power over the name and deeds and words of Jesus Christ.


 

-- William Channing


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie


 

MENSE BELAND IN DIE HEL NIE NET OOR WAT HULLE GEDOEN HET NIE.

Hoekom het die ryk man in die hel beland?

Ek lees nêrens dat hy 'n slegte en sondige lewe gelewe het nie.

Ek lees wel dat hy geniet het wat ons Here vir hom gegee het maar dit is tog nie verkeerd om te geniet wat ons Here vir jou gee om te geniet nie.

Lees gou weer hier.


 

LUK16:19 "Daar was eenkeer 'n ryk man wat altyd die fynste en duurste klere gedra het. Hy het in weelde gelewe, en elke maaltyd was soos 'n fees.


 

Daar is hoegenaamd niks in wat jy nou gelees het, wat sonde kan wees nie.


 

Wat dit eintlik vir my nog duideliker na vore laat kom dat hy en sy familie nie slegte lewens gelewe het nie is die volgende.


 

LUK16:27-28 "Toe sê die man weer: 'Vader Abraham, ek smeek u dan, stuur tog vir Lasarus na my pa se huis toe, 28om my vyf broers wat daar is te gaan waarsku. Anders sal hulle ook hier beland waar 'n mens so verskriklik gepynig word.


 

Hy smeek dat sy broers gewaarsku moet word. Hy vra nie dat iemand hulle moet gaan vertel dat hulle sondige lewens leef nie.


 

Hulle was een teen tien baie voorbeeldige, gesiene en natuurlik ryk mense.

Jy sien, mense beland na my mening in die hel, nie net oor wat hulle doen nie maar ook oor wat hulle nie doen nie en dit kom volgens my in hierdie verhaal baie duidelik na vore.

Die ryk man het in die hel beland oor wat hy nie gedoen het nie.

Hy het hom nie tot God bekeer en 'n Gees gevulde lewe gelewe nie.


 

HAND2:36-39 "Die hele volk van Israel moet dit nou aanvaar en vas glo: julle het Jesus op 'n kruis doodgemaak, maar God het Hom die Here en Redder gemaak!"


37Toe die mense dit hoor, het dit hulle aangegryp en hulle vra vir Petrus en die ander apostels: "Broers, wat moet ons nou doen?"


38Petrus antwoord toe: "Elkeen van julle moet hom bekeer en hom laat doop in die naam van Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe en julle die Heilige Gees gee. 39Want God se belofte is vir julle en vir julle kinders en almal wat nog vêr is. Dit is bedoel vir almal wat die Here God nog sal roep om na Hom toe te kom."


 

JHN3:18 "'n Mens wat op Hom vertrou, word nie veroordeel nie, maar 'n mens wat nie hierdie vertroue het nie is reeds veroordeel omdat dit die enigste Seun van God is in wie hy nie wou glo nie.


 

Jy sien, dit help nie om te dink, omdat ek 'n mooi lewe lei, sal dit met my goed gaan in die hiernamaals nie.

Om die waarheid te sê, dit sal nie eens help as ek dink omdat ek baie godsdienstig is, is ek reg vir die hiernamaals nie.

Kyk net hoe mooi stel Paulus dit vir ons.


 

FIL3:4-11 Moenie dink dat ek nie ook rede gehad het om op myself te vertrou nie. As daar iemand is wat dink hy kan op sy agtergrond en prestasies vertrou, dan het ek nog meer rede om dit te doen. 5Ek is besny toe ek agt dae oud was omdat ek 'n Israeliet is uit die stam van Benjamin. Ek is van suiwer Joodse bloed en het volgens die strengste eise van hulle wette geleef sodat ek as 'n lid van die Fariseër groep gereken is. 6Die Joodse wette het ek so stiptelik gehou dat daar geen fout was waarop iemand sy vinger kon lê nie. Ek het die Joodse geloof so ywerig ondersteun dat ek selfs die kerk vervolg het.


7Dit is die dinge wat vroeër vir my getel het en belangrik was. Maar toe het ek besef dat al daardie dinge eintlik skadelik is as 'n mens dink aan wat Christus vir ons gedoen het. 8Dit is werklik so. Ek het besef dat enigiets wat ek kan hê eintlik 'n verlies is as ek dit vergelyk met die voorreg wat ek het om Christus my Here te ken. Noudat Christus in my lewe gekom het, beskou ek al daardie dinge as 'n dooie verlies. Dit is vir my net so min werd as vuilgoed, want Christus is al wat nou vir my waarde het. 9As God ons oordeel, wil ek hê sy uitspraak moet wees dat ek aan Christus behoort en dat ek nie probeer het om myself te red deur die wette te gehoorsaam nie. Dit is God self wat my skuld weggeneem het omdat ek op Jesus Christus vertrou. So neem God enigiemand aan wat op Jesus Christus vertrou. 10My begeerte is om Christus so te ken dat die krag wat Hom uit die dood lewendig gemaak het, ook in my sal werk. Ek wil ook in sy lyding deel hê en saam met Hom sterwe 11sodat ek ook saam met Hom uit die dood lewendig kan word.


 

'n Mooi lewe, selfs 'n mooi godsdienstige lewe, beteken niks as jy nie Jesus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker nie.

Eintlik is enige iets anders "rubbish."

Onthou jy wat Paulus gesê het.


 

FIL3:8 Dit is werklik so. Ek het besef dat enigiets wat ek kan hê eintlik 'n verlies is as ek dit vergelyk met die voorreg wat ek het om Christus my Here te ken. Noudat Christus in my lewe gekom het, beskou ek al daardie dinge as n 'n dooie verlies . Dit is vir my net so min werd as vuilgoed, want Christus is al wat nou vir my waarde het.


 

HAND4:12 "Buiten Hom is daar niemand anders wat 'n mens kan red nie. En behalwe Jesus se naam het God geen ander naam op aarde gegee waardeur mense gered kan word nie."


 

Kan jy nou sien.

Ek en jy hoef nie na 'n verre sendingveld te gaan nie. Nee! Ons is midde in 'n sendingveld.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

DAAR IS ‘N HEMEL MAAR DAAR IS OOK ‘N HEL.


 

Ek het eendag vir jou 'n e-pos gestuur waarin ek die opmerking gemaak het, dat die verhaal wat Jesus vertel van die ryk man en Lasarus baie ryk aan lesse is.

Ek het eendag na 'n man geluister wat oor hierdie verhaal gepraat het en wat hy gesê het, het my tot diepe nadenking gestem.

Ek wil graag met jou deel oor van die gedagtes wat by my opgekom het.

Omdat dit egter 'n baie lang e-pos sal wees as ek alles in een e-pos vir jou stuur en my vrou hoeka vir my sê dat van my e-posse taamlik lank is, gaan ek dit vir jou, kom ons noem dit maar in 'n reeks stuur.

Ek wil begin deur te sê, daar is die gene wat redeneer dat die verhaal van die ryk man en Lasarus nie 'n gelykenis is nie en ek voel baie gemaklik in hierdie groep en wel oor die volgende rede.

Ten eerste:

Jesus begin deur te sê.


 

LUK16:19 "Daar was eenkeer 'n ryk man wat altyd die fynste en duurste klere gedra het.


 

Ek kan my om die dood nie indink, dat God sal sê:

"Daar was 'n man" as daar nie 'n man gewees het nie.

Tweedens:

Ek moet onthou wie hierdie gebeurtenis met ons deel.

Dit is Jesus en Jesus is die enigste persoon wat ooit op hierdie aarde geloop het, wat ten volle kennis van albei die plekke het, wat in die gebeurtenis ter sprake is.

God is ook nie Iemand wat iets sal oordryf, of afwater nie. So, ek sal baie goed doen as ek geheel en al inneem wat Jesus hier vertel.

Ek sluit dan my inleiding soos ek hierdie gebeurtenis sien af deur net weer kortliks dit so saam te vat.

Jesus vertel vir ons hierdie gebeurtenis en Hy is die enigste persoon wat ooit op aarde geloop het, wat in diepte kennis van albei die plekke ter sprake het.

Jesus, God in die vlees, sê:

"Daar was 'n man."

As Jesus sê, dat daar 'n man gewees het, dan sover dit my aangaan, was daar 'n man gewees.

Jesus laat ons ook in geen onsekerheid nie, daar is 'n Hemel en ten spyte van wat sekere sogenaamde hervormers van die geloof wil te kenne gee, daar is 'n hel.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

DIE GEVAL WAAR VARKE AS WONINGS VERKIES WAS


 

Ek wil jou vertel van 'n gebeurtenis in die Bybel wat weer opnuut 'n groot indruk op

my gemaak het.

Dit is die verhaal van die man wat baie duiwels in hom gehad het, wat Jesus uitgedryf het.

Toe ek weer oor hierdie verhaal gedink het, het ek vir myself gesê, dat 'n mens hierdie verhaal ook kon genoem het:

"Die geval waar varke bo die hel as wonings verkies was."

Wat nou hier volg, is die gesprek en gevolge van die duiwels se gesprek met Jesus.


 

Mrk 5:12 en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons in die varke, sodat ons in hulle kan vaar.

Mrk 5:13 En Jesus het hulle dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop—daar was omtrent twee duisend—het van die krans af in die see gestorm en in die see verdrink.


 

Dit lyk vir my, die duiwels het twee keuses gehad.

Of hulle moes hel toe, of hulle moes in 'n ander lewende wese gaan woon.

Die hel, omdat hulle geweet het hoe dit in die hel lyk, was nie vir hulle 'n aanvaarbare opsie nie.

Daarom smeek hulle Jesus om hulle in die varke te laat woon.


 

Mrk 5:12 en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons in die varke, …


 

Ek het weer opnuut besef wat 'n verskriklike plek die hel moet wees, as die duiwels 'n varkwoning bo die helwoning verkies.


 

Ek kwoteer hier vir jou so 'n paar gedeeltes uit God se Woord, om aan te dui wat wag vir diegene wat nie die nou weg wil volg nie maar die, op die oog af lekker breë pad wil loop.


 

Mat 7:13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.


 

Mat 13:41 die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen,

Mat 13:42
en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Hoor wat sê Jesus by die geleentheid van Sy getroue volgelinge.


 

Mat 13:43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.


 

2THS 1:6 aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,

2THS 1:7 en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele

2THS 1:8 in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.

2THS 1:9 Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,

2THS 1:10 wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.


 

Mat 10 28 En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak maar die siel nie kan doodmaak nie maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.


 

Ek kon nog voorbeelde uitgewys het maar ek volstaan met hierdie.

Net ek en ek alleen kan besluit, waar ek die ewigheid gaan deurbring.

Jesus het alles gedoen om dit vir my moontlik te maak om nie in die hel te beland nie maar God het die mens na Sy beeld geskape en deel van die beeld van God wat die mens in hom rond dra, is die feit dat hy soos God 'n wil van sy eie het.

Ek gebruik my wil om Jesus aan te neem as My Verlosser en Saligmaker, of ek doen dit nie maar deur my keuse wat ek maak, bepaal ek ook waar ek die ewige lewe gaan deurbring.


 

JHN 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;


 

JHN 3:18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.


 

Die duiwels kon kies tussen die varke en die hel.

Ek en jy kan kies tussen die Hemel en die hel.

As iemand wat hierdie e-mail lees weet dat hy of sy nog nie 'n keuse gemaak het om van die breë pad af te draai nie, glo ek dat jy nou kan sien, dat die hel waar die duiwels nie eens wil woon nie, nie 'n opsie behoort te wees nie.


 

Mat 7:13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.


 

Jy sien daar is net een pad hemel toe.


 

JHN 14:5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?

JHN 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.


 

Mag dit vir jou 'n heerlike dag wees, in die wete dat jy reeds die regte keuse gemaak het.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

SKROPLAP OF WITDOEK


 

Hierdie lied is op my webtuistegratis beskikbaar.

As jy die webtuiste besoek het en jy dink, dit kan help om die Evangelie van Jesus Christus te bevorder, sal ek dankbaar teenoor ons Here en teenoor jou wees, as jy al jou vriende daarvan vertel.

Die adres van die webtuiste is:

http://www.sakkieparsons.co.za/


 

Ek het eendag vir mense gaan kuier en die vrou het, as ek reg onthou kort tydjie gelede van die kraaminrigting af terug gekom met haar baba.

Sy gee my toe die baba om 'n bietjie vas te hou en die kindjie het, wat ek net kan beskryf as, my heeltemal oorweldig.

Want, terwyl ek die slapende wonder in my arms hou, het hierdie oorweldigende gedagte my getref.

Ek is in die teenwoordigheid van 'n mens wat nog nooit vir my God teleurgestel het nie.

Dit was vir my wonderlik, Dit was vir my groots.

Ek dink dit was toe ek aan die doek wat die kind aan gehad het vat wat die volgende gedagte in my kop tot 'n lied vorm gekry het.

Ek wil net noem, dat dit was nog een van die outydse doeke en nie 'n weggooidoek nie.

Ons almal begin die lewe as 'n spierwit doek en baie van ons eindig, as 'n skroplap, waarmee satan allerhande gemors mee opvee.

Dan kom God en Hy stel Homself aan my voor en neem die ou vuil, stinkende skroplap en ek word weer spierwit gewas in die bloed van Christus.

Dan doen baie van ons 'n verstommende ding.

Party doen dit feitlik onmiddellik en party doen dit na verloop van 'n paar maande of 'n paar jaar.

Ek gaan terug na satan toe en bied weer my dienste aan as skroplap.

Daaraan het ek gedink, terwyl die "sonder sonde mensie" in my arms lê en slaap.

Hier is dan die lied wat ons Here vir my gegee het.


 


 


Skroplap of Witdoek


 

Verse1.

Elkeen van ons was eenmaal, nes 'n spier wit doek gewees.

As baba het jy daar gelê, die toonbeeld van jou God se Gees.

En jare, jare later, hoe het jou beeld toe gelyk?

Die vuilgoed en die modder,die skroplap in die slyk.


 

Koor:

Hoe lyk jy hier vandag?

Hoe lyk jy hier vandag?

Hoe lyk jy hier vandag?

Hoe lyk jy hier vandag?

Kom sê my.

Is jy 'n witdoek of 'n skroplap?

'n Skroplap of 'n witdoek??

Hoe lyk jy?


 

Verse2

Want toe kom daardie ou duiwel en jy het sommer gou op gegee.

'n Skroplap waarmee hy sy gemors mee op kon vee.

Tog jou wasmiddel is so kosbaar, ja, duur was jy gekoop.

Antwoord, moet jou God weer vuilgoedhoop toe loop?


 


 

Koor:

Hoe lyk jy hier vandag?

Hoe lyk jy hier vandag?

Hoe lyk jy hier vandag?

Hoe lyk jy hier vandag?

Kom sê my?

Is jy 'n witdoek of 'n skroplap?

'n Skroplap of 'n witdoek?

Hoe lyk jy?

Hoe lyk jy?

Kom sê my?


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 


 

Groete

Sakkie

HET JESUS SONDE GEDOEN?


 

Iemand het vir my e-pos gestuur, waarin die persoon vertel van 'n boek waarin daar gesuggereer word, dat Jesus net so 'n mens soos ons gewees het, wat maar net soos ons ook gesondig het.

Die vraag was toe, of dit moontlik is?

Ek hoor daar word vandag selfs flieks gemaak waar Jesus allerlei dinge doen en dit is natuurlik alles leuens uit die hel uit.

Gelukkig is my tyd vir my te kosbaar, om na sulke gemors te luister of om sulke gemors te lees.

Het Jesus sonde gedoen?

Kom ons kyk gou wie hierdie Jesus is.


 

JHN1:1-3
Die Woord was van altyd af daar. Hy is die Seun van God wat by God was en wat self ook God is. 2Dit is Hy wat van altyd af saam met God was 3en dit is deur Hom wat God alles geskep het. Daar is niks—nie 'n enkele ding—wat nie deur Hom gemaak is nie.


 

JHN1:14Die Woord het 'n mens geword en saam met ons gewoon. Sy lewe was vol goedheid en waarheid. Ons het sy Goddelike majesteit gesien—Hy is die enigste Seun van God die Vader.


 

JHN14:6-9
Jesus sê: "Ek is die pad na die Vader toe. Ek is die waarheid. Ek is die lewe. Dit is net deur My alleen dat iemand na die Vader toe kan gaan. 7As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het. Maar van nou af ken julle Hom en julle sien Hom."


8Filippus sê toe: "Meneer, wys vir ons die Vader, dan sal dit vir ons genoeg wees."


9Jesus antwoord: "Hoe lank is Ek nou nie al by julle nie, Fillipus, en jy sê jy ken My nie? As iemand My gesien het, het hy die Vader ook gesien. Hoe sê jy dan: 'Wys ons die Vader' ?


 

Jesus is my God.


 

JHN20:26-29
Presies 'n week later was die dissipels weer so bymekaar, maar hierdie keer was Thomas ook by hulle. Weer het Jesus ingekom ten spyte van die deure wat gesluit was. Hy het tussen hulle gestaan en hulle gegroet: "Vrede vir julle!" 27Hy sê toe vir Thomas: "Kom hier, kyk na my hande en voel met jou vingers. Steek jou hand in my sy. Hou op met jou ongelowigheid en glo."


28Toe sê Thomas: "U is my Here en my God!"


29Jesus sê toe vir hom: "Jy glo nou omdat jy My gesien het. Maar die wat My nie gesien het nie en tog glo, kan bly wees."


 

Om te sê dat God kan sondig, is absurd.


 

JAK1:13
As 'n mens in die versoeking kom om sonde te doen, mag jy nooit sê: "Dit is God wat my in die versoeking bring" nie. Want God kan self nie in die versoeking kom om iets verkeerds te doen nie
en Hy sal ook nooit iemand in die versoeking bring om sonde te doen nie.


 

Dit is van Jesus wat hier gepraat word.

Heb4:15 Ons Hoofpriester kan ons swakhede verstaan
want Hy het presies dieselfde versoekinge as ons gehad, maar Hy het nie daaraan toegegee en sonde gedoen nie.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

I DON’T UNDERSTAND IT, BUT….


 

John 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son,

that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.


 

I don't understand how God was willing to send His Son to die for me, and how Jesus would agree to do such a thing. I don't understand the agony of the Father and every angel in heaven as they watched Jesus suffer and die. I don't understand the intense love for ME that kept Jesus on the cross till the end.


 

I don't understand it, but it sure does make life worth living!

Dit is vir my menslike verstand ook totaal onbegryplik. Hoe 'n Vader kan toe kyk hoe Sy Seun vermoor word, om my siel te red maar ek kan maar net in verwondering uitroep:

"Wat 'n wonderlike groot liefde! Wat 'n wonderlike groot liefde is dit nie vir my nie!"

Dan jubel ek dit ook saam met die psalmdigter uit:


 

Psm 31:20 o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!


 

Dan, terwyl ek weer in my gees na my groot held Paulus luister as hy sê:


 

1KOR 13:12
Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.


 

Onthou ek ook, wat my Jesus gesê het, op Sy pad na Golgota, waar Hy deur liefde gedwing, vir my aan die kruis gaan hang het.


 

JHN 15:13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

JHN 15:14 Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.


 

So, al kan ek dit nie met my menslike verstand heeltemal verwerk nie, kan ek volkome vry en met volle oorgawe sing:


 

Ek is op my pad Hemel toe,

Ek is op my pad Hemel toe,

Singend, singend, altyd singend,

Ek is op my pad Hemel toe.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling

te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en

majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie