AS EK VRIENDE HET OF MAAK WAT NIE CHRISTENE IS NIE


 

Toe ek dit wat hier onder geskryf is gelees het wat iemand vir my gestuur het, het ek dadelik gedink

aan die raad wat ek iemand gegee het oor vriende.

My sienswyse is as volg.

Die Christen moet vriendelik met almal wees en natuurlik tydig en ontydig die evangelie verkondig.


 

2TIM 4:2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;

2TIM 4:3 want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat

hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,

2TIM 4:4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.


 

As ek vriende het wat nie belydende Christene is nie, moet my eerste doel wees om my vriende by Christus uit te bring. As ek dit nie doen nie, is ek nie regtig 'n vriend nie.

Hoe kan ek 'n vriend wees, as ek staan en kyk hoe my vriend hel toe stap?

As my vriend nie Jesus wil aanneem as sy of haar Verlosser en Saligmaker nie, dan verwerp hulle Hom.


 

Dit is Jesus wat hier praat:

Mat 12:30 Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.


 

Iemand vra dalk maar wat as my vriend net neutraal staan?

Niemand wat ooit van Jesus gehoor het kan net neutraal staan nie.

As jy niks doen nadat jy die evangelie van Christus gehoor het nie, kies jy teen 'n verhouding met Hom.

Dit klink nou miskien 'n bietjie erg om dit te sê maar dit is hoe dit is.

Daar is 'n gesegde in Afrikaans, ek weet nie of dit ook in ander tale voorkom nie maar ek dink waar dit by

die aanvaarding van Christus kom, sê hierdie gesegde, wat net uit VYF woorde bestaan dit alles.

"Dit is reg of weg."


 

OPG 3:15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!

OPG 3:16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.


 

Daar kom 'n tyd dat as my sogenaamde vriend nie hom of haar wil bekeer nie, dat ek my vriendskap met die persoon in heroorweging moet neem.


 

Mat 10:14 En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.

Mat 10:15 Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.

Mat 10:16 Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.


 

Let net weer op na die volgende:


 

Mat 10:14…en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.


 

Die rede waarom Jesus dit so sterk stel, dat ek so finaal moet breek, stel Hyself so:


 

Mat 7:6 Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.


 

You were getting along so well. Who has interfered with you to hold you back from following the truth? It certainly isn't God, for he is the one who called you to freedom. But it takes only one wrong person among you to infect all the others -- a little yeast spreads quickly through the whole batch of dough! (Gal 5:7-9 NLT)


 

Prayer: LORD, help me to guard my heart and mind so that nothing distracts me from the truth and from my relationship with You. I ask You for discernment and wisdom regarding those I allow to be in relationship with me. Help me to choose well, because the choice is my responsibility, whether I allow those in my life that edify or those that interfere. A little compromise goes a long way! I need Your strength that I may hold fast to the right decision. In Jesus' name, Amen.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling

te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en

majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

ONS SAL DIE DOOD OORLEWE

LUK16:22-26 "Die arm man is dood en is deur die engele geneem na die ereplek langs Abraham. Die ryk man is ook dood en is begrawe. 23In die doderyk het hy verskriklike pyn gely. Toe hy opkyk, sien hy in die verte vir Abraham met Lasarus by hom. 24'Vader Abraham!' het hy uitgeroep, 'kry my tog jammer en help my! Stuur asseblief vir Lasarus dat hy net sy vingerpunt in die water steek en my tong daarmee kom natmaak, want ek ly verskriklike pyn in hierdie vlamme!'


25"Maar Abraham antwoord: 'My kind, jy moet onthou dat jy in jou lewe al die voorregte gehad het en Lasarus die moeilikhede. Hier is hy nou gelukkig en jy ly pyn. 26Maar dit is nie al nie. Daar is ook so 'n geweldige afgrond tussen ons en julle dat niemand wat hiervandaan na julle toe wil gaan dit sal regkry nie, en van julle af sal ook niemand ooit hiernatoe kan kom nie.'


 

Die groot gedagte wat my elke keer tref as ek hierdie gedeelte lees, is dit.

Ons gaan die dood oorlewe.

Ek sal die dood verseker ingaan maar ek sal verseker die dood ook, om dit so te stel, uitgaan.

Elke mens wat lewe, kan van een ding heeltemal seker wees, ons sal die dood oorlewe.

Jy gaan jou oë eendag vir die laaste keer aan hierdie kant van die graf toemaak, of iemand gaan dit vir jou doen en jy gaan jou oë aan die anderkant van die graf, dit maak nie saak hoe jy begrawe is en of jy hoegenaamd begrawe is nie, oop maak. Wanneer jy jou oë aan die anderkant van die graf oopmaak, gaan dit, of in die hel wees, of dit gaan in die Hemel wees.

Hoekom beland mense dan in die hel nog voor hulle geoordeel is?

Ek sien dit so.

As iemand op heterdaad betrap word dat hy of sy die wet oortree, word die persoon in hegtenis geneem en in die gevangenis gesit totdat sy saak voorkom en dan word hy gevonnis.

Omdat God alles van my weet, weet Hy ook asof ek op heterdaad betrap is, as ek hier uittree of ek my bekeer het of nie. Dan gaan ek na die hel/tronk en wag vir my vonnis.

Die oomblik as ek hier op aarde my asem vir die laaste keer uitblaas, is my toekoms onherroeplik verewig bepaal en ek en ek alleen is die een wat daardie toekoms bepaal het.

Ek stel dit altyd so.

Ons liefdevolle Here wil hê dat alle mense moet Hemel toe gaan, daarom het Hy toegelaat dat Sy Seun vermoor word. Tog gaan die meeste mense hel toe.

Besluite wat ek hier op aarde neem, bepaal waar ek die ewigheid gaan deurbring.

Ek kan nie vir my 'n plek in die hemel koop of verdien nie maar ek kan en gaan 'n besluit hier op aarde neem, wat gaan bepaal waar ek die ewigheid gaan deurbring.

Ek besluit hier op aarde, dat ek Jesus gaan aanneem as my Verlosser en saligmaker, of ek besluit hier op aarde, dat ek dit nie gaan doen nie en deur die besluit wat ek neem en uitvoer bepaal ek waar ek die ewigheid gaan deurbring.


 

JHN1:12-13Maar almal wat Hom aangeneem en in Hom geglo het, aan hulle het Hy die reg gegee om kinders van God te wees. 13Om 'n kind van God te word, is 'n nuwe geboorte wat God aan 'n mens gee. Daarom verskil dit van die natuurlike geboorte wat kom deur 'n menslike vader en 'n menslike besluit.


 

JHN3:18-19 "'n Mens wat op Hom vertrou, word nie veroordeel nie, maar 'n mens wat nie hierdie vertroue het nie is reeds veroordeel omdat dit die enigste Seun van God is in wie hy nie wou glo nie. 19Die oordeel kom hierop neer: die Lig het na die wêreld toe gekom, maar die mense het die donker meer liefgehad as die lig, want wat hulle gedoen het, was sleg.


 

By verreweg die belangrikste besluit wat ek ooit in my lewe geneem het, was toe ek besluit het om Jesus aan te neem as my Verlosser en saligmaker, want daardeur het ek bepaal waar ek die Hiernamaals gaan deurbring.

Ons moet ook onthou, om nie te besluit nie, is in werklikheid klaar 'n besluit.


 

Dit is Jesus wat hier praat.

MAT12:30 "As iemand nie by My staan nie, is hy teen My. En as iemand My nie help om die mense bymekaar te maak wat aan My behoort nie, is hy besig om hulle uitmekaar te jaag.

Ek moet nou tog nie dink dat ek maar kan sê, dat ek neem Jesus aan, net sodat ek die hel kan vryspring nie.

Glo vir my, daar is baie mense vandag, wat die Here dien, nie omdat hulle vir God lief is nie maar omdat hulle baie bang is vir die hel en tog net asseblief nie in die hel moet beland nie.

Daar is selfs mense wat die Here dien, net sodat hulle in die Hemel kan beland.

Met respek gesê, God is nie 'n idioot nie.

God kan in jou en my hart sien en Hy sê.


 

MAT7:21 "Dit is ook nie almal wat My 'Here, Here, noem wat in God se nuwe ryk sal ingaan nie, maar dit is iemand wat doen wat my Vader in die hemel wil hê, wat daar sal ingaan.


 

As iemand vir my vra.

Wat is God se wil? Met ander woorde, wat is God se, kom ons noem dit Sy hoof wil, waaruit alles vloei wat God van ons verwag.


 

JHN3:16 "God het die mense so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gestuur het. Iemand wat in Hom glo, sal nie verlore gaan nie maar hy sal die ewige lewe hê.


 

Eers wanneer ek Jesus werklik aangeneem het, kan God se wil werklik in my gestalte kry. Eers dan kan ek God werklik in opregtheid liefhê en Hom in opregtheid aanbid.


 

Dit is Jesus wat hier praat.

JHN4:23-26 Daar kom 'n tyd wanneer mense wat God werklik aanbid deur die Heilige Gees gelei sal word en hulle sal God met 'n eerlike hart aanbid. Daardie tyd het nou aangebreek. Die Vader wil hê dat mense wat Hom aanbid, so moet bid. 24God is Gees, en 'n mens wat Hom wil aanbid, moet gelei word deur die Heilige Gees en met 'n eerlike hart bid."


25Die vrou sê toe: "Ek weet dat die Redder sal kom, die Een wat ook die Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles leer."


26"Dit is Ek!" sê Jesus: "Ek wat nou hier met jou praat, Ek is die Redder!"


 

Hoe wonderlik! God het hierdie wonderlike waarheid aan jou en my geopenbaar!!!

In ekstase juig ek saam met Paulus as ek daaraan dink, dat God my ook uitgekies het om hierdie waarheid te mag weet en dat ek deel daarvan kan wees.


 

ROM11:33-36 Hoe wonderlik is God nie! Wie kan sy groot goedheid verstaan, of sy kennis en wysheid? Wie kan God se besluite verduidelik of die dinge verstaan wat God doen? 34In die Skrif staan dit so: "Sal 'n mens ooit die Here se gedagtes kan verstaan? Sal 'n mens ooit vir Hom kan raad gee? 35Kan 'n mens vir Hom iets gee sodat Hy dan by jou in die skuld is en dit weer vir jou moet teruggee?" 36Dit is God wat alles gemaak het, dit is Hy wat alles in die lewe hou, en alles moet Hom eer. Laat ons Hom dan eer tot in die ewigheid. Mag dit so wees.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

IS TATOEëER SONDE?


 

Iemand het my gevra of tatoeëer sonde is.

Toe het ek so geantwoord:

"Hierdie is vir my 'n "open and shut case."

Ek het toe 'n e-pos gekry, waaruit ek duidelik kon sien, dat wat vir my 'n:

"open and shut case" gewees het, nie noodwendig vir 'n ander persoon so "open and shut" is nie.

Ek wil begin deur te sê, dat onder tatoeëer verstaan ek, wanneer jy die prentjie of wat ook al maak, jy die vel of dan die liggaam noodwendig eintlik beskadig.

Ek weet daar is mense wat sal redeneer, dat jy die vel of liggaam nie beskadig nie, so ek laat dit aan jou oor om te besluit, hoe jy dit sien.

Verskillende mense het verskillende waardes en alhoewel ek dit verstaan, kan ek net eenvoudig nie dink, dat tatoeëring reg is nie en as dit nie reg is nie, dan na my mening is dit verkeerd. Daar is net eenvoudig vir my nie 'n kompromie met dit wat nie reg is nie.

Die kriteria wat ek altyd vir myself gebruik en wat nog altyd vir my gewerk het is, wat sou Jesus gedoen het.

Nou weet ek, dat daar mense is wat Jesus selfs met 'n sigaret in Sy mond kan sien, ten spyte van wat rook aan jou en die mense om jou doen. Ek meen, daar is dan selfs mense wat Jesus in 'n homoseksuele verhouding sien.

Vir my is Jesus, my Here en my God.


 

Jhn20:28-29 Toe sê Thomas: "U is my Here en my God!"

29Jesus sê toe vir hom: "Jy glo nou omdat jy My gesien het. Maar die wat My nie gesien het nie en tog glo, kan bly wees."


 

Jesus is my God, wat altyd by my sal wees.


 

Mat1:23 "Luister, daar is 'n maagd wat swanger sal word! Sy sal 'n seun hê, en hy sal Emmanuel genoem word." As dit vertaal word, beteken die naam Emmanuel "God is nou by ons" .


 

Jesus is vir my die Woord wat mens geword het.


 

Joh1:14 Die Woord het 'n mens geword en saam met ons gewoon. Sy lewe was vol goedheid en waarheid. Ons het sy Goddelike majesteit gesien—Hy is die enigste Seun van God die Vader.


 

Daarom is Sy Woord vir my heilig en ek glo, aanvaar en probeer na die beste van my vermoei daarvolgens te lewe.

So ek gaan net die bewyse uit die Bybel, soos ek dit verstaan kwoteer en dan moet jy maar vir jouself besluit, of ek 'n voet het om op te staan.

Die eerste vers is uit die Ou Testament en ek weet ons is nie meer onder die wet nie maar dit gee my 'n ideë van hoe God oor die soort van ding voel en as dit dan ook in die Nuwe Testament gesien kan word, staan dit vir my vas.


 

Lev 19:28
Julle mag ook ter wille van 'n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingetrekte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.


 

In die Nuwe Testament lees ek die volgende.


 

1Kor3:16-17 Besef julle dan nie dat julle God se tempel is en dat God se Gees in julle woon nie? 17As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want God se tempel is heilig, en julle is nou daardie tempel.


 

Iemand sal dalk sê dat ek die Bybel uit verband kwoteer maar Ek sê, dat ek veilig speel en dan kan ek nie my God teleur stel nie.

Wat dan van iemand wat uit onkunde tog so iets gedoen het?

Gelukkig het ons 'n liefdevolle God wat in sy Woord vir ons laat skryf het.


 

1JHN 1:9
As ons, ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.


 

Jy sien.


 

HAN 10:15
En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

MAAK DIT SAAK HOE EK BEGRAWE WORD?


 

LUK16:22 "Die arm man is dood en is deur die engele geneem na die ereplek langs Abraham. Die ryk man is ook dood en is begrawe.


 

So 'n ruk gelede was daar 'n taamlike polemiek oor hoe 'n Christen begrawe moet word.

Daar was mense wat dit wou hê, dat jy nie veras mag word nie ens. Ens.

Ek is van mening, dat ons Here ons hier wys dat dit nie vir Hom 'n groot "issue" is op welke manier ek begrawe word nie.

Laat ek verduidelik.

Die ryk man het volgens Jesus 'n Begrafnis gehad.


 

LUK16:22...Die ryk man is ook dood en is begrawe.


 

Dit was ook seker 'n groot begrafnis, want as jy ryk is het jy vriende en baie mooiweersvriende.

Lasarus volgens Jesus se getuienis, het nie 'n begrafnis gehad nie.


 

LUK16:22 "Die arm man is dood en is deur die engele geneem na die ereplek langs Abraham...


 

Jy sien mense soos bedelaars wat gesterf het, is nie begrawe nie. Hulle is uit die stad uitgeneem na die stad se, wat ons vandag in die volksmond die asgate noem en daar gelos maar toe Lasarus sy oë aan die anderkant van sy oop asgat graf oopmaak, toe is hy in die Hemel.


 

LUK16:22 "Die arm man is dood en is deur die engele geneem na die ereplek langs Abraham.


 

Onthou nou, dit is Jesus wat ons hierdie feite meedeel.


 

Die ryk man se begrafnis mag nou wel mooi en duur gewees het. Dit is maar 'n afleiding wat ek maak. Hoe dit ook al sy, sy begrafnis, van watter aard dit ook al gewees het, het hom nie uit die hel uit gehou nie.

Ek het vir my vrou gesê, dat as ek voor haar te sterwe kom, sy my tog so goedkoop moontlik moet begrawe, sonder om vir die mense aanstoot te gee. Hoe sy dit doen maak vir my nie saak nie, want by daardie tyd "rejoice" ek al te heerlik in die Hemel.

Jy sien, dit is nie die manier wat ek begrawe word, wat bepaal waar ek die ewigheid gaan deurbring nie. Dit is of ek my tot God bekeer en Jesus aanneem as my Verlosser en saligmaker en deur die doop bad my vereenselwig met Sy dood en opstanding.


 

ROM6:3-4 Julle weet tog dat ons aan Jesus Christus verbind is toe ons gedoop is. Dit beteken dat ons ook met sy dood verbind is. Dit is net so goed of ons self gesterf het. 4Ons kan sê dat ons by die doop saam met Hom gesterf het en saam begrawe is. Maar die wonderlike krag van die Vader het Christus weer lewendig gemaak, en net so is ons ook weer lewendig gemaak sodat ons elke dag 'n nuwe lewe kan lei.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

WE LOOK LIKE JESUS TO THE EVIL FORCES


 

Hierdie is vir my 'n uitsonderlike goeie uiteensetting van Efe 6 verse 11 tot 14 maar ek gooi sommer vers 15 vir die lekker daarvan ook in.

Ek kwoteer hier net die verse wat die skrywer van hierdie uitstekende e-mail wat vir my gestuur was gebruik en dan ook een of twee ander verse, wat ek glo van toepassing is.


 

EFE 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

EFE 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

EFE 6:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

EFE 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,

EFE 6:15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.


 

Ephesians 6:11, 13, 14


 

After putting on the armour, we are to stand against the devil. The Bible does not tell us to stand for a while and then fall down!

No, it says, after doing all things to stand, stand!

One does not put on armour if you are not expecting an attack. Therefore the attack will come, but with the armour on, you can remain standing. Without the armour we will be so vulnerable that we will be blown over by the slightest encounter with these principalities and powers. They are described as hosts of wickedness in the heavenly places, and they are trying to unseat us from our position of power with Christ, by getting us to partake in things that are evil. Of course, they come to us in disguise (2 Cor.11:14), but, with the armour on and armed with the Word, we will be able to see through their masks.


 

2KOR 11:14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig.


 

Notice that there is no armour for the back of the believer; the breastplate covers the front, because we are to stand and face and quench those fiery darts with our shield of faith, not turn around and run away! The moment we start acting in fear, we become open targets. Finally, standing in this armour, it covers us completely and we look like Jesus to the evil forces: they will flee! The will of God will never take you where the peace of God cannot calm your fears.


 

Gal 3:27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.


 

Prayer: Lord, help me to remain standing


 

Copyright 2004 Radio Pulpit


 

Visit our webpage at www.radiopulpit.co.za


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.

Groete

Sakkie

GOD IS NIE ‘N GOD VAN DOOIES NIE.

LUK16:22-23"Die arm man is dood en is deur die engele geneem na die ereplek langs Abraham. Die ryk man is ook dood en is begrawe. 23In die doderyk het hy verskriklike pyn gely. Toe hy opkyk, sien hy in die verte vir Abraham met Lasarus by hom.


 

Ek wil begin om vir jou te sê, dat daar baie mense is wat met my gaan verskil oor wat ek nou met jou gaan deel. Ek sê dit, omdat ek nie in 'n stryery wil betrokke raak nie.

Ek gee egter natuurlik nie om, om na ander mense se opinies te luister nie, omdat 'n mens nooit te oud is om te leer nie.

Die rede waarom ek met jou nou gaan deel oor hoe ek dit verstaan, is omdat dit soos jy sal sien in hierdie gebeurtenis ter sprake kom en ek reg aan die begin gesê het, dat ek met jou als gaan deel wat ek glo ons Here my gewys het.

Jesus sê, dat toe Lasarus gesterf het, het hy begelei deur engele na sy nuwe tuiste gegaan.


 

LUK16:22 "Die arm man is dood en is deur die engele geneem na die ereplek langs Abraham.


 

Toe die ryk man sy oë oopmaak toe is hy binne in die hel.


 

LUK16:23 In die doderyk het hy verskriklike pyn gely. Toe hy opkyk, sien hy in die verte vir Abraham met Lasarus by hom.


 

Onthou nou, dat dit Jesus is wat hierdie feite met ons deel en soos ek altyd sê, Jesus is die enigste persoon wat ooit op hierdie aarde geloop het, wat in diepte kennis van albei hierdie plekke het en alles wat daar gebeur.


 

Let ook op dat Lasarus nie 'n ander gedaante gehad het nie, Die ryk man het hom dadelik herken en dit nogal op 'n afstand.


 

LUK16:23 In die doderyk het hy verskriklike pyn gely. Toe hy opkyk, sien hy in die verte vir Abraham met Lasarus by hom.


 

Ek weet daar is mense wat beweer dat jy in 'n soort rus gaan as jy sterf en hulle kan hul sienswyse met teksverse steun, of so sê hulle maar hierdie gedeelte wat ek nou met jou bespreek is een van die bewyse wat ek gebruik, om te wys hoekom ek anders dink.

Hier is nog 'n paar bewyse wat ek gebruik om my sienswyse te steun.


 

Iets van Jesus se heerlikheid word gesien

Mat17:1-3 Ses dae later het Jesus saam met Petrus en Jakobus en sy broer Johannes teen 'n hoë berg uitgeklim. Daar was niemand anders by hulle nie. 2Terwyl die dissipels staan en kyk, het daar 'n verandering oor Jesus gekom. Lig het uit sy gesig begin straal soos uit die son, en sy klere het so wit geword soos 'n helder lig. 3Skielik het Moses en Elia ook daar verskyn, en hulle het met Jesus gestaan en praat.


 

Moses en Elia was daar jy kan maar sê in lewende lywe.


 

Dit is Jesus wat hier praat.

MRK12:26-27As julle wil weet of die wat dood is weer lewendig word—het julle al in die boek van Moses, in die gedeelte oor die bos wat gebrand het, gelees hoe God vir hom gesê het: 'Ek is Abraham en Isak en Jakob se God?' 27Hy is nie dooie mense se God nie maar die God van mense wat lewe.


 

God was nie Abraham en Isak en Jakob se God omdat hulle gelewe het nie.

God is Abraham en Isak en Jakob se God omdat hulle lewe.


 

LUK23:38-43 Bokant Jesus se kop teen die kruis was daar 'n plakkaat waarop gestaan het: DIT IS DIE KONING VAN DIE JODE.


39Een van die misdadigers aan 'n kruis langs Hom het Hom ook beledig: "O so! Dan is jy die Redder," het hy gesê, "red jouself en dan red jy sommer vir ons ook!"


40Maar die ander een het hom stilgemaak: "Het jy selfs nie eers vir God ontsag nie?" het hy gevra. "Jy het net soos hierdie Man die doodstraf gekry. 41Vir ons was dit die regte straf want ons kry ons verdiende loon vir wat ons gedoen het. Maar Hy het niks verkeerds gedoen nie."


42Toe sê hy: "Jesus, sal U aan my dink wanneer U as koning heers?"


43Toe sê Jesus vir hom: "Jy sal vandag
nog saam met My in die Paradys wees. Dit belowe Ek jou."


 

Soos ek altyd sê, sê ek nou maar weer.

As Jesus sê vandag, dan kan jy verseker weet, dit is vandag.


 

Ek sluit af met hoe my groot held Paulus hierdie saak sien.


 

FIL1:21-23 Want solank ek leef, leef ek net vir Christus, en as ek moet doodgaan, is dit vir my voordelig. 22As ek moes kies tussen lewe en dood, weet ek nie wat ek sou kies nie. Want as ek bly lewe, beteken dit ek kan vir die Here werk en mense kan tot die geloof kom. 23My hart is verdeeld. Aan die een kant verlang ek om te gaan en by Christus te wees, want daar is niks wat my meer vreugde sal gee nie.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie