Hierdie e-mail wat vir my gestuur was, het my net weer laat besef, van hoe volkome, volmaak ek van satan en die hel verlos is.
1 Pet 1:18-19, Matt 26:39, Matt 27:26
Die krag van sy bloed (1)
"Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus".
Die bloed van Jesus, het die volle prys van God se verlossing vir ons betaal. Om dit te verstaan, moet ons kyk na elke geleentheid waar Jesus se bloed gevloei het, en die betekenis daarvan vir ons probeer verstaan. Dat Jesus bloed gestort het vir ons, op verskillende plekke en geleenthede, mag dus ons help verstaan wat die volle impak van die bevryding deur Sy bloed kan wees.
Eerstens, het Jesus se sweetdruppels, soos bloed geword in die tuin van Getsemane, terwyl Hy vir die Vader sê: "Laat nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied!"
Mat 26:39 En Hy het 'n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.
Dit herinner ons aan die tuin van Eden, waar die eerste mens nie die wil van God kon nakom nie. Jesus betaal die prys van ongehoorsaamheid sodat ons deur Sy krag nou die wil van God kan doen. Jou wilskrag is vry!
Tweedens, het hulle Jesus se bloed laat vloei, deur vir Hom nege-en-dertig houe op Sy rug te slaan. Jesaja 53:4-5 voorspel Jesus se lyding: "Tog het hy óns lyding op Hom geneem, óns siektes het Hy gedra. Maar ons het Hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. ......deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom."
Mat 27:26
Toe laat hy vir hulle Barábbas los, maar Jesus het hy laat gésel en oorgelewer om gekruisig te word.
Die houe op Jesus se rug verteenwoordig die wonde van al ons siektes en gee jou die voorreg om gesond te wees.
Gebed: Jesus, dankie vir U bloed wat my bevry het, en vir my genesing betaal het.
Kopiereg 2003 Radiokansel.
Besoek ons webblad by www.radiokansel.co.za
Ter aansluiting van hierdie pragtige en kragtige e-mail wat vir my gestuur was, wil ek net noem van nog 'n keer wat Jesus se bloed gevloei het.
JHN 19:34
Maar een van die soldate het met 'n spies in Sy sy gesteek, en dadelik het daar bloed en water uitgekom.
Vir my persoonlik gee dit hierdie heerlik versekering.
Jesus het die dood ingegaan.. Hy het die pad geloop en daarom hoof ek niks bang vir die dood te wees nie.
Die dood is dood.
1KOR 15:54
En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
1KOR 15:55
Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
Mag dit vir jou 'n heerlike dag wees.
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.