Iemand het met my gedeel oor "prosperity preaching."
Toe dink ek daaraan, dat ek nou 'n lang relaas kan gee waarom ek nie met die meeste van die "prosperity preachers" se stellings kan saamgaan nie.
Hulle laat dit partykeer klink, dat as dit finansieel nie met jou goed gaan nie, dit is omdat jy God nie behaag nie, of dan tenminste iets doen wat God ontevrede met jou maak.
Vir diegene wat "prosperity" altyd aan geld wil verbind, net die volgende, want soos ek altyd sê:
"Ek het net die Bybel as my hoogste gesag."
Mat 8:19
En 'n sekere skrifgeleerde het gekom en vir Hom gesê: Meester, ek sal U volg waar U ook al mag gaan.
Mat 8:20 En Jesus sê vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.
Jesus die Koning van die konings, het nie eens 'n behoorlike slaapplek gehad nie.
Wat Jesus ook vir hierdie man sê, is na my mening die volgende. Dat as hy vir Jesus gaan volg, vir hom in elk geval dit veral wat tydelike behoeftes aanbetref nou nie juis maanskyn en rose gaan wees nie.
Jy sien Jesus leer ons:
JHN 16:33
Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Jy sien, as jy Jesus se vrede het, dan pla jou gebrek jou nie, want jy het Sy vrede.
Kyk nou vir 'n oomblik in die wêreld in om jou.
Dit kan finansieel goed met jou gaan en jy kan eensaam wees. Jy kan verslaaf wees. Jy kan wil selfmoord pleeg en so kan ek aangaan.
Jesus sê egter, dat as jy Sy vrede het kan jy maar verdrukking en als wat die wêreld jou kant toe kan gooi hê maar as jy Sy vrede het, is jy rustig, want Hy het die wêreld oorwin.
Ek lewe 'n heerlike "prosperity" lewe, want my "prosperity" lê in Jesus se vrede.
Jesus sê van Johannes die doper die volgende:
Luk 7:28 Want Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van God is groter as hy.
Luk 7:29 En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes.
Kyk wat gebeur toe met Johannes.
Mat 14:7 Daarom het hy met 'n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra.
Mat 14:8 Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op 'n skottel die hoof van Johannes die Doper.
Mat 14:9 En die koning het treurig geword, maar ter wille van die eed en die feesgenote het hy beveel dat dit gegee moes word.
Mat 14:10 En hy het gestuur en Johannes in die gevangenis onthoof.
Mat 14:11 Sy hoof is toe op 'n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring.
Dit klink nie vir my of Johannes veel wêreld se "prosperity gehad het nie.
Ek kan aangaan en die lys nog langer maak maar al wat ek wil sê, is dat ons
nie"prosperity" altyd aan finansies en besittings moet koppel nie. Inteendeel ek
verstaan die Bybelse "prosperity" heeltemal anders.
Jesus sê:
Mat 5:3
Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Mat 5:4
Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Mat 5:5
Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.
Mat 5:6
Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
Mat 5:7
Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
Mat 5:8
Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
Mat 5:9
Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
Mat 5:10 Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
Mat 5:11 Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.
Mat 5:12 Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.
Dit is die tipe "prosperity" wat my loon groot maak in die Hemel.
Verder sê Jesus:
JHN 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
JHN 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
Jesus sê, Hy gee ons Sy vrede nie die vrede soos die wêreld gee nie.
Hy gee my Sy vrede, nie die wêreldse se groot bankrekening vrede nie.
Jy sien dit lyk vir my en eintlik is dit maar al wat ek wil tuisbring.
Baie predikers koppel finansies en besittings aan hoe goed jou verhouding met God is.
As God jou nie met dit seën nie dan is daar fout met jou en dit is net dood eenvoudig
nie so nie.
Jakobus stel dit so:
JAK 1:2 Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,
JAK 1:3 omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
JAK 1:4 Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.
Dit lyk vir my dat Jakobus vir my sê, om te "prosper" in die "prosperity" van die geestelike en nie in die "prosperity" van die wêreld en van Mammon nie.
Ek sê ook nie jy moet nou 'n behoeftige wees nie.
Ek sê, moet nie byvoorbeeld geld, besittings en statis as maatband gebruik vir hoe goed jou verhouding met ons Here is nie.
Ek wil afsluit met die getuienis van my groot held Paulus.
Onthou nou as jy sy Getuienis lees.
God het hom die meeste van die Nuwe Testament laat skryf. So jy kan net dink wat
ons Here van hom gedink het.
Iemand het van Paulus gesê, dat geen ander mens op aarde soveel gedoen het om die
evangelie te versprei nie.
Hy sê:
2KOR 11:24 Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na.
2KOR 11:25 Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, 'n nag en 'n dag het ek op die diep water deurgebring—
2KOR 11:26 dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare onder valse broeders;
2KOR 11:27 in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid.
2KOR 11:28 Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis, die sorg vir al die gemeentes.
Dit klink nie vir my na die tipe "prosperity" wat so maklik van party kansels af verkondig word nie.
Tog was hierdie man so vol van God se "prosperity" dat God se Woord van hom as
volg getuig:
HAN 19:11 En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen,
HAN 19:12 sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.
Dit is nou volgens my "prosperity!" Dit is nou volgens my die regte soort
"prosperity!"
Paulus getuig van die regte soort "prosperity" aan die einde van sy lewe met feitlik geen aardse besittings nie en terloops toe hy hierdie woorde getuig het, het hy in die tronk gesit maar luister tog na Jesus se vrede, of dan God se "prosperity" in sy woorde.
2TIM 4:7
Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.
So, dit is nie te sê dat God ontevrede is met jou en daarom gaan dit nie finansieel goed met jou nie.
Ek moet ook nie dink omdat dit materialisties met my goed gaan, dat dit die bewys is
dat God tevrede met my is nie.
1TIM 6:5 nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
Groete
Sakkie