1 Petrus 3:14
As aan al die Christene in die wêreld gevra sou word wie bereid is om vir Christus te ly – natuurlik met die belofte dat dit groot geluk sal bring – sou bitter min die preek waardeer het. Om uit jou gemaksone te tree, om te offer, om alles op die altaar te lê, dit sing en bely ons, ja, maar by die doen kom ons selde uit. Aan die eenkant is ons skuldig daaraan dat ons 'n geslag mense grootgemaak het wat nie weet wat dit is om vir Hom te ly nie. Aan die ander kant klink die voorspoedteologie darem net te aanloklik. Ons word immers geleer dat ons Koningskinders is - versorg, genees, ryk en vooruitstrewend. Maar dan vergeet ons so maklik dat die Koning waarvan ons soms so entoesiasties getuig, in die eerste plek 'n Dienskneg was. Ons vergeet dat Hy gekom het om te dien, nie gedien te word nie. Ons vergeet ook maklik dat Hyself gesê het dat ons in die wêreld haat en vervolging sou beleef.
En wie sal saam met Christus vir die redding van die tot nog toe ongeredde deel van hierdie wêreld ly? Op wie val die lyding vir die Evangelie vandag anders as op jou en my wat bely dat ons onvoorwaardelik aan Hom verbind is? Gelukkig, nee uiters gelukkig, is hy of sy wat ter wille van Christus en duisende verlorenes kan ly.
Gebed: Ek dank God vandag vir die voorreg dat ek saam en namens my Verlosser mag ly.
Kopiereg 2004 Radiokansel.
Besoek ons webblad by www.radiokansel.co.za
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
Groete
Sakkie
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.