DIE SLEUTEL WAT JESUS VIR PETRUS GEGEE HET


 

Nou die anderdag net nadat my vrou lank na die motor se sleutels gesoek het, lees ek in die Bybel van 'n sleutel.

Ek wil nou met jou deel wat toe in my gedagtes opgekom het.

Die gedeelte wat ek gelees het was die volgende.


 

Mat 16:19 En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.


 

Ek wil nou met jou deel die gedagte wat ons Here vir my gegee het.

Petrus was 'n dissipel van Jesus en elke mens wat Jesus aanneem as sy Verlosser en Saligmaker is 'n dissipel van Jesus.

So ek het ook daardie sleutel.

Kom ons kyk gou na die sleutel.


 

HAN 4:12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.


 

Geen ander sleutel kan vir jou en my die deur na 'n gelukkige lewe oopsluit nie.


 

JHN 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.


 

Jesus sê toe later vir Sy dissipels om hierdie sleutel aan die mense in die wêreld te gaan uitdeel.


 

Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.


 

Kyk net hoe deel Petrus hierdie sleutel wat vir hom gegee is uit.


 

HAN 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.


 

Die sleutel is om alles in die Naam van Jesus te doen.


 

KOL 3:17
En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.


 

Natuurlik moet ons dit in die geloof doen.


 

So baie mense gryp die verkeerde sleutel om die deur na 'n gelukkige lewe oop te sluit.

Mense gryp na "drugs".

Mense gryp na buite-egtelike verhoudings.

Mense gryp na oneerlike maniere van geld maak en so kan ek aangaan die lys is amper eindeloos.


 

Natuurlik het Jesus dit gesien en daarom sê Hy vir jou en vir my.


 

JHN 14:27
Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.


 

Jy sien, dit wat die wêreld vir jou en my aanbied as vrede en geluk is 'n leun.

Net Sy vrede bring vrede in jou en my hart.

Net Sy vrede bring werklik geluk in jou en my lewe.


 

FIL 4:7
En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.


 

Ek sluit af met 'dit wat 'n skare eendag van Hom getuig het en dit was nie sommer 'n gewone skare nie.


 

Luk 2:10 En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees,

Luk 2:11 dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.

Luk 2:12 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.

Luk 2:13 En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:

Luk 2:14 Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!


 

Die sleutel wat vir my vrede gee, is die Naam Jesus.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.