Ek weet nie aan wie hierdie dame gedink het toe sy hierdie groot waarheid kwyt geraak het nie maar ek het onmiddellik aan Jesus se 11 dissipels en my Groot held Paulus gedink.
Toe onthou ek ook sommer daardie ander groot waarheid wat ek so 'n bietjie "gemodify" het:
"God en jy is 'n meerderheid maar eintlik nog veel meer, want God en jy is in werklikheid 'n oormag."
** "Never believe that a few caring people can't change the world. For, indeed, that's all who ever have." Margaret Mead
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.