OM TE BESTAAN OF TE LEWE


 

Ek is mos so 'n groot bewonderaar van Paulus.

Voor my bekering was my groot mens held Elvis Presley maar daarvan 'n bietjie later meer. Nou is dit natuurlik sonder enige twyfel Paulus.

Ek wil nou iets met jou deel, wat in my hart opgekom het.

Ek gaan begin met een van my groot held Paulus se "tricks," as ek dit so mag noem, wat hy gebruik het as hy die mense se volle aandag wou hê en dan doen ek net wat hy graag sou wou sien dat ek doen.

Want hy sê mos.


 

1KOR 11:1 Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is.


 

Op 'n kol in Paulus se prediking moes hy gebruik maak van 'n drastiese metode om iets na die kinders van God oor te bring.

In kort sê hy dan vir hulle, dat ander sogenaamde apostels is so dwaas, dat hulle loop en spog en dat hy ook nou soos 'n dwaas gaan optree en dan doen hy dit.


 

2KOR 11:21 Tot my skande moet ek erken dat ons daarvoor te swak was; maar as iemand dit aandurf—ek spreek in dwaasheid—ek durf ook.

2KOR 11:22 Is hulle Hebreërs? Ek ook. Is hulle Israeliete? Ek ook. Is hulle die nakomelinge van Abraham? Ek ook.

2KOR 11:23 Is hulle dienaars van Christus? —ek praat in uitsinnigheid—ek nog meer: in arbeid oorvloediger, in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in doodsgevare dikwels.


 

Ek wil nou ook soos 'n dwaas met jou praat.

Waar is die sin in hierdie lewe?

Hoekom moet ek deur hierdie lewe gaan, om van tyd tot tyd siek te word, om kanker te moes kry, om deur mense seer gemaak te word, om te moet swoeg om kos en klere en blyplek te hê, om as 'n blinde deur die lewe te moet gaan, om oud en dalk nog kranklik en afhanklik te word?

Nou gaan ek sommer heeltemal kranksinnig raak in dit wat ek skryf.

Waarom het God in die eerste plek die moeite gedoen om my te skep?

Genoeg nou van dwaasheid.

Jy sien, dit werk so. As 'n mens net bestaan en nie lewe nie, dan maak wat hier op aarde gebeur, min of geen sin nie.

Daar is 'n baie groot waarheid waarvan baie min mense bewus is.

Die meeste mense op aarde lewe nie maar bestaan net.

Praat jy met mense, dan noem hulle drie soorte lewe op aarde.

Diere lewe, plantlewe en die mensdom maar ek glo daar is net een lewe en dit is kind van God lewe.

As jy dit afsny tot op die been, het enige "lewe" sonder Jesus, geen sin hoegenaamd nie.

Jy sien dit maak nie saak wat ek hier op aarde vermag het nie.

Daar kom 'n dag wanneer ek my kop gaan neerlê en alles hier gaan agterbly.

Dit maak nie saak wat ek op hierdie aarde deurgemaak het nie.

Daar kom 'n dag wanneer ek my kop op hierdie aarde vir die laaste keer gaan neerlê en dan gaan ook alles wat ek deurgemaak het, hier agterbly.

As ek vir Elvis, wat my groot held gewees het voor my bekering, na wie se musiek ek nog steeds met nostalgie kan luister as voorbeeld mag gebruik.

Hy is op 'n relatiewe jong leeftyd oorlede en al sy miljoene der miljoene het agter gebly. Hy is die hiernamaals in en kon nie een enkele ding saam met hom geneem het nie.

Oor hom het meisies flou geword.

Oor hom het Sakkie vuis geslaan op skool.

Mense het en jy kan maar sê, aanbid hom nog steeds.

Al sy geld en al sy roem, of dan nog baie daarvan, is nog hier by ons. Hy kon nie een enkele iets met hom saam neem nie.

Dit wat met hom gebeur het, het met almal in die verlede gebeur en gaan ook met my en jou gebeur en dit is, as ons hier uittree bly alles agter. Ons kan niks saam neem nie en as ons nie werklik bekeerde mense is nie, is en was alles sinloos en nutteloos.

Omdat ek vir Jesus aangeneem het as my Verlosser en Saligmaker, maak die meeste van dit wat met my gebeur sin en die res bekommer ek my nie oor nie want ek weet:


 

Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.


 

My vrou vertel my gereeld dat ek verslaaf is aan oefening. Dit is vir my heerlik om fiks en gesond te voel maar ek moet hard daaraan werk en dan is ek ook nog uit die ou skool wat glo:

"No pain, no gain."

Ook wat die geestelike lewe aanbetref, stry ek die stryd en ek hardloop die wedloop, want ek weet en ek wil jou ook aanmoedig om so na die lewe te kyk.


 


 

1KOR 9:24 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal.

1KOR 9:25 En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike.

1KOR 9:26 Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.

1KOR 9:27 Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.


 

Onthou, dat elke persoon op hierdie aarde wat nie hierdie groot waarheid besef, aanneem en werklik uitlewe nie, se bestaan op aarde is sonder enige sin en gaan eindig in die hel en die einde sal vir ewig aanhou om 'n verskriklike einde te wees wat nooit sal ophou nie.

Daar is net een werklike lewe in die hele heelal.


 

JHN 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.


 

As Jesus sê dat net Hy die lewe is, dan is wat my aanbetref enige iets anders wat na lewe lyk, hoe goed daardie sogenaamde lewe ook al voorkom, 'n valse, verwerplike bedrogspul.


 

HAN 4:12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.


 

Ten slotte, wil ek jou net daaraan herinner, dat alles op hierdie aarde, baie, baie tydelik is. Waarvan jou reis van geboorte af tot waar jy die ewige tuiskoms intree, seker die mees tydelike is.


 

FIL 3:20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,

FIL 3:21 wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.


 

So, my mede pelgrim:


 

1PET 2:11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;

1PET 2:12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.