OOR PROSTITUSIE EN PORNOGRAFIE IS DIE BYBEL BAIE DUIDELIK


 

Oor hierdie saak is die Bybel so duidelik, dat 'n mens werklik net hoef te lees wat God in Sy woord omtrent die saak sê. Jy hoef werklik nie met iemand oor hierdie saak 'n lang redenasie te voer nie. Jy kan maar net die Bybel oopmaak en vir iemand wat hieroor wonder self laat lees.


 

Ons liggaam behoort ook aan God

1KOR 6:12-20'n Mens kan sê: "Ek mag enigiets doen," maar dit is nie alles wat vir my goed is nie. Ek kan sê: "Ek mag enigiets doen," maar ek sal my nie deur iets laat bind waarvan ek later nie weer kan loskom nie. 13'n Mens kan sê: "Kos is vir die maag bedoel en die maag het kos nodig." Dit is waar dat 'n mens moet eet, maar dit is nie waarvoor ons lewe nie. Die een ding waarvoor ons liggaam nie bedoel is nie, is seksuele sonde. Ons het 'n liggaam om die Here mee te dien, en van sy kant af sorg die Here vir ons liggaam. 14God sal ons liggame deur sy krag weer uit die dood lewendig maak net soos Hy die Here Jesus uit die dood lewendig gemaak het. 15Besef julle nie dat julle liggame so aan Christus verbind is asof dit sy eie liggaamsdele geword het nie? Sal ek dan 'n deel van Christus se liggaam neem en dit met die liggaam van 'n prostituut verbind? Nooit! 16Kan julle nie sien dat iemand wat met 'n prostituut omgang het, aan haar verbind word nie? Want God het gesê dat 'n man en 'n vrou soos een mens word. 17Maar 'n mens wat hom aan die Here verbind, word geestelik een met Hom.


18Dit is daarom dat ek sê julle moet wegbly van seksuele sonde. Ander soorte sonde benadeel nie noodwendig 'n mens se liggaam nie, maar as iemand hierdie soort sonde doen, dan is dit ook teen sy eie liggaam wat hy sonde doen. 19Of verstaan julle nog nie dat julle liggame nou die tempel geword het van die Heilige Gees wat God aan julle gegee het nie? Die Heilige Gees woon nou in julle! Daarom behoort julle liggame nie meer aan julleself nie, 20want God het julle gekoop en baie duur vir julle betaal. Julle behoort nou geheel en al aan God, en daarom moet julle Hom ook eer wat julle liggaam betref.


 

Lees net gou weer hier.


 

1KOR 6:15 Besef julle nie dat julle liggame so aan Christus verbind is asof dit sy eie liggaamsdele geword het nie? Sal ek dan 'n deel van Christus se liggaam neem en dit met die liggaam van 'n prostituut verbind? Nooit!


 

Lees ook weer hier.


 

1KOR 6:19-20 Of verstaan julle nog nie dat julle liggame nou die tempel geword het van die Heilige Gees wat God aan julle gegee het nie? Die Heilige Gees woon nou in julle! Daarom behoort julle liggame nie meer aan julleself nie, 20want God het julle gekoop en baie duur vir julle betaal. Julle behoort nou geheel en al aan God, en daarom moet julle Hom ook eer wat julle liggaam betref.


 

Tussen prostitusie en pornografie is daar nie regtig 'n verskil nie.

Dit is die selfde "gravy," die een is net 'n ander sousie.

"So, if we believe it, let us live it."


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.