EK DINK GOD HET ‘N SPESIALE SAGTE PLEKKIE VIR ARM EN SIEK MENSE


 

LUK16:20-21By die ryk man se voordeur het daar 'n arm man gelê. Sy naam was Lasarus. Hy was so vol sere 21dat die honde daaraan kom lek het. Lasarus het gehoop dat hy van die oorskietkos sou kry wat van die ryk man se tafel afgeval het.


 

Na die einde van sy lewe hier op aarde , was die man wie God se woord nou net vir ons beskryf het, in die Hemel.

Ek wil hierdie gesprek met jou begin, deur die volgende stelling te maak.

Daar is baie dinge in hierdie wêreld wat vir God afstootlik is maar armoede en siekte is gewis nie twee daarvan nie. Inteendeel dit lyk vir my, as ek die Bybel lees asof God 'n spesiale, kom ons noem dit met respek, sagte plekkie vir die siek en arm mense het.

Ek gaan vir jou net twee voorbeelde gee maar glo my ek kon jou baie lank met voorbeelde besig gehou het.


 

MAT11:2-6Johannes die Doper was in hierdie tyd in die tronk, maar hy het gehoor wat Christus alles gedoen het. Daarom stuur hy toe van sy volgelinge 3Om vir Hom te gaan vra: "Is U die beloofde Redder of moet ons wag vir iemand anders wat nog sal kom?"


4Jesus se antwoord was: "Gaan terug na Johannes toe en vertel hom alles wat julle My sien doen het en wat julle hier gehoor het. 5Sê vir hom mense wat blind was kan weer sien en verlamdes loop weer. Mense wat melaats was, is gesond en dowes kan weer hoor. Selfs mense wat dood was, is weer lewendig gemaak, en die Goeie Nuus word aan die arm mense gebring. 6Sê dan ook vir hom: 'n Mens wat nie oor My twyfel nie, kan bly wees.' "


 

Dit is van Jesus wat hier gepraat word.

LUK4:16-21So kom Hy toe ook in Nasaret aan, die dorp waar Hy sy kinderdae deurgebring het. Soos gewoonlik het Hy op die Sabbatdag na die sinagoge toe gegaan. Toe Hy in die sinagoge opstaan om 'n gedeelte uit die Skrif voor te lees, 17is die rol van die profeet Jesaja aan Hom gegee. Toe Hy dit ooprol, kry Hy die gedeelte waar daar staan:


    18"Die Here se Gees is in my

want Hy het my aangestel

om die Goeie Nuus oor die verlossing vir die armes te bring.

Hy het my gestuur om aan te kondig

dat die wat in slawerny was nou vry is,

en dat die wat blind was nou weer kan sien,

en dat die wat verdruk was nou vrygelaat word.


19Ek moet ook aankondig dat die jaar nou aangebreek het

wanneer die Here aan mense goed sal doen!"


20Nadat Hy die rol weer opgerol het, gee Hy dit aan die opsigter terug en gaan sit om te praat. In die hele sinagoge was elke oog nou op Hom gerig. 21Toe begin Hy: "Wat in hierdie gedeelte van die Skrif voorspel is, het vandag uitgekom!"


 

Is jy iemand wat soos 'n riet wat geknak is?

Is jy iemand wat voel jy beteken eintlik niks meer vir iemand nie? Jy is maar nog net 'n rokende lamppit.

Voel jy lewensmoeg?

Voel dit vir jou alles raak net te swaar om te dra?

Lees wat sê God in Sy Woord vir jou en vir my en as jy dit werklik op jou van toepassing maak, sal jy ook werklik vrede rustigheid en kalmte ervaar.

Ek praat van ondervinding, want daar was 'n tyd in my lewe, dat ek ook onder daardie laste gebuk gegaan het.


 

LUK12:15-21Maar Jesus het geweet waarmee hulle besig is. Daarom het Hy daarvandaan weggegaan. Daar was baie mense wat agter Hom aangegaan het en Hy het hulle almal gesond gemaak. 16Maar Hy het hulle verbied om te sê wie Hy is. 17So het die woorde van die profeet Jesaja uitgekom waar hy gesê het:


    18"God sê: 'Hy is my dienskneg wat Ek uitgekies het.

Ek het Hom lief en Ek is bly oor Hom.

Ek sal Hom my Gees gee

en Hy sal die nasies aansê dat Ek hulle sal oordeel.


19Hy sal nie argumenteer of skree nie

en hulle sal nie sy stem op die strate hoor nie.


20Waar iemand se lewe gebroke is soos 'n riet wat geknak is,

sal Hy dit nie verbreek nie,

en waar dit swak is soos 'n lamppit wat rook,

sal Hy dit nie beskadig nie.


21Hy sal so aanhou totdat God se oordeel die oorwinning behaal het.

Hy sal die volke se vooruitsig vir die toekoms wees.' "


 

MAT11:28 "Kom na My toe, dan sal Ek julle rus gee, julle almal wat moeg is en swaarkry onder die laste wat julle dra.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.