Hierdie is eintlik 'n boodskap vir die Paasfees maar dit is so 'n heerlike boodskap, dat 'n mens dit eintlik elke dag kan lees en heerlik hoendervleis kan kry as jy onthou.
Dit het my God gedoen sodat ek eendag in die hemel by Hom kan wees.
Is dit nie 'n heerlike gedagte nie:
Die dood is dood!!!
(1 Kor 15:12-22)
Wat opgestaan het uit die dood
Die vroeë Christene het mekaar met Paasfees op straat met dié woorde begroet. Oral het dit weerklink: "Die Here het waarlik opgestaan!" 'n Mens kan dit verstaan, want geen leerstuk en geen waarheid van die Bybel, is belangriker as dié van Jesus se opstanding nie. Oral waar die eerste Christene die evangelie van Jesus verkondig het – vertel Lukas in sy boek Handelinge – was dít die kern van hul boodskap: Jesus wat gekruisig is, het opgestaan! Baie wou dit nie glo nie, maar daarvoor was Petrus en Johannes en Jakobus – en al die ander gelowiges – bereid om te sterf. Paulus het die opperbelang van die opstanding op 'n interessante manier verduidelik. As Christus nie opgestaan het nie:
*is al die preke wat in die kerke op aarde gelewer word, sonder inhoud;
*is ons geloof nutteloos;
*is ons nog gevange in ons sonde;
*is die wat in Christus gesterf het, verlore;
*is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.
Maar, het Paulus gejuig, Christus is opgewek uit die dood! Nou is alles die moeite werd! Nou is ons die gelukkigste van alle mense. Jesus se opstanding, het iemand gesê, was God se 'kwitansie' in sy eie hand geskryf, waarin Jesus se offer aan die kruis aanvaar word. Hy het die Satan en die sonde oorwin. Hy het die dood doodgemaak!
Kopiereg 2004 Radiokansel.
Besoek ons webblad by
www.radiokansel.co.za
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.