Iemand skryf aan my as volg.
"hoop jy kan vir ons meer duidelikheid gee.
As Jesus 'n Jood was, hoekom aanbid ons hom dan nie op die jood se manier nie maar as Christene?"
Hier is dan hoe ek hierdie saak sien.
Daar is darem geen twyfel, om dit so te stel, dat Jesus wat Sy mensheid aanbetref, 'n Jood gewees het nie.
Daarom dan ook, dat Jesus self vir ons in Sy Woord sê
JHN 4:22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.
Vir my is die eerste wat uitstaan, as ek, om dit so te stel, uit die hoek wat die vraag aan my gestel is, na hierdie saak kyk, dat die Jode se manier van aanbidding deur ons Here net vir die Jode bedoel was.
Die heidene, met ander woorde ook jy en ek was uitgesluit.
EFE 2:11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,
EFE 2:12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.
EFE 2:13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.
Ek sien die Jode se manier van aanbidding as 'n tipe aanbidding wat ons Here destyds net vir die Jode bedoel het, om 'n intieme verhouding tussen ons Here en die Jode te bewerkstellig, totdat die Jode maar ook die hele mensdom se Messias sou kom.
As jy Exo 19 tot en met Exo 24 gaan lees sal jy 'n goeie insig oor dit wat ek nou met jou deel kry.
Ons lees byvoorbeeld.
Exo 19:4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.
Exo 19:5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
Exo 19:6 En júlle sal vir My 'n koninkryk van priesters en 'n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
Exo 19:7 En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat die HERE hom beveel het.
Toe deur hulle aanvaarding van wat ons Here gesê het, is die verbond gesluit, of as jy
wil, die ooreenkoms beklink.
Exo 19:8 Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring.
Exo 24:3 Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van die HERE en al die verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en sê: Al die woorde wat die HERE gespreek het, sal ons doen.
Exo 24:4 En Moses het al die woorde van die HERE opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg 'n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.
Exo 24:5 En hy het jongmanne van die kinders van Israel gestuur; dié het brandoffers geoffer en as dankoffers bulle vir die HERE geslag.
Exo 24:6 En Moses het die helfte van die bloed geneem en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed teen die altaar uitgegooi.
Exo 24:7 En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.
Exo 24:8 Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en sê: Dit is die bloed van die verbond wat die HERE met julle gesluit het op grond van al hierdie woorde.
Toe, toe die volheid van die tyd aan gebreek het, het die Jode en die hele mensdom se Messias Sy verskyning gemaak.
Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet,
Gal 4:5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
Onthou jy wat die profeet geprofeteer het?
Jes 9:5 Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—
Jes 9:6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur
reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die
leërskare sal dit doen.
Ons is nou, om dit so te stel, vry van die Mosaïese verbond (wet van Moses). Of soos
my groot held Paulus dit so mooi stel.
Gal 3:23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.
Gal 3:24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.
Gal 3:25
Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder 'n tugmeester nie.
Gal 3:26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;
Nou, omdat ek Jesus aangeneem het as my Verlosser en Saligmaker, het daar twee
"moets" in my hart kom groei en hierdie twee "moets" maak al die honderde moets en
moenies van die Mosaïese verbond (wet van Moses vir my heeltemal oorbodig.
Wat is hierdie twee "moets?"
Mat 22:36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?
Mat 22:37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
Mat 22:38 Dit is die eerste en groot gebod.
Mat 22:39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Mat 22:40
Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Ek sê, dat ek niks meer as hierdie twee "moets" in my lewe nodig het nie.
Kyk net hoe mooi som my groot held Paulus hierdie twee"Moets" in 'n Christen se
lewe op.
Rom 13:8 Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat 'n ander liefhet, het die wet vervul.
Rom 13:9 Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Rom 13:10 Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.
Iemand sal nou dalk probeer om vir my daarop te wys, dat in (Rom 13:8-10) wat ek
nou kwoteer het net oor die liefde vir my naaste gepraat word.
Wat dan nou van die eerste van die twee "moets" waarvan ek die hele tyd praat,
Naamlik die liefde vir ons Here.
Paulus, so lyk dit vir my, Sê maar net op sy manier vir my wat Johannes vir my, om
dit so te stel, in baie sterker taal sê.
1JHN 4:19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.
1JHN 4:20 As iemand sê: Ek het God lief—en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?
1JHN 3:15 Elkeen wat sy broeder haat, is 'n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie.
Hierdie "broeder" sluit natuurlik soos ek die Woord verstaan ook my suster en my broeder in wat nie uit dieselfde volk as ek is, of dieselfde kleur as ek het nie.
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.