Ek wil jou iets wys wat ons Here vir my so 'n ruk terug gewys het.
Jy het dalk al gevoel, dat jy ook meer vir ons Here sou wou doen maar jy het nie die talente wat baie van die ander kinders van God het nie.
Jy voel dalk ook dat God jou minder seën as ander omdat Hy nie soveel van jou dink soos van hulle nie.
Ek wil jou iets wys maar jy moet eers hierdie gedeelte lees.
Mat 25:13
Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.
Mat 25:14 Want dit is soos 'n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou.
Mat 25:15 En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.
Mat 25:16 En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.
Mat 25:17 Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien.
Mat 25:18 Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.
Mat 25:19 En ná 'n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken.
Mat 25:20 En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het u aan my toevertrou; hier het ek vyf ander talente daarby verdien.
Mat 25:21 En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in, in die vreugde van jou heer.
Mat 25:22 En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien.
Mat 25:23 Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in, in die vreugde van jou heer.
Mat 25:24 En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u 'n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie;
Mat 25:25 omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort.
Mat 25:26 Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie.
Mat 25:27 Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.
Mat 25:28 Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het;
Mat 25:29 want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.
Mat 25:30 En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.
Om die volle prentjie te sien, soos wat ek dit gesien het, moet ek jou iets anders wys.
Die een wat nou 10 talente het, het meer in totaal by gekry, as wat die een wat sy 2
verdubbel het nou in totaal het.
Nou sou 'n mens kon dink dat Jesus ons gaan wys dat God meer dink van die een met
die 10 talente, as die man met 4 maar kyk wat sê Jesus gebeur werklik.
Kyk wat sê die heer vir die een wat 5 bygekry het.
Mat 25:21 En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in, in die vreugde van jou heer.
Kyk nou wat sê die heer vir die een wat nou 4 talente het.
Mat 25:23 Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in, in die vreugde van jou heer.
Jy sien, albei hierdie diensknegte het presies dieselfde prys woorde van hul heer
ontvang.
Albei kry presies dieselfde behandeling.
Vir my sê Jesus hier, dat Hy nie minder van my dink omdat ek nie soveel ontvang het
soos iemand anders nie.
Ek moet egter dit wat ek het nie begrawe nie.
Ek beïndruk God nie met hoeveel talente ek het nie. Dit is dan Hy wat my die talente in die eerste plek gegee het.
Wat by God saak maak is wat ek doen met dit wat ek ontvang het.
God het jou en my met ons bietjie talente net so lief soos vir die een met die baie
talente.
Kom ek en jy werk met dit wat ons het, vandag en altyd voluit vir ons Here.
1KOR 9:26 Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.
FIL 3:12 Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.
FIL 3:13 Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie.
FIL 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
Geniet hierdie heerlike dag wat ons Here vir ons gegee het.
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.