VREES VIR DIE EINDTYD

Daar word weer deesdae baie oor die eindtyd en die wederkoms van Jesus gepraat.

Daar is egter iets wat vir my onverstaanbaar is en dit is, dat so baie Christene bang is vir die eindtyd.

Ek glo ons behoort nie bang te wees vir die eindtyd en wat gaan gebeur nie, inteendeel ons behoort reikhalsend daarna uit te sien.

Ek glo ook dat ons nie eens dit gaan belewe nie en ek weet daar is mense wat hier met my gaan verskil maar dit is hoe ek glo en ek is regtig nie bang vir die eindtyd en als wat dit gaan behels nie.

Die Woord sê dan ook.


 

Rom 8:14
Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

Rom 8:15
Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!


 

Nog verder sê die Woord.


 

1JHN 4:15
Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God.

1JHN 4:16
En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

1JHN 4:17
Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

1JHN 4:18
Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

1JHN 4:19
Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.


 

As jy die volgende gedeelte lees, sal jy dalk beter verstaan, hoekom ek glo soos wat ek glo.

Dit is eintlik 'n baie lang gedeelte maar ek plaas hier net die gedeelte wat relevant is vir dit waaroor ek hier skryf.


 

Luk 21:25
En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde
benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,

Luk 21:26
en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.

Luk 21:27
En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid.

Luk 21:28
En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.


 

Ek wil jou nou drie dinge wys uit die drie gedeeltes wat jy nou gelees het.


 

Rom 8:15 …
julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!


 

Hoekom moet jy vrees wat jou Vader gaan doen?


 

1JHN 4:17
Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.


 

As jy jou saak met ons Here reg gemaak het en in Sy weë bly wandel, kan jy die

oordeelsdag met groot vrymoedigheid tegemoet gaan.

Dit is nie wat ek sê nie, dit is wat Jesus sê.


 

Luk 21:28
En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.


 

As iemand vir my sou vra, hoe kan ek verseker weet dat ek nie die eindtyd en als wat

daarmee gepaard gaan hoef te vrees nie?

Sal ek vir hom of haar die volgende uit God se Woord kwoteer sonder enige

ingewikkelde redenasies.


 

JHN 3:16
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Rom 10:9
As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;

JHN 3:17
Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

JHN 3:18
Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.


 

Ek sluit af met 'n stelling wat Paulus gemaak het.


 

2TIM 1:7
Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.


 

Geniet hierdie dag en dink daaraan, toe jy vanoggend opgestaan het, hoe heerlik, was dit nog een

slapie minder voor Jesus kom.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

 

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.