Ek was besig om in Markus te lees, toe ons Here die volgende gedagte vir my gewys
het.
Hier volg die gedeelte.
MRK9:14
En toe Hy by die dissipels kom, sien Hy 'n groot menigte om hulle, en skrifgeleerdes wat met hulle redetwis.
Mrk 9:15
En dadelik toe die hele skare Hom sien, was hulle baie verbaas en het na Hom gehardloop en Hom gegroet.
Mrk 9:16
Daarop vra Hy die skrifgeleerdes: Waarom redetwis julle met hulle?
Mrk 9:17
En een uit die skare antwoord en sê: Meester, ek het my seun wat 'n stomme gees het, na U gebring;
Mrk 9:18
en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom; en hy kry skuim in die mond, en hy kners met sy tande en word styf; en ek het u dissipels gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie.
Mrk 9:19
Toe antwoord Hy hom en sê: o Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe.
Mrk 9:20
En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.
Mrk 9:21
Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En hy sê: Van sy kindsdae af;
Mrk 9:22
en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.
Mrk 9:23
En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
Mrk 9:24
En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!
Mrk 9:25
En toe Jesus sien dat 'n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie.
Mrk 9:26
En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos 'n dooie geword, sodat baie gesê het: Hy is dood.
Mrk 9:27
Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan.
Die eerste ding wat ek hier gesien het, is dit.
Is die nie wonderlik om een van Jesus se Dissipels te wees nie.
Vir Sy kinders is Jesus na my mening bevoordeelde beskermend.
Mrk 9:15
En dadelik toe die hele skare Hom sien, was hulle baie verbaas en het na Hom gehardloop en Hom gegroet.
Mrk 9:16
Daarop vra Hy die skrifgeleerdes: Waarom redetwis julle met hulle?
Die skare maak 'n groot ophef van Hom en groet en ek glo probeer met Hom
te gesels. Maar Sy aandag is daar by Sy dissipels waar hulle aangeval word.
Mrk 9:16
Daarop vra Hy die skrifgeleerdes: Waarom redetwis julle met hulle?
Vervolgens, kyk nou na die magsvertoon van satan.
Mrk 9:20
En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond.
Maar satan het Jesus nie beïndruk nie. Om die waarheid te sê Jesus het Hom nie
eens aan satan se magsvertoon gesteur nie. Sy aandag was by die een wat na Hom
om hulp geroep het.
Mrk 9:21
Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het?
Dan sê die man vir Jesus:
Mrk 9:22…
Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons.
Volgens my beskeie mening, is dit nie 'n stelling van geloof nie maar een van hoop en
eintlik sonder dat hy dit besef, 'n om dit lig uit te druk, 'n aantasting van Jesus se
gesag, want Jesus kan enige iets doen.
Jesus vererg Hom egter nie vir die man soos ek en jy dalk sou gedoen het nie. Nee,
kan jy ook die deernis in Sy stem hoor as hy vol begrip vir die man sê:
Mrk 9:23
En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
Die man sê toe vir Jesus dat hy glo maar en ek glo Jesus het dit in sy hart laat opkom,
toe kom die man agter dat hy nou so 'n bietjie deurmekaar praat en dat hy hoop met
geloof verwar en daarom verander hy, jy kan maar sê in dieselfde asem sy, wat hy
gedink het geloof is, na ongeloof.
Mrk 9:24
En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!
Ten slotte.
Toe ek die gedeelte klaar gelees het, was die oorkoepelende gedagte wat my by gebly
het.
Dat, midde in die aanval van die skrifgeleerdes op Sy dissipels.
Ten spyte van die magsvertoon van satan.
Ten spyte van die man wat hoop met geloof verwar en in die proses in sy onkunde
nog beledigend ook is.
Ja, ten spyte van hierdie hele deurmekaarspul, is Jesus van begin tot einde alleen ten
volle in beheer en dit is 'n
Goddelike in beheer.
Dit is 'n Goddelike liefde, in beheer.
Dit is 'n Goddelike deernis, in beheer.
Met daardie selfde Goddelike liefde en met daardie selfde Goddelike deernis, kyk
Jesus vandag na my en na jou en weet jy wat vir my so wonderlik is?
Al is my geloof so klein, dat dit eintlik ongeloof is, hoof ek net eerlik dit vir Hom te
sê en soos ook met die man wat ons hier van gelees het, sal Hy my ongeloof te hulp
kom.
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.