John 3:16 For God so loved the world, that he gave his only begotten Son,
that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.
I don't understand how God was willing to send His Son to die for me, and how Jesus would agree to do such a thing. I don't understand the agony of the Father and every angel in heaven as they watched Jesus suffer and die. I don't understand the intense love for ME that kept Jesus on the cross till the end.
I don't understand it, but it sure does make life worth living!
Dit is vir my menslike verstand ook totaal onbegryplik. Hoe 'n Vader kan toe kyk hoe Sy Seun vermoor word, om my siel te red maar ek kan maar net in verwondering uitroep:
"Wat 'n wonderlike groot liefde! Wat 'n wonderlike groot liefde is dit nie vir my nie!"
Dan jubel ek dit ook saam met die psalmdigter uit:
Psm 31:20 o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!
Dan, terwyl ek weer in my gees na my groot held Paulus luister as hy sê:
1KOR 13:12
Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.
Onthou ek ook, wat my Jesus gesê het, op Sy pad na Golgota, waar Hy deur liefde gedwing, vir my aan die kruis gaan hang het.
JHN 15:13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
JHN 15:14 Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.
So, al kan ek dit nie met my menslike verstand heeltemal verwerk nie, kan ek volkome vry en met volle oorgawe sing:
Ek is op my pad Hemel toe,
Ek is op my pad Hemel toe,
Singend, singend, altyd singend,
Ek is op my pad Hemel toe.
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling
te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en
majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
Groete
Sakkie
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.