IETSIE HEERLIK UIT GOD SE WOORD OM JOU TE STIG


 

GAL3:13-14 Maar Christus het ons vrygemaak van die vloek wat op ons gerus het deurdat ons die wet nie kon hou nie. Hy het self die straf gedra—die Skrif sê duidelik: "Die vloek van God is op elkeen wat aan 'n paal gehang word om doodgemaak te word." 14Daarom kan die seën wat God aan Abraham beloof het, nou gegee word aan mense van al die nasies as hulle aan Christus Jesus behoort. As ons nou op Hom vertrou, ontvang ons die Heilige Gees soos God belowe het.


 

2KOR5:20-21 Daarom is ek 'n boodskapper wat deur Christus uitgestuur is. Wat ek vir julle sê, kom van God self. Ek smeek julle ter wille van Christus, laat God toe om die saak tussen Hom en julle reg te maak. 21Christus het nie een enkele sonde gedoen nie. Maar God het Hom verantwoordelik gemaak vir al ons sondes asof Hy dit self gedoen het. Nou sê God as ons aan Christus verbind is, is ons skuld weggeneem, net so goed of ons self nooit sonde gedoen het nie.

EFE1:4-8 Dit was reeds lank gelede, nog voordat Hy die aarde gemaak het, dat God ons uitgekies het om aan Christus te behoort. God wou hê ons moet heilig wees en sonder iets wat kortkom volgens sy oordeel. Hy het ons so liefgehad 5dat Hy vooraf besluit het om ons sy eie kinders te maak—en dit is moontlik gemaak deur alles wat Jesus Christus vir ons gedoen het. God het so besluit omdat Hy dit graag vir ons wou doen. 6Daarom moet ons God prys dat Hy vir ons so wonderlik goed was. Sonder iets wat ons van ons kant af verdien het, het Hy dit vir ons verniet gegee, want sy Seun wat Hy so liefhet, het dit moontlik gemaak. 7Dit is deur die bloed van sy Seun dat God ons verlos en ons alles vergewe wat ons teen Hom gedoen het. Hy is vir ons so oneindig goed 8en Hy hou aan om ons met sy goedheid te oorlaai.


 

JHn14
Jesus sê toe vir sy dissipels: "Moenie verskrik word nie. Vertrou op God en vertrou ook op My. 2In my Vader se huis is daar baie plek, en Ek gaan daar vir julle 'n plek regmaak om te bly. As dit nie so was nie, sou Ek reguit vir julle gesê het. 3As Ek julle plek reggemaak het, kom Ek weer om julle te kom haal sodat julle by My kan wees.


 

2KOR4:16-18 Dit is daarom dat ek nooit moedeloos word nie. My uiterlike lewe mag afgebreek word en tot niet gaan, maar ek het 'n ander lewe binne-in my wat God my gegee het, en Hy maak hierdie lewe elke dag nuut. 17Die moeilikhede wat ek nou het, is nie so erg nie en hulle gaan verby. Maar hulle berei my voor vir die ewige seën wat God my sal gee, en dit is wonderliker as enigiets waarmee ek dit nou kan probeer vergelyk. 18Daarom konsentreer ek nie op die omstandighede wat ek nou om my sien nie, want hulle gaan verby. My aandag is gevestig op die dinge wat vir altyd sal bly, al kan ons hulle nou nog nie sien nie.

Ons huis in die hemel

2Kor 5
Ons weet dat ons hier op aarde lewe soos iemand wat êrens tydelik tent opgeslaan het. As die tent weer afgeslaan word, dan het ons 'n permanente huis in die hemel, wat gebou is deur God self en nie deur mense nie. 2Terwyl ons nog hier in die tent woon, sien ons baiemaal met verlange uit na die dag wanneer ons in die permanente huis in die hemel sal woon. 3Wanneer daardie nuwe bestaan vir ons begin, sal ons wees soos mense wat nuwe klere gekry het om aan te trek sodat hulle nie meer nakend is nie. 4Want solank ons in die tent woon, kry ons swaar en sien ons uit na iets anders. Ons wil ook nie graag sonder klere wees nie—ons wil aangetrek wees. Ons wil hê die permanente lewe wat kom, moet 'n einde maak aan al hierdie dinge wat verbygaan. 5Dit is God wat besig is om ons voor te berei vir so 'n verandering en Hy het ons sy Heilige Gees gegee om die waarborg te wees dat Hy alles sal doen presies soos Hy beloof het.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.