Ek wil graag met jou deel wat eendag by my opgekom het nadat ek met iemand geredeneer het, omdat hy die stelling gemaak het, dat 'n kind van God onder sekere omstandighede die reg het om 'n leun te vertel.
Of , soos een van die persone wat ek ken, wat bely dat hy 'n kind van God is dit gestel het, toe ek hom daarop wys dat 'n sekere praktyk wat hy beoefen het oneerlik was.
Hy het gesê, dat hy nie oneerlik was nie, hy het net 'n opening in die stelsel gesien en dit geneem.
Toe gaan hy verder en omskryf dit volgens hom nog beter, deur te sê dat hy net 'n geleentheid gesien het en dit toe gebruik het.
Is daar 'n verskil tussen, om partykeer te moet lieg en om 'n sogenaamde geleentheid te sien en dit dan te gebruik?
Ek herinner my, jare gelede het ek 'n man geken. Hy was ook 'n belydende Christen en op die jeugraad waar ek jeugleier gewees het.
Een aand wou hy 'n persoon wat brandstof dringend nodig gehad het help. Hy het ook nie geld gehad nie en toe gaan steel hy brandstof by sy werk en word gevang en verloor sy werk.
As ons nou na die voorbeelde kyk wat ek nou genoem het.
Is daar een wat minder oneerlik is as die ander?
Shakespeare het gesê:
"A rose by any other name, smells just as sweet."
Sonde met enige ander naam, stink nog steeds soos sonde.
Ek het eendag vir iemand gesê, ek moet my altyd die vraag vra:
"Wat sou Jesus gedoen het."
Toe sê die persoon vir my, dat hy nie Jesus is nie en dit is natuurlik waar maar ek moet vir die mense Jesus wys. Die mense moet in en deur my lewe Jesus sien.
KOL 3:3 Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
KOL 3:4 Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.
KOL 3:5 Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,
KOL 3:6 waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom,
KOL 3:7 waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.
KOL 3:8 Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.
KOL 3:9 Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het
KOL 3:10 en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
Die Bybel gebruik die mooi voorbeeld van stene om te beskryf hoe ons beeld soos Jesus moet lyk.
Kom ek wys dit gou vir jou.
Jy sien Jesus is die hoeksteen.
HAN 4:10 laat dit bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, wat julle gekruisig het, maar wat God uit die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.
HAN 4:11 Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het.
HAN 4:12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
1PET 2:4 Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;
1PET 2:5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.
Ag, verdra my maar, as ek afsluit met een van die twee gesegdes, wat ek baie in
verskillende variasies gebruik en wat ek al my twee slagspreuke in my e-mail bediening gemaak het.
Net voordat ek met een van die twee afsluit, nog net dit.
1PET 1:15 Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,
1PET 1:16 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.
So, if we talk the talk, let us walk the walk."
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.