Iemand het vir my e-pos gestuur, waarin die persoon vertel van 'n boek waarin daar gesuggereer word, dat Jesus net so 'n mens soos ons gewees het, wat maar net soos ons ook gesondig het.
Die vraag was toe, of dit moontlik is?
Ek hoor daar word vandag selfs flieks gemaak waar Jesus allerlei dinge doen en dit is natuurlik alles leuens uit die hel uit.
Gelukkig is my tyd vir my te kosbaar, om na sulke gemors te luister of om sulke gemors te lees.
Het Jesus sonde gedoen?
Kom ons kyk gou wie hierdie Jesus is.
JHN1:1-3
Die Woord was van altyd af daar. Hy is die Seun van God wat by God was en wat self ook God is. 2Dit is Hy wat van altyd af saam met God was 3en dit is deur Hom wat God alles geskep het. Daar is niks—nie 'n enkele ding—wat nie deur Hom gemaak is nie.
JHN1:14Die Woord het 'n mens geword en saam met ons gewoon. Sy lewe was vol goedheid en waarheid. Ons het sy Goddelike majesteit gesien—Hy is die enigste Seun van God die Vader.
JHN14:6-9
Jesus sê: "Ek is die pad na die Vader toe. Ek is die waarheid. Ek is die lewe. Dit is net deur My alleen dat iemand na die Vader toe kan gaan. 7As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het. Maar van nou af ken julle Hom en julle sien Hom."
8Filippus sê toe: "Meneer, wys vir ons die Vader, dan sal dit vir ons genoeg wees."
9Jesus antwoord: "Hoe lank is Ek nou nie al by julle nie, Fillipus, en jy sê jy ken My nie? As iemand My gesien het, het hy die Vader ook gesien. Hoe sê jy dan: 'Wys ons die Vader' ?
Jesus is my God.
JHN20:26-29
Presies 'n week later was die dissipels weer so bymekaar, maar hierdie keer was Thomas ook by hulle. Weer het Jesus ingekom ten spyte van die deure wat gesluit was. Hy het tussen hulle gestaan en hulle gegroet: "Vrede vir julle!" 27Hy sê toe vir Thomas: "Kom hier, kyk na my hande en voel met jou vingers. Steek jou hand in my sy. Hou op met jou ongelowigheid en glo."
28Toe sê Thomas: "U is my Here en my God!"
29Jesus sê toe vir hom: "Jy glo nou omdat jy My gesien het. Maar die wat My nie gesien het nie en tog glo, kan bly wees."
Om te sê dat God kan sondig, is absurd.
JAK1:13
As 'n mens in die versoeking kom om sonde te doen, mag jy nooit sê: "Dit is God wat my in die versoeking bring" nie. Want God kan self nie in die versoeking kom om iets verkeerds te doen nie
en Hy sal ook nooit iemand in die versoeking bring om sonde te doen nie.
Dit is van Jesus wat hier gepraat word.
Heb4:15 Ons Hoofpriester kan ons swakhede verstaan
want Hy het presies dieselfde versoekinge as ons gehad, maar Hy het nie daaraan toegegee en sonde gedoen nie.
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.