LUK16:22-23"Die arm man is dood en is deur die engele geneem na die ereplek langs Abraham. Die ryk man is ook dood en is begrawe. 23In die doderyk het hy verskriklike pyn gely. Toe hy opkyk, sien hy in die verte vir Abraham met Lasarus by hom.
Ek wil begin om vir jou te sê, dat daar baie mense is wat met my gaan verskil oor wat ek nou met jou gaan deel. Ek sê dit, omdat ek nie in 'n stryery wil betrokke raak nie.
Ek gee egter natuurlik nie om, om na ander mense se opinies te luister nie, omdat 'n mens nooit te oud is om te leer nie.
Die rede waarom ek met jou nou gaan deel oor hoe ek dit verstaan, is omdat dit soos jy sal sien in hierdie gebeurtenis ter sprake kom en ek reg aan die begin gesê het, dat ek met jou als gaan deel wat ek glo ons Here my gewys het.
Jesus sê, dat toe Lasarus gesterf het, het hy begelei deur engele na sy nuwe tuiste gegaan.
LUK16:22 "Die arm man is dood en is deur die engele geneem na die ereplek langs Abraham.
Toe die ryk man sy oë oopmaak toe is hy binne in die hel.
LUK16:23 In die doderyk het hy verskriklike pyn gely. Toe hy opkyk, sien hy in die verte vir Abraham met Lasarus by hom.
Onthou nou, dat dit Jesus is wat hierdie feite met ons deel en soos ek altyd sê, Jesus is die enigste persoon wat ooit op hierdie aarde geloop het, wat in diepte kennis van albei hierdie plekke het en alles wat daar gebeur.
Let ook op dat Lasarus nie 'n ander gedaante gehad het nie, Die ryk man het hom dadelik herken en dit nogal op 'n afstand.
LUK16:23 In die doderyk het hy verskriklike pyn gely. Toe hy opkyk, sien hy in die verte vir Abraham met Lasarus by hom.
Ek weet daar is mense wat beweer dat jy in 'n soort rus gaan as jy sterf en hulle kan hul sienswyse met teksverse steun, of so sê hulle maar hierdie gedeelte wat ek nou met jou bespreek is een van die bewyse wat ek gebruik, om te wys hoekom ek anders dink.
Hier is nog 'n paar bewyse wat ek gebruik om my sienswyse te steun.
Iets van Jesus se heerlikheid word gesien
Mat17:1-3 Ses dae later het Jesus saam met Petrus en Jakobus en sy broer Johannes teen 'n hoë berg uitgeklim. Daar was niemand anders by hulle nie. 2Terwyl die dissipels staan en kyk, het daar 'n verandering oor Jesus gekom. Lig het uit sy gesig begin straal soos uit die son, en sy klere het so wit geword soos 'n helder lig. 3Skielik het Moses en Elia ook daar verskyn, en hulle het met Jesus gestaan en praat.
Moses en Elia was daar jy kan maar sê in lewende lywe.
Dit is Jesus wat hier praat.
MRK12:26-27As julle wil weet of die wat dood is weer lewendig word—het julle al in die boek van Moses, in die gedeelte oor die bos wat gebrand het, gelees hoe God vir hom gesê het: 'Ek is Abraham en Isak en Jakob se God?' 27Hy is nie dooie mense se God nie maar die God van mense wat lewe.
God was nie Abraham en Isak en Jakob se God omdat hulle gelewe het nie.
God is Abraham en Isak en Jakob se God omdat hulle lewe.
LUK23:38-43 Bokant Jesus se kop teen die kruis was daar 'n plakkaat waarop gestaan het: DIT IS DIE KONING VAN DIE JODE.
39Een van die misdadigers aan 'n kruis langs Hom het Hom ook beledig: "O so! Dan is jy die Redder," het hy gesê, "red jouself en dan red jy sommer vir ons ook!"
40Maar die ander een het hom stilgemaak: "Het jy selfs nie eers vir God ontsag nie?" het hy gevra. "Jy het net soos hierdie Man die doodstraf gekry. 41Vir ons was dit die regte straf want ons kry ons verdiende loon vir wat ons gedoen het. Maar Hy het niks verkeerds gedoen nie."
42Toe sê hy: "Jesus, sal U aan my dink wanneer U as koning heers?"
43Toe sê Jesus vir hom: "Jy sal vandag
nog saam met My in die Paradys wees. Dit belowe Ek jou."
Soos ek altyd sê, sê ek nou maar weer.
As Jesus sê vandag, dan kan jy verseker weet, dit is vandag.
Ek sluit af met hoe my groot held Paulus hierdie saak sien.
FIL1:21-23 Want solank ek leef, leef ek net vir Christus, en as ek moet doodgaan, is dit vir my voordelig. 22As ek moes kies tussen lewe en dood, weet ek nie wat ek sou kies nie. Want as ek bly lewe, beteken dit ek kan vir die Here werk en mense kan tot die geloof kom. 23My hart is verdeeld. Aan die een kant verlang ek om te gaan en by Christus te wees, want daar is niks wat my meer vreugde sal gee nie.
Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,
25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.