MAAK DIT SAAK HOE EK BEGRAWE WORD?


 

LUK16:22 "Die arm man is dood en is deur die engele geneem na die ereplek langs Abraham. Die ryk man is ook dood en is begrawe.


 

So 'n ruk gelede was daar 'n taamlike polemiek oor hoe 'n Christen begrawe moet word.

Daar was mense wat dit wou hê, dat jy nie veras mag word nie ens. Ens.

Ek is van mening, dat ons Here ons hier wys dat dit nie vir Hom 'n groot "issue" is op welke manier ek begrawe word nie.

Laat ek verduidelik.

Die ryk man het volgens Jesus 'n Begrafnis gehad.


 

LUK16:22...Die ryk man is ook dood en is begrawe.


 

Dit was ook seker 'n groot begrafnis, want as jy ryk is het jy vriende en baie mooiweersvriende.

Lasarus volgens Jesus se getuienis, het nie 'n begrafnis gehad nie.


 

LUK16:22 "Die arm man is dood en is deur die engele geneem na die ereplek langs Abraham...


 

Jy sien mense soos bedelaars wat gesterf het, is nie begrawe nie. Hulle is uit die stad uitgeneem na die stad se, wat ons vandag in die volksmond die asgate noem en daar gelos maar toe Lasarus sy oë aan die anderkant van sy oop asgat graf oopmaak, toe is hy in die Hemel.


 

LUK16:22 "Die arm man is dood en is deur die engele geneem na die ereplek langs Abraham.


 

Onthou nou, dit is Jesus wat ons hierdie feite meedeel.


 

Die ryk man se begrafnis mag nou wel mooi en duur gewees het. Dit is maar 'n afleiding wat ek maak. Hoe dit ook al sy, sy begrafnis, van watter aard dit ook al gewees het, het hom nie uit die hel uit gehou nie.

Ek het vir my vrou gesê, dat as ek voor haar te sterwe kom, sy my tog so goedkoop moontlik moet begrawe, sonder om vir die mense aanstoot te gee. Hoe sy dit doen maak vir my nie saak nie, want by daardie tyd "rejoice" ek al te heerlik in die Hemel.

Jy sien, dit is nie die manier wat ek begrawe word, wat bepaal waar ek die ewigheid gaan deurbring nie. Dit is of ek my tot God bekeer en Jesus aanneem as my Verlosser en saligmaker en deur die doop bad my vereenselwig met Sy dood en opstanding.


 

ROM6:3-4 Julle weet tog dat ons aan Jesus Christus verbind is toe ons gedoop is. Dit beteken dat ons ook met sy dood verbind is. Dit is net so goed of ons self gesterf het. 4Ons kan sê dat ons by die doop saam met Hom gesterf het en saam begrawe is. Maar die wonderlike krag van die Vader het Christus weer lewendig gemaak, en net so is ons ook weer lewendig gemaak sodat ons elke dag 'n nuwe lewe kan lei.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.