WAT GEBEUR MET MY NA DIE GRAF

Iemand het my, my opinie oor die lewe na die dood gevra en ten eerste moet ek sê dat ek nie

al die antwoorde het nie. Ek glo ook nie daar is 'n ware kind van God wat so dwaas sal wees,

as om te sê dat hy al die antwoorde oor hierdie saak het nie.

Ek sê maar weer soos my groot held Paulus gesê het:


 

1KOR 13:12
Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig.

Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.


 

Aangesien ek gevra is gee ek net my opinie en ek weet mense kan nou weer dalk met baie ander redenasies kom en ek wil tog nie in 'n woorde wisseling betrokke raak nie. Ek sê maar net hoe ek glo.

Jy sien my groot held Paulus sê ook:


 

1KOR 11:16
Maar as iemand meen om twisgierig te wees, ons het nie so 'n gewoonte nie, en ook die

gemeentes van God nie.


 

Ek wil ook nie 'n lang redenasie gee nie, omdat iemand dit dalk vir iemand by die werk wil stuur en

dan het mense nie die tyd om baie lang redenasies te lees nie. So ek gee jou net 'n paar sleutel verse,

wat basies vir hul self spreek.


 

Ek wil begin deur te sê, dat ek weet dat daar is mense wat byvoorbeeld sê dat ons, sê nou maar in 'n

soort slaap gaan, of na 'n soort bewaar plek, of iets.

Ek glo dat ek reguit na Christus toe gaan en dat ek die ewigheid by Hom gaan deurbring.

Hier is die bewyse wat ek op die tafel lê.

Eerstens, hier hang Jesus en twee ander mense elk aan 'n kruis.

Al drie gaan binnekort uit hierdie lewe uittree.


 


 

Luk 23:40
Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in

dieselfde oordeel is? —

Luk 23:41
ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het

niks verkeerds gedoen nie.

Luk 23:42
En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.

Luk 23:43
En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die

Paradys wees.


 

Jesus sê nie vir die man aan die kruis langs Hom dat dit eendag gaan gebeur nie, Hy sê,

dat hy vandag nog saam met Hom in die Paradys sal wees.

Soos ek altyd vir die mense sê.

God sê of doen nie iets om sommer iets te sê of doen nie. As Jesus sê "Vandag nog,"

dan kan jy maar weet dit is vandag nog.


 

Mat 17:2
En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son,

en sy klere het wit geword soos die lig.

Mat 17:3 En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom.


 

Moses en Elía het baie, baie jare gelede uit hierdie lewe uitgetree en hier kom kuier hulle

gou vir Jesus voordat Hy Kruis toe stap. En hulle was werklike mense, so werklik dat

Petrus sommer net daar vir hulle wou blyplek organiseer.


 

My groot held Paulus sê die volgende van hierdie saak van waar ons gaan wees as ons hier uittree:


 

FIL 1:19
Want ek weet dat dit deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus

my tot heil sal strek,

FIL 1:20
volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar

dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam,

of dit deur die lewe of deur die dood is.

FIL 1:21
Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.

FIL 1:22
Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal

kies, weet ek nie.

FIL 1:23
Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus

te wees, want dit is verreweg die beste;


 

Dan is daar ook iets anders wat ek baie seker weet en dit is die volgende.

Waar die mens heen gaan as hy hier uittree, of dit na Christus of na die anderplek is, as jy

daar is, is jy daar vir altyd.

Jesus verduidelik dit baie mooi in die "Ryk man en Lasarus."Jy kan gerus die verhaal gaan

lees. Jy kry die verhaal in Luk 16 vanaf vers 19. Dit is 'n verhaal vol lesse maar ek gaan jou

net iets wys wat nou ter sake is.


 

Luk 16:24
En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt

van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.

Luk 16:25
Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en

so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.

Luk 16:26
En by dit alles is daar tussen ons en julle 'n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan

wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie.

Luk 16:27
En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur—

Luk 16:28
want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek

van pyniging kom nie.

Luk 16:29
Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister.

Luk 16:30
Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal

hulle hul bekeer.

Luk 16:31
Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig

word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.


 

Ek kan baie meer oor hierdie gedeelte sê maar dan gaan dit baie lank word. So ek sal volstaan met

die volgende.


 

Luk 16:22
En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham.

Luk 16:23
En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.


 

Toe Lasarus sy oë aan die anderkant van die graf oopmaak was hy waar Abraham ook was en terloops Abraham was by sy volle positiewe.

Toe die ryk man sy oë oop maak was hy in 'n, wat jy niks anders as hel kan beskrywe nie En hy was

ook by sy volle positiewe.

Onthou wie vir ons hierdie verhaal vertel, dit is Jesus en Jesus is die enigste Persoon wat ooit op hierdie aarde geloop het, wat in diepte kennis van al twee hierdie plekke het.

As ek by Jesus is, gaan ek nêrens anders heen wil gaan nie, veral nie na hierdie aarde toe nie en al sou

ek wou ek kan nie.

As ek in die verskriklike tronk sit en wag vir my vonnis kan ek ook nie uit kom nie.

So, moet tog asseblief nie die stories van spoke en mense wat met jou van die anderkant van die graf af kan praat glo nie.

Hier op die aarde gebruik die satan sy engele om as naapers deur sy menslik gesante die mense te verlei.

As jy Jesus aangeneem het as jou Verlosser en Saligmaker en in Sy weë lewe, is jy op pad na die regte

plek.

Die een noem dit dit en die ander een dat. Ek noem dit Hemel en al wat ek verseker weet is dit, ek gaan

by Jesus wees.

Wat ons alles gaan sien, want ek sal dan ook kan sien, en belewe, dit weet ek nie presies nie maar dit gaan

verewig wonderlik heerlik wees.


 


 

Ek sê maar weer soos my groot held Paulus gesê het:


 

1KOR 13:12
Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.


 

Judas 1:24-25
Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling

te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25.
aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en

majesteit, krag en mag, nou tot in alle ewigheid! Amen.


 

Groete

Sakkie

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.